Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 11/1 bl. 6
  • Behou ’n waarderende gesindheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Behou ’n waarderende gesindheid
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoekom moet ons wys dat ons dankbaar is?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Olie—Hoe kry ons dit?
    Ontwaak!—2003
  • Jehovah is ’n waarderende God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Waarom moet ons waardering toon?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 11/1 bl. 6

Geheim 3

Behou ’n waarderende gesindheid

WAT LEER DIE BYBEL? “Betuig dank in verband met alles.”—1 Tessalonisense 5:18.

WAT IS DIE UITDAGING? Ons is omring deur mense wat hoogmoedig en ondankbaar is, gesindhede wat ons kan beïnvloed (2 Timoteus 3:1, 2). Daarbenewens voel ons dalk verplig om al hoe meer bedrywighede in ons reeds besige lewe in te pas. Ons kan so belas word met probleme of behep raak met ons eie belange dat ons nie tyd het om te waardeer wat ons reeds het of om waardering uit te spreek vir wat ander vir ons doen nie.

WAT KAN JY DOEN? Maak tyd om te peins oor die goeie dinge wat jy nou geniet. Jy voel dalk weliswaar oorweldig deur probleme. Maar beskou die voorbeeld van koning Dawid. Hy het soms verbrysel gevoel; sy hart was lam weens beproewinge. Nietemin het hy tot God gebid: “Ek het gepeins oor al u dade; ek het die werk van u hande graag oordink” (Psalm 143:3-5). Dawid het ondanks sy beproewinge ’n waarderende gesindheid behou en vergenoeg gebly.

Dink aan wat ander gedoen het om jou te help, en spreek waardering uit vir hulle pogings. Jesus het ’n uitstekende voorbeeld hierin gestel. Toe sy vriendin Maria byvoorbeeld duur olie op sy kop en voete uitgegooi het, het party gevra: “Waarom het hierdie verkwisting van die welriekende olie plaasgevind?”a Hierdie kritiese persone het gevoel dat die olie verkoop en die geld vir die armes gegee moes word. Jesus het geantwoord: “Laat staan haar. Waarom val julle haar lastig?” Toe het hy bygevoeg: “Sy het gedoen wat sy kon” (Markus 14:3-8; Johannes 12:3). Jesus het nie gekonsentreer op wat Maria nie gedoen nie, maar het eerder waardering uitgespreek vir wat sy wel gedoen het.

Party waardeer eers hulle gesin, vriende of ander seëninge wanneer dit nie meer daar is nie. Jy kan hierdie droewige situasie vermy deur na te dink oor die goeie dinge wat jy nou geniet! Maak gerus ’n lysie, in jou gedagtes of op papier, van die dinge waarvoor jy dankbaar is.

Aangesien “elke goeie gawe” oorspronklik van God kom, sal dit goed wees as ons ons dankbaarheid teenoor hom in gebed uitspreek (Jakobus 1:17). As ons dit gereeld doen, kan dit ons help om ’n waarderende gees te behou en vergenoegdheid aan te kweek.—Filippense 4:6, 7.

[Voetnoot]

a In die eerste eeu is olie op die kop van ’n gas uitgegooi as ’n blyk van gasvryheid; olie is op die voete uitgegooi as ’n blyk van nederigheid.

[Prent op bladsy 6]

Spreek jy waardering uit vir wat ander vir jou doen?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel