Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp17 nr. 4 bl. 3
  • ’n Moeilike vraag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Moeilike vraag
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Soortgelyke materiaal
  • Lewe ná die dood—Wat glo mense?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Is daar lewe ná die dood?
    Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?
  • ’n Beter hoop vir die siel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Jou beskouing van die siel raak jou lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
wp17 nr. 4 bl. 3
’n Vrou bid met bidkrale voor kerse

Volgelinge van amper al die groot godsdienste glo dat die mens ’n onsterflike siel het

VOORBLADONDERWERP | LEWE EN DIE DOOD​—⁠WAT SÊ DIE BYBEL DAAROOR?

’n Moeilike vraag

DAAR is baie verskillende idees oor lewe en die dood. Party mense dink dat hulle ná hulle dood aanhou lewe, dalk in ’n ander vorm of op ’n ander plek. Sommige dink dat hulle weer gebore sal word as iemand of iets anders. En ander dink weer dat die dood die einde van alles is.

Wat jy oor hierdie onderwerp glo, hang dalk af van hoe jy grootgeword het of jou kultuur. Waar kan ons dan betroubare antwoorde op hierdie moeilike vraag kry, aangesien daar soveel verskillende idees oor die dood is?

Godsdiensleiers leer mense al honderde jare lank die leerstelling oor die onsterflikheid van die mensesiel. Volgelinge van amper al die groot godsdienste​—Christene, Hindoes, Jode, Moslems en ander—​glo dat die mens ’n onsterflike siel het. Hulle glo dat die siel in die geesteryk aanhou lewe nadat die liggaam doodgegaan het. Boeddhiste glo weer dat ’n persoon oor en oor gebore kan word en dat die lewenskrag, of verstandelike energie, binne-in ’n persoon dan uiteindelik ’n gelukkige toestand met die naam Nirwana bereik.

Mense los kos vir hulle geliefdes wat gesterf het

As gevolg van sulke leerstellings het die meeste mense regoor die wêreld begin glo dat die dood lei tot lewe in ’n ander wêreld. Daarom is die dood vir baie mense ’n belangrike stap in die kringloop van die lewe, en dit lyk vir hulle asof die dood deel is van God se wil. Maar wat sê die Bybel oor hierdie onderwerp? Lees asseblief die volgende artikel. Die antwoord sal jou dalk verbaas.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel