Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/86 bl. 4
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met empatie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met empatie
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • KWEEK EMPATIE AAN
  • HOE OM DIT TE TOON
  • Empatie—Die sleutel tot goedhartigheid en medelye
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Betoon meegevoel
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Het God meegevoel met jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2018
  • Wys meegevoel
    Ontwaak! – 2020
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 7/86 bl. 4

Bied die Goeie Nuus Aan​—Met empatie

1 ‘Liefhebbers van hulleself, grootpraters, trotstaards, verwaand’ (2 Tim. 3:1-5). Hoe raakbeskryf die Bybel tog die geslag waarin ons lewe! Die materialistiese leefwyse en die ek-eerste-filosofie van vandag het veroorsaak dat mense hulleself afsonder en onverskillig staan teenoor die welstand van hulle naaste. Empatie, die vermoë om jou in die plek van ’n ander te stel, word nie dikwels onder mense in die wêreld aangetref nie.

2 Dit is noodsaaklik om empatie te toon as ons sukses in ons bediening wil behaal. Dit is nie altyd maklik nie. Ons ondervind ook probleme en sorge wat ons kan verhinder om aan ander te dink. Wat kan ons doen om te verseker dat ons nie in hierdie opsig onverskillig raak nie?

KWEEK EMPATIE AAN

3 Ons moet aan die behoeftes van ons naaste dink. Sodoende sal ons ons hemelse Vader navolg. Jehovah het mense lief en weet wat hulle nodig het. Hy wil graag sien dat sy skepsele gelukkig is. Gevolglik is hy deur ontferming en medelye beweeg om ’n losprys vir die mensdom te voorsien en hulle van hul sondige toestand te red.​—Joh. 3:16.

4 Die mensdom het God se Koninkryk broodnodig. Dit alleen kan ’n blywende oplossing voorsien vir die probleme wat ons teister. Omdat ons van hierdie Koninkryk geleer het, het dit ons gehelp om ons probleme die hoof te bied en het dit ons van Babiloniese godsdiens bevry. As ons ons in die plek van die huisbewoners stel, sal ontferming en medelye ons help om die waarheid van God se Woord met hulle te deel en hulle in staat te stel om die vreugde te ondervind wat ons ondervind.​—Joh. 8:32, 36.

5 Jesus het sy bediening uitgevoer met liefde en innige gevoel vir die mensdom. Hy het opregte besorgdheid teenoor mense getoon en die wat na hom geluister het, het geweet dat hy vir hulle omgee en met hulle situasie simpatiseer (Luk. 5:12, 13; Mark. 6:32-34). Ons liefde vir ons naaste sal ook duidelik word as ons, net soos Jesus Christus, empatie aankweek en toon.

HOE OM DIT TE TOON

6 Hoe kan ons daardie besorgdheid in ons bediening toon? Ons moet oordeelkundig wees, op die huisbewoner se omstandighede en kommentare let en ons in sy plek stel. Vra jou af: Watter woorde sou my vertroos of my belangstelling wek as ek in sy plek was? Gaan dan oor tot iets waarin jy dink hy belang sal stel. As jy sien dat hy nie in ’n posisie is om te gesels nie, moet jy die gesprek kort maak en miskien die jongste tydskrifte of ’n traktaat laat en belowe om op ’n meer gepaste geleentheid terug te kom. Deur te onderskei waarin die huisbewoner belangstel en empatie te toon, is ons in ’n beter posisie om die Koninkryksboodskap opreg oor te dra.

7 Ervare verkondigers veral moet empatie toon wanneer hulle nuwelinge in die velddiens help. As ons in gedagte hou hoe huiwerig en senuweeagtig ons was toe ons begin het om van huis tot huis te gaan, of toe ons ons eerste toespraak gehou het, sal dit ons help om die regte gesindheid te behou. As ons nadink oor hoe ander ons gehelp het, sal dit ons help om te weet wat om te doen en te se wanneer ons raad gee en nuwelinge en onervarepersone onderrig. Ons sal hulle kan help om geestelike vordering te maak as ons geduld, liefde en ’n opregte bereidwilligheid toon om te help.

8 Ons weerspieël die Christelike persoonlikheid as ons empatie teenoor diegene in die veld en teenoor ons broers en susters toon. Laat ons altyd na geleenthede soek om dit te toon en sodoende die voorbeeld van Jehovah God, en sy Seun, Christus Jesus, volg.​—Ef. 5:1, 2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel