Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 30 NOVEMBER
Lied 108 (100)
10 min: Gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en plaaslike aankondigings. Spoor almal wat kan aan om op die eerste Sondag van die maand velddiens te doen.
20 min: “Besef jy die waarde daarvan?” Vrae en antwoorde. Demonstreer aanbiedings in paragrawe 5 en 6. Spoor almal aan om hierdie naweek die Bybelverhale-boek en “Kyk”-brosjure aan te bied.
15 min: Toespraak oor hoe om die generasiekloof te oorbrug. Ouere man bespreek hoe ’n mens die kommumkasiekanaal oop kan hou deur in die diens en op ander tye saam met jongmense te werk. Dek informasie in artikel “Kan jy die generasiekloof oorbrug?” in Ontwaak! van 22 Julie 1986.
Lied 211 (68) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 7 DESEMBER
Lied 72 (92)
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal wat met vakansie gaan daaraan om hulle rapporte vir hul studiehouer te gee voordat hulle vertrek. Moedig ondersteuning van tydskrifwerk op Saterdag, 13 Desember, aan. Demonstreer ’n aanbieding van 60 sekondes waartydens die aandag op ’n artikel in of Die Wagtoring of Ontwaak! gevestig word.
20 min: “‘Gaan maak dissipels!’—Doen jy dit?” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Beklemtoon die belangrikheid van ’n regte gesindheid, aanhoudende gebed om Jehovah se hulp, inspanning om ’n studie te vind en bereidwilligheid om deur Jehovah gebruik te word om aan iemand anders die waarheid te leer. Sluit af met ’n demonstrasie van vier minute waartydens verkondiger diensopsiener nader en sê dat hy die gemelde wenke waardeer en sal toepas. Vra of daar nog maniere is waarop diensopsiener hom kan help. Diensopsiener stel vas dat verkondiger ’n aantal “Kyk”-brosjures in die huis-tot-huiswerk versprei het en vra of hy meen dit hom sal help as iemand saam met hom op herbesoeke gaan en ’n studie probeer begin. Verkondiger stem in. Diensopsiener verseker hom dat hy graag sulke reëlings sal tref. Wanneer diensopsiener sy Gemeentelike Boekstudie besoek, sal hy ook graag saam met hom herbesoeke wil doen om hom verder te help. Verkondiger spreek waardering uit. Diensopsiener stel voor dat verkondiger moontlik ook bure, familielede, kollegas of skoolmaats kan nader om ’n studie te probeer begin. As hy nuwelinge by die Koninkryksaal sien, kan hy hulle nader om vas te stel of hulle ’n studie het.
15 min: Plaaslike behoeftes.
Lied 53 (27) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 14 DESEMBER
Lied 130 (58)
13 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Vestig aandag op bydraes wat aan Genootskap gestuur is ten bate van Koninkrykswerk en aan Roodekrans ten bate van die Bethelprojek. Lees die paragraaf onder Aankondigings wat oor hierdie bydraes handel en verseker die broers dat hulle bydraes ter ondersteuning van die Koninkrykswerk baie waardeer word.
17 min: “Bied die goeie nuus aan—Gedurende die vakansietyd.” Vrae en antwoorde. Demonstreer voorgestelde aanbiedings. Kondig gewone reëlings vir groepgetuieniswerk en die vir 25 Desember en 1 Januarie aan. Spoor almal wat kan aan om gedurende die vakansietyd ten volle deel te neem aan die getuieniswerk.
15 min: Plaaslike behoeftes. Of toespraak oor “Moet jy in die kollig wees?” in Die Wagtoring van 1 September 1986.
Lied 54 (112) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 21 DESEMBER
Lied 101 (108)
13 min: Plaaslike aankondigings.
Moedig ook tydskrifwerk op die vierde Saterdag aan. Hou twee goed voorbereide demonstrasies van 60 sekondes elk oor hoe tydskrifte in jou plaaslike gebied aangebied kan word. Een daarvan moet eenvoudig genoeg wees sodat ’n kind dit kan gebruik. Vertel een of twee ondervindinge wat die gemeente se getuieniswerk tydens die vakansieseisoen opgelewer het, en moedig deelname aan getuieniswerk op 25 Desember en 1 Januarie aan.
17 min: ’n Gewisse hoop vir ons jongmense. Na ’n kort inleiding, nooi ouere man twee of drie voorbeeldige jong verkondigers na die verhoog en bespreek met hulle die materiaal in inleidende artikels van Ontwaak! van 8 November. Jongmense spreek hulle eie optimistiese uitkyk in ooreenstemming met artikels uit. Kan gepaste punte uit artikel “Jongmense vra ...” in dieselfde nommer insluit.
15 min: Hou aan om vooruitgang te maak (Filip. 3:16). Toespraak deur presiderende opsiener. Prys gemeente vir hulle aandeel in die bediening en die manier waarop die broers liefde betoon (2 Thess. 1:3). Nooi almal om aan maniere te dink waarop hulle hul bediening kan uitbrei. (Kyk omAF, hoofstuk 9.) Prys gewone en hulppioniers en spreek opregte waardering uit vir die vooruitgang wat hulle gemaak het. Om gewone pioniers verder te help, is daar vroeër vandeesmaand ’n vergadering met hulle gehou. Sluit af met hartlike aansporing om aan te hou om ‘die koninkryk van God te gaan verkondig’ Luk. 9:60.
Lied 123 (63) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 28 DESEMBER
Lied 46 (20)
12 min: Plaaslike aankondigings. Nooi almal om op eerste Sondag van die maand aan die velddiens deel te neem. Moedig veral nuwelinge aan om deel te neem, en ouers om saam met hulle kinders te werk. Herinner almal daaraan om hulle rapporte vir die studiehouer te gee as hulle dit nog nie gedoen het nie.
15 min: “Vind meer baat by die Teokratiese Bedieningskool.” Skoolopsiener hou toespraak wat waardering vir skool opbou en aandag vestig op die komende jaar se reëlings vir die skool. Spoor diegene wat aan vereistes voldoen aan om in te skryf.
18 min: “Bydraes wat die hart verbly.” Toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 1 Desember 1986. Maak plaaslike toepassing.
Lied 118 (99) en slotgebed.