Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 10/1 bl. 3
  • Smag jy na die tyd wanneer . . .

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Smag jy na die tyd wanneer . . .
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Terrorisme—Die einde is naby!
    Ontwaak!—2001
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2005
  • Haweloosheid—Wat is die oorsaak?
    Ontwaak!—2005
  • Sal terrorisme ooit tot ’n einde kom?
    Nog onderwerpe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 10/1 bl. 3

Smag jy na die tyd wanneer . . .

□ jy veilig kan voel in jou huis—ongeag watter tyd van die dag dit is?

□ slotte, grendels, alarms, loergaatjies, heinings, wagte, waghonde en ander sekuriteitsmaatreëls nie meer nodig sal wees nie?

□ jy selfs snags heeltemal veilig sal wees as jy in die straat loop?

□ skadelike dwelms en al die probleme wat daarmee gepaard gaan maar net ’n vae herinnering sal wees?

□ alle oorloë opgehou het, en wapens nie meer vervaardig of opgehoop sal word nie?

□ jy jou nie meer hoef te bekommer oor besoedelde kos, lug en water nie?

□ terrorisme, gyselaardramas en bomdreigemente glad nie meer sal voorkom nie?

□ die aarde se natuurlike hulpbronne beskerm, onderhou en vir die beswil van die hele mensdom aangewend sal word?

□ hebsug en selfsug nie meer die dryfkrag onder mense sal wees nie?

□ kinders hulle onskuld sal behou en ander mense en hulle eiendom sal respekteer?

□ vroue nie onderdruk en veronreg sal word nie?

□ wette en regulasies regverdig sal wees en in geregtigheid vir almal se beswil toegepas sal word?

□ regerings besluite sal neem wat op werklike behoeftes gegrond is en nie op politiek nie?

□ vryheid en gelykheid nie net verkondig nie, maar ook toegepas sal word?

□ armoede nie meer sal bestaan nie, maar almal alles sal hê wat hulle vir hul gesondheid, welsyn en geluk nodig het?

□ kinders met liefde en sorg behandel sal word en nooit mishandel of verlaat sal word nie?

□ siekte en die dood oorwin sal wees, en daar geen vreeslike pessiektes sal wees nie?

□ almal wat jy ontmoet vriendelik, behulpsaam en betroubaar sal wees?

□ almal se lewe werklik kosbaar sal wees, en almal blywende geluk sal kan vind?

□ godsdiens nie meer ’n verdelende invloed sal wees wat tot dweepsug, haat en oorloë lei nie?

□ almal ordentlike en aangename plekke sal hê om in te woon en dakloosheid iets van die verlede sal wees?

As jy op enige van die vrae hierbo ja antwoord, sal jy in die volgende artikels belangstel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel