Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 1/1 bl. 3
  • Aan ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aan ons lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Opwindende veranderinge vir Die Wagtoring!
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Maak jy ten volle daarvan gebruik?
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Die nuwe studie-uitgawe van Die Wagtoring
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Aan ons lesers
    Ontwaak!—2006
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 1/1 bl. 3

Aan ons lesers

ONS is bly om julle in te lig dat daar vanaf hierdie nommer veranderinge in die formaat van Die Wagtoring sal wees. Voordat ons verduidelik wat anders sal wees, wil ons noem wat dieselfde sal bly.

Die naam van hierdie tydskrif, Die Wagtoring—Kondig Jehovah se Koninkryk aan, bly onveranderd. Die Wagtoring sal dus voortgaan om Jehovah as die ware God te vereer en om lesers met die goeie nuus van sy Koninkryk te vertroos. Die artikels op bladsye 5 tot 9 van hierdie nommer sal bespreek wat daardie Koninkryk is en wanneer dit sal kom. Verder sal Die Wagtoring voortgaan om geloof in Jesus Christus te bevorder, Bybelwaarheid voor te staan en die betekenis van wêreldgebeure in die lig van Bybelprofesieë te verduidelik, soos dit al baie dekades lank doen.

Wat sal dan anders wees? Laat ons van die nuwe opwindende kenmerke verduidelik wat in die nommer van die 1ste van die maand sal verskyn.a

Verskeie gedagteprikkelende rubrieke sal elke maand verskyn. Die artikel “Het jy geweet?” sal interessante agtergrondinligting voorsien wat lig werp op die betekenis van sekere Bybelverslae. Die artikel “Kom nader aan God” sal beklemtoon wat ons uit spesifieke Bybelgedeeltes omtrent Jehovah kan leer. Die rubriek “Ons lesers vra” sal die antwoorde op algemene Bybelvrae bespreek. Baie mense het byvoorbeeld al gewonder: “Is God se Koninkryk in jou hart?” Jy sal die antwoord op bladsy 13 vind.

Daar sal ’n aantal gereelde rubrieke wees wat bedoel is om gesinne te help. Die rubriek “Sleutels tot gesinsgeluk”, wat vier keer per jaar sal verskyn, sal werklike gesinsprobleme beskryf en toon hoe Bybelbeginsels kan help om die probleme op te los. “Leer jou kinders”, ’n artikel wat ouers saam met hulle kinders kan lees, sal in elke tweede uitgawe verskyn. Dit sal afgewissel word met “Vir ons jongmense”, wat ’n Bybelstudieprojek vir jongmense sal uiteensit.

’n Paar bykomende rubrieke sal vier keer per jaar verskyn. “Volg hulle geloof na” sal ons aanspoor om die voorbeeld van ’n Bybelkarakter te volg. Op bladsye 18 tot 21 van hierdie nommer sal jy byvoorbeeld ’n aangrypende verslag oor die profeet Elia lees en leer hoe ons sy geloof kan navolg. Die rubriek “’n Brief van . . . ” sal ’n verslag in die eerste persoon bevat van sendelinge en ander in verskeie wêrelddele. “Wat ons by Jesus leer” sal basiese Bybelleringe op ’n eenvoudige manier bespreek.

Ons is vol vertroue dat Die Wagtoring steeds byval sal vind by lesers regoor die wêreld wat respek vir die Bybel het en wat wil weet wat hierdie boek werklik leer. Ons hoop dat hierdie tydskrif jou sal help om jou dors na Bybelwaarheid te bevredig.

DIE UITGEWERS

[Voetnoot]

a Daar sal nou twee uitgawes van Die Wagtoring wees. Die nommer van die 1ste van die maand is bedoel vir die algemene publiek. Die nommer van die 15de sal ’n studie-uitgawe wees wat Jehovah se Getuies by hulle gemeentelike vergaderinge sal gebruik, wat oop is vir die publiek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel