Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/85 bl. 1-2
  • Berei vir die Gedenkmaal voor

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Berei vir die Gedenkmaal voor
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • VOORDELE VIR DIE WAT DIT BYWOON
  • Ons vier die dood wat ons die hoop op die ewige lewe bied
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gedenkmaalviering vir 1989
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Waarom ons die Here se Aandmaal herdenk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Die Gedenkmaal—die Christelike viering
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 3/85 bl. 1-2

Berei vir die Gedenkmaal voor

1 Jehovah se volk sal op Donderdag, 4 April, na sononder, bymekaarkom vir ’n allerheiligste geleentheid. Dit sal ter herdenking van die dood van Jesus Christus, ons Heer en Meester, wees. Hierdie vreugdevolle viering, bekend as die Here se Aandmaal, herinner elkeen van ons aan die bevrydende uitwerking van Christus se offerande. Ons is verheug oor die groot liefde wat Jehovah getoon het deur sy eie Seun te gee om vir ons die losprys te betaal (Rom. 5:6-8). Hoe bly kan ons tog wees dat ons van sy losprysoffer gebruik gemaak het! Ons kan weer eens ons waardering toon deur die reëlings te ondersteun wat vanjaar vir die viering van die Gedenkmaal getref word.

2 Ons moet ten eerste reël om dit self by te woon. Ons wil ook vroeg reeds Bybelstudente, familielede en ander belangstellendes begin uitnooi. Kan daar miskien finale reëlings getref word om vervoer te verskaf aan diegene wat hulp nodig het om by die vergadering te kom? Die meeste persone behoort hulle sake te kan reël om teenwoordig te wees, mits hulle etlike weke voor die tyd genooi is en dan weer later daaraan herinner word.

3 Ouere manne moet baie voorbereidsels vir die Gedenkmaal tref. Dit behels onder meer voorbereidsels vir die spreker, die verspreiding van die gedrukte uitnodigings, voorbereiding van die regte embleme (kyk wAF85 15/2 bl. 19), die organisering van die saalwagters en bedieners, die skoon-en gereedmaak van die Koninkryksaal, ensovoorts. As daar vooraf getrou na al hierdie dinge omgesien word, sal die Gedenkmaal ’n algehele sukses wees.

VOORDELE VIR DIE WAT DIT BYWOON

4 Op hierdie heilige geleentheid gebruik die gesalfdes van die embleme, en sodoende erken hulle dat hulle in die nuwe verbond opgeneem is en dat hulle verwag om saam met Christus in sy hemelse Koninkryk te wees (Rom. 8:16,17,23). Hulle gehoorsame deelname toon dat hulle ’n hoë agting het vir Christus se offerande waardeur hulle geheilig is as partye van die nuwe verbond.

5 Miljoene ander met ’n aardse hoop woon dit ook by, maar gebruik nie van die embleme nie. En tog hou Jesus se offerande vir hulle groot voordele in, waaronder God se vergifnis vir hulle sondes deur Christus se bloed. Hulle vier die geleentheid met groot vreugde aangesien hulle baie belangstel in die sake van diegene wat die hemelse hoop het. Hulle besef dat hulle hulle redding ook aan God en die Lam te danke het (Openb. 7:9, 10). Hierdie groot menigte put vreugde daaruit om daardie aand saam met die geestelike oorblyfsel te vergader om die dood van die Lam van God te herdenk.

6 Almal wat dit bywoon, sal grootliks daarby baat vind. Dit is ’n geleentheid om na te dink oor die liefde wat Jehovah God getoon het deur sy Seun as losprys te gee. Almal word ook herinner aan die diepte van Jesus se eie liefde wat hy getoon het deur sy lewe vir ons af te lê, asook aan die goeie voorbeeld wat hy vir sy volgelinge gestel het (Joh. 15:12, 13; 1 Kor. 15:3; 1 Pet. 2:21). Ons sal almal grootliks daarby baat vind as ons nou voorberei en op 4 April teenwoordig is vir die Herdenking van Christus se dood.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel