Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/85 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 3 MAART
  • WEEK WAT BEGIN MET 10 MAART
  • WEEK WAT BEGIN MET 17 MAART
  • WEEK WAT BEGIN MET 24 MAART
Ons Koninkryksbediening—1985
km 3/85 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 3 MAART

Lied 3 (11)

10 min: Plaaslike aankondigings en aansporing om velddiensbedrywig-heid op die tweede Saterdag te ondersteun.

20 min: “Bied die goeie nuus aan​—Met die Oorlewing-boek.” Toespraak deur diensopsiener of ander bekwame ouere man. Help die verkondigers om die Oorlewing-boek doeltreffend aan te bied deur geselspunte te bespreek. Party wil dalk net die voorwoord van “Die Uitgewers” op bladsy 2 lees. Hoofstuk 1 tot 7 is spesiaal vir die publiek geskryf. Uittreksels uit die eerste paar paragrawe van enige van hierdie hoofstukke wat by die ‘Onderwerp vir gesprekke’ pas, kan vir ’n huisbewoner gelees word. Illustrasies soos die op bladsye 4 en 5, 33 of 41 kan gebruik word. Paragraaf 7 van hoofstuk 1 kan gebruik word as ons persone teëkom wat nie die Bybel as gesag aanvaar nie. Moenie die boek net van huis tot huis aanbied nie, maar ook by herbesoeke en tuisbybelstudies.

15 min: Hersien hoof gedagtes in brief van 1 Februarie 1985 “Aan alle gemeentes” oor hulppionierdiens. Reël een of twee kort onderhoude met ’n ouere man of bedieningskneg of enigiemand anders wat voorheen hulppionierdiens gedoen het. Beklemtoon die voordele wat daardie diens inhou. Spoor almal wat nog nie aansoek gedoen het nie aan om dit ernstig te oorweeg om gedurende Maart hulppionierdiens te doen aangesien dit ’n voortreflike bydrae sal lewer tot ’n groot hoogtepunt in hulppioniers vir April.

Lied 129 (66) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 10 MAART

Lied 66 (37)

10 min: Gekose Aankondigings en plaaslike aankondigings, waaronder velddiensreëlings en rekeningverslag. Dek kortliks inligting oor “Streekbyeenkomste 1985/1986”.

20 min: “Berei vir die Gedenkmaal voor.” Vraag-en-antwoordbespreking. Lees paragrawe en slaan tekste na.

15 min: “Sal jy in April as ’n hulppionier dien?” Toespraak en bespreking van materiaal met gemeente. Lees tekste soos tyd toelaat en sluit af deur paragraaf 6 te lees.

Lied 181 (84) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 17 MAART

Lied 198 (50)

5 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: Hersien hoogtepunte van 1985 Yearbook. Kies ondervindinge wat toon dat die werk groei en hoe Bybelbeginsels party mense se lewens verander het wat hulle nou aan Jehovah se kant geskaar het.

25 min: “Doen herbesoeke op belangstellendes.” Toespraak en bespreking van artikel met gehoor. Demonstreer kortliks wat tydens herbesoeke gesê kan word. Beklemtoon spoedige herbesoeke vir beste resultate. Sluit ondervindinge van gehoor in van goeie resultate danksy vinnige opvolgwerk en voorbereiding daarvoor. Moedig volle ondersteuning van velddiens op die vierde Saterdag aan.

Lied 92 (51) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 24 MAART

Lied 68 (61)

10 min: Plaaslike aankondigings. Meld plaaslike reëlings vir velddiens gedurende die week en oor die naweek. Moedig ondersteuning vir velddiensreëlings op eerste Sondag van die maand aan.

20 min : Is al die reëlings vir April getref? Hersien Gedenkmaalreëlings met gemeente. Het ons al die belangstellendes, waaronder intekenaars en onbedrywiges, na die geleentheid genooi? Alle Boekstudiehouers moet seker maak dat hulle die name en adresse neerskryf van almal wat die Gedenkmaal bywoon, met die doel om hulle weer te besoek. Het almal wat kan, aansoek gedoen om in April hulppioniers te wees? Aangesien April net vier naweke het, beteken dit dat almal op 1 April sal moet begin sodat hulle aan die uurvereiste kan voldoen. Hoeveel in die gemeente wat nog nie gedoop is nie, kan net soveel tyd aan die diens wy as hulppioniers? En kan die wat nie daaraan kan deelneem nie, dalk gedurende April ’n bietjie meer doen om by te dra tot die groot lofkreet wat na Jehovah se troon sal opgaan?​—Spr. 16:3.

15 min: “Wees oorvloedig in liefde vir mekaar.” Toespraak gebaseer op 1 Thessalonicense 3:12. Toon dat daar, weens die snelle groei van die organisasie, ’n groot behoefte aan belangstelling in mekaar is. Toon gasvryheid sodat ons mekaar beter leer ken (Rom. 12:13). Het party hulp in velddiens nodig? Kan jy aanbied om hulle te help? Wees op die uitkyk na geleenthede om bejaardes liefdevol te help; ook moeders wat dalk hulp nodig het om na hulle kinders om te sien sodat hulle velddiens kan doen; party wat geestelik swak is en versterk moet word, ensovoorts. Prys broers vir wat hulle doen en beveel aan dat hulle aanhou om oorvloedig te wees in hulle liefde teenoor mekaar. (Materiaal in hoofstuk 17 van Verenig in aanbidding-boek kan dalk nuttig wees in voorbereiding van toespraak.)

Lied 82 (16) en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel