Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w15 2/1 bl. 16
  • Antwoorde op Bybelvrae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sal God se Koninkryk bereik?
  • Sal God ’n wêreldregering voorsien?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
w15 2/1 bl. 16

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Sal ons ooit een wêreldregering hê?

Mense van alle nasies, verenig deur een wêreldregering

Hoe kan ’n wêreldregering mense van alle nasies verenig? Jesaja 32:1, 17; 54:13

Stel jou voor hoe die mensdom by ’n wêreldregering sal kan baat vind. Vandag ly baie mense omdat hulle arm is, terwyl ander baie ryk is. Maar ’n wêreldregering wat met medelye heers, sal kan verseker dat daar in almal se behoeftes voorsien word. Dink jy dat mense ooit so ’n regering tot stand sal bring?—Lees Jeremia 10:23.

Deur die geskiedenis heen het regerings op baie maniere daarin misluk om vir hulle onderdane, veral die armes, te sorg. Party regerings is wreed (Prediker 4:1; 8:9). Maar God die Almagtige het belowe om ’n regering te voorsien wat alle ander regerings sal vervang. Die Heerser van daardie regering sal werklik vir mense sorg.—Lees Jesaja 11:4; Daniël 2:44.

Wat sal God se Koninkryk bereik?

Jehovah God het ’n ideale Wêreldheerser gekies—sy Seun, Jesus (Lukas 1:31-33). Toe Jesus as ’n man op die aarde was, het hy daarin belanggestel om mense te help. As Koning sal hy mense van alle nasies verenig en lyding uit die weg ruim.—Lees Psalm 72:8, 12-14.

Sal almal Jesus as Heerser aanvaar? Nee. Maar Jehovah is geduldig (2 Petrus 3:9). Hy gee mense die geleentheid om Jesus as Heerser te aanvaar. Jesus sal binnekort met al die slegte mense op aarde wegdoen en sal wêreldwyd vrede en veiligheid bewerkstellig.—Lees Miga 4:3, 4.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 8 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

Ook beskikbaar op www.pr2711.com/af

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel