Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/85 bl. 1-3
  • Sal jy in April as ’n hulppionier dien?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal jy in April as ’n hulppionier dien?
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • BREI JOU DIENS GEDURENDE APRIL UIT
  • VOORDELE VAN HULPPIONIERDIENS
  • BEPLAN NOU VIR HULPPIONIERDIENS IN APRIL
  • Hulppionierdiens—Het jy dit al probeer?
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Benodig—10 000 hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Kan jy hulppionierdiens doen?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • ’n Prysenswaardige doelwit vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—2007
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 3/85 bl. 1-3

Sal jy in April as ’n hulppionier dien?

1 As ons God aanbid, beteken dit dat ons hom dien. Die Israeliete se aanbidding van Jehovah het behels dat hulle sy gebooie bewaar en sy wil doen as ’n volk wat uitsluitlik aan hom toegewy is (Ex. 19:5; Jos. 24:14, 15). As Christene sluit ons aanbidding van Jehovah in dat ons die goeie nuus van die Koninkryk verkondig en vir ander die waarhede vertel wat ons geleer het (Matt. 28:19). Ons dien en aanbid Jehovah deur ons gehoorsaamheid aan Jesus se bevel.

BREI JOU DIENS GEDURENDE APRIL UIT

2 Baie verkondigers kies gepaste tye gedurende die jaar om ’n groter aandeel te hê in die verkondiging van die goeie nuus wat noodsaaklik is vir die redding van ander (Rom. 10:10-15). Baie dien hierdie maand as hulppioniers. Kan jy volgende maand as ’n hulppionier jou lofoffer aan Jehovah vergroot? (Hebr. 13:15). Het jy al ernstig daaroor nagedink om ’n rooster op te stel wat jou in staat sal stel om ’n maand of langer hulppionierdiens te doen? Die vereistes word op bladsye 113 en 114 van die Ons bediening-boek uiteengesit. Bespreek gerus die saak met jou huweliksmaat, jou ouers of ’n ander verkondiger in die gemeente. Noue samewerking in hierdie opsig kan bydra tot sukses.​—Spr. 15:22.

VOORDELE VAN HULPPIONIERDIENS

3 Groter deelname aan velddiens hou persoonlike voordele in. As ’n mens daagliks besig is met die verkondiging van die goeie nuus, word jou hart en verstand op Skriftuurlike gedagtes gevestig. Dit kan ons geestelikheid verhoog, en dit sal weer in ons gesindheid, beskouing en gedrag weerspieël word. Ons sal groter geluk smaak omdat ons weet dat ons die werk doen wat God goedkeur. Ons verbeter ook ons vermoë om die goeie nuus duidelik en verstaanbaar aan ander oor te dra. Dit verskaf ons veral vreugde as ons ’n Bybelstudie kan begin. Bowendien kom die vrugte van die gees gewoonlik duideliker na vore in ons lewens. Trouens, party verkondigers het gese dat hulle verhouding met ander in die gemeente en in hulle gesin verbeter wanneer hulle bedrywiger in die velddiens is. Ander sê dat wanneer hulle hulle sake reël sodat hulle ’n maand lank hulppioniers kan wees, hulle gewoonlik tuis sowel as in die veld meer uitrig. Almal stem saam dat ons verhouding met Jehovah verryk word deur die verhoogde deelname.

4 Die gemeente vind ook daarby baat. Party wat dalk huiwer om die hulppionierdiens alleen te betree, sal dit doen as ander hulle aanspoor. Ander wat miskien nie hulppionierdiens kan doen nie, wil graag meer doen in die diens, en hulle kan dit doen deur saam met diegene te werk wat hulppioniers is. Die pioniergees, die regte gesindheid teenoor voltydse diens, kan die gemeente deurtrek wanneer broers en susters hierdie spesiale bedrywigheid met vreugde ondersteun. Daar is al gesê dat die geestelike welsyn van ’n gemeente grootliks afhang van hoe hard hulle in die veldbediening werk. Wanneer ouere manne dus die leiding neem deur hulppionierdiens aan te moedig en self daaraan deel te neem wanneer hulle kan, strek dit die hele gemeente tot voordeel.

5 Mense vir wie ons preek, vind baat by ons groter deelname aan die diens. Pioniers kan meer tuisbybelstudies by die eerste besoek of herbesoeke begin wat party op die weg tot die lewe kan plaas. Meer lektuur word gewoonlik in die gebied versprei, en dit beteken dat opregte mense ’n beter geleentheid het om die waarheid te leer, ’n Doelgerigte poging word aangewend om na persone te soek wat oor wêreldtoestande sug en steun. Mense word behoorlik gewaarsku omtrent God se naderende oordeel, en ons volbring ons verantwoordelikheid om hierdie werk te verrig in ’n groter mate (Eseg. 9:4; 33:7-9). Die naam van Jehovah en die boodskap oor die Koninkryk word sterker onder die mense se aandag gebring sodat hulle sal weet “dat daar ’n profeet onder hulle gewees het”.​—Eseg. 33:33.

BEPLAN NOU VIR HULPPIONIERDIENS IN APRIL

6 Vir die wat daartoe in staat is, is hulppionierdiens ’n goeie manier om in April ’n groter aandeel in die veldbediening te hê. Daar is twee vakansiedae in April wanneer baie nie skool of werk toe hoef te gaan nie. Selfs party met voltydse, sekulêre werk kan dalk hulppionierdiens doen deur die aande en naweke goed te gebruik. Beplan nou vir ’n groter aandeel in die diens gedurende April!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel