Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 28 SEPTEMBER
Lied 192 (25)
10 min: Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening wat plaaslik van toepassing is, plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus. Besielende bespreking tussen twee broers. Moet dit nie net lees nie. Benadruk feit dat daar vyf naweke in November is en dit dus ’n uitstekende geleentheid bied om hulppionierdiens te doen. Kan presiderende opsiener om aansoekvorm vra. Spoor almal aan om eerste Sondag van Oktober velddiens te doen.
20 min: “Jesus se lewe en bediening.” Bemoedigende gesinsbespreking oor hoeveel gesin baat gevind het by materiaal sedert dit die eerste keer in Die Wagtoring van 1 April 1985 verskyn het. Vader vra kinders spesifieke vrae oor hoe hulle by onlangse artikels in hierdie reeks baat gevind het. Beklemtoon Jesus se toegewydheid aan ware aanbidding en belangrikheid van sy bediening.—Joh. 4:34, 35.
15 min: Berei jy vir die veldbediening voor? Toespraak deur diensopsiener wat benadruk dat dit belangrik is om vir velddiens voor te berei. Moet vertroud wees met inhoud van lektuur wat aangebied word en moet ‘Onderwerp vir gesprekke’ goed oefen. Moenie tydskrifwerk op Sondae doen as gemeente tydskrifte op ’n ander dag aanbied nie. Laat verkondiger of pionier jongste ‘Onderwerp vir gesprekke’ en aanbieding van intekening demonstreer. Hou aanbieding eenvoudig. Diensopsiener kan ook glanspunte uit tydskrifte van 1 en 8 Oktober bespreek: “Daniel se profesie—Drome wat jou raak” en “Kanker—Kan jy dit oorwin?”
Lied 156 (109) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 5 OKTOBER
Lied 211 (68)
10 min: Plaaslike aankondigings. Vestig aandag op “Plekke waar hulp nodig is”. Lewer ook kommentaar oor gemeente se rapport vir September en beklemtoon positiewe aspekte. Spoor almal aan om hierdie Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Meld geselspunte in jongste tydskrifte wat in plaaslike gebied gebruik kan word.
17 min: “Laat hom wat hoor, sê: Kom!” Vrae en antwoorde. Reël vooraf plaaslike ondervindinge van nuwelinge wat vir ander getuig het.
18 min: Jong Christene is baie gewillig. Ouere man gesels vriendelik en informeel met twee tienderjarige verkondigers. Vra uit oor skool. Hulle meld pogings om hulle te betrek by buitemuurse aktiwiteite by die skool en weg van die skool af. Ouere man vind vriendelik uit hoe hulle daaroor voel. Bespreek Psalm 110:2, 3 en simboliese “perde” van Openbaring 9: 14-19. Sluit punte in uit Die Wagtoring van 15 Mei 1981, bladsye 18-22. Sluit gesprek af deur tydskrifwerk aan te moedig en reël om op die tweede Saterdag van die maand saam met hulle te werk.
Lied 157 (73) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 12 OKTOBER
Lied 180 (100)
10 min: Plaaslike aankondigings. Kort bespreking van geselspunte uit Die Wagtoring van 15 Oktober en Ontwaak! van 22 Oktober: “Die wêreldmagstryd—Wie gaan wen?” en “Hoe veilig is die banke?”
18 min: “Akkurate rapportering van ons velddiens.” Toespraak deur sekretaris met vrae en antwoorde. Hoe vaar ons gemeente? Toon neiging die afgelope ses maande. Kyk Ons bediening-boek, bladsye 100-103 en 106-108 vir bykomende informasie oor redes waarom ons ons velddiens rapporteer. Prys ons broers wat hulle velddiens elke maand getrou rapporteer hartlik.
17 min: “Hoe om die leerkuns aan te leer.” Toespraak gebaseer op studie 10 in Teokratiese Bedieningskool-Handleiding. Hersien instruksies in ‘Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1987’.
Lied 78 (89) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 19 OKTOBER
Lied 106 (55)
12 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Lees bedankingsbrief van die Genootskap vir enige bydrae wat gemeente aan Genootskap gestuur het vir Koninkrykswerk of vir Roodekrans. Spoor almal aan om op vierde Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Laat bekwame verkondigers twee aanbiedings van 30-60 sekondes demonstreer. Herinner verkondigers daaraan om voorbereid te wees vir intekeningaanbod en om intekenstrokies byderhand te hê. Hersien redes waarom intekenstrokies in triplikaat ingevul moet word.—Kyk die vorm “Hoe om intekeninge reg te hanteer” (S-ll).
13 min: Hou aan om Jehovah daadwerklik te loof. Hersien met gemeente wat hulle in die laaste maande in die velddiens bereik het. Voorbereide verkondigers kan gekose ondervindinge vertel. Noudat die somer aankom, moet ons wakker wees om van elke geleentheid gebruik te maak om te preek. Spoor broers aan om aan aandgetuienis deel te neem indien dit prakties is. Reëlings om gereeld terug te gaan waar niemand tuis was nie of om herbesoeke te doen, kan produktief wees.
20 min: “Gebruik die Redenering-boek in alle aspekte van jou bediening.” Vraag-en-antwoordbespreking deur diensopsiener of ander bekwame ouere man.
Lied 172 (92) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 26 OKTOBER
Lied 32 (10)
12 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek nuwe aanbod vir November: Ware vrede-boek. Hou demonstrasie om te toon hoe ‘Onderwerp vir gesprekke’ by aanbod van boek aangepas kan word. Spoor almal aan om op eerste Sondag van November velddiens te doen.
18 min: “Bied die goeie nuus aan—Tydens herbesoeke.” Dek met vrae en antwoorde. ’n Bespreking van paragraaf 3 moet voorbereiding vir ’n herbesoek in sluit waartydens die onderwerp “Regering” op bladsy 348 van die Redenering-boek gebruik word.
15 min: Plaaslike behoeftes of toespraak oor “Watter loopbaan sal jy kies?” uit Die Wagtoring van 15 April 1986. Maak bemoedigende plaaslike toepassing.
Lied 8 (27) en slotgebed.