Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/87 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 3 MEI
  • WEEK WAT BEGIN MET 10 MEI
  • WEEK WAT BEGIN MET 17 MEI
  • WEEK WAT BEGIN MET 24 MEI
Ons Koninkryksbediening—1987
km 5/87 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 3 MEI

Lied 20

8 min: Gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en plaaslike aankondigings. Moedig ondersteuning van tydskrifwerk op Saterdag, 9 Mei, aan.

15 min: “Hoe om vreugde in ons bediening te behou.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Hou twee demonstrasies wanneer paragraaf 5 bespreek word. Gebruik huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ in die eerste demonstrasie en bied Wagtoring-intekening aan, wat die huisbewoner aanvaar. In tweede demonstrasie onderbreek huisbewoner die verkondiger deur te sê: “Ek’s besig.” Verkondiger gebruik dan ’n voorgestelde antwoord uit die Redenering-boek onder “Gesprekdempers” en bied nuutste tydskrifte aan deur ’n spesifieke artikel te beklemtoon.

22 min: Gebruik Redenering uit die Skrif tydens herbesoeke. Paulus het ons werk vergelyk met ’n boer wat nie net plant nie, maar ook natmaak, en dan vir God wag om ‘dit te laat groei’. Paulus het geplant deur die goeie nuus te bring; Apollos het die veld gevoed en bearbei deur verdere onderrigting. Apollos het die Skrif kragtig gebruik om ‘nat te maak’ en ons doen dieselfde deur verdere Skriftuurlike inligting na belangstellendes te neem.​—1 Kor. 3:5-7; Hand. 18: 27, 28.

Jong broer steek sy hand op, is bly dat hy nou ‘Onderwerp vir gesprekke’ kan gebruik, maar het nog nie herbesoeke gedoen nie; is onseker, nie ervare in die gebruik van die Bybel nie. Wat as huisbewoner vrae het wat hy nie kan beantwoord nie? Voorsitter nooi broer na die verhoog. Verduidelik dat Jehovah ons behoeftes verstaan en deur sy organisasie hulp voorsien het. Toon hoe Redenering-boek verskeidenheid onderwerpe en vrae dek. Verduidelik hoe om inligting deur middel van inhoudsopgawe en lys voor in boek te vind. Voorsitter speel kortliks rol van huisbewoner wat sê dat dit nie nodig is om God se naam te gebruik nie. Voorsitter help dan om inligting op bladsye 217 en 218 te kry. Jong broer gebruik inligting uit boek, redeneer met huisbewoner, en spreek tevredenheid uit dat hy ’n antwoord kon gee, het nou meer vertroue.

Voorsitter gaan voort met toespraak. Baie mense neem eenvoudig lektuur sonder om vrae te stel of besondere belangstelling te toon. In baie gevalle kan ons voorbereidingswerk vir ’n herbesoek doen deur ’n vraag te opper. Demonstrasie: Na intekening aanvaar is, verwys verkondiger terug na onderwerp en sê: “God se naam is nou verbonde aan sy Koninkryk. Ek sal graag binne ’n paar dae wil terugkom en toon wat Jesus in hierdie opsig gesê het.” Huisbewoner stem in. Voorsitter vra verkondiger wat hy vir herbesoek beplan. Verkondiger verwys na materiaal onder “Wat gaan God se Koninkryk doen?” op bladsy 248 in Redenering-boek en party gedagtes wat gebruik sal word om voort te bou op wat voorheen bespreek is. As ons hierdie wenke in die velddiens toepas, kan dit tot ’n Bybelstudie lei.

Sluit af deur daarop te wys dat ’n herbesoek nie ’n lang bespreking hoef te wees nie, kan net twee of drie Bybelse gedagtes gebruik. Kan ’n paar besoeke verg voordat huisbewoner se geestelike aptyt voldoende vir ’n Bybelstudie gewek is (Matt. 5:3, NW). Die Redenering-boek. kan help omdat dit baie gedagtes bevat waaroor mense dikwels wonder. Spoor almal aan om tyd vir herbesoeke af te staan. Vertrou op Jehovah om regskapenes na die waarheid te trek.​—Hand. 16:14.

Lied 126 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 10 MEI

Lied 157

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Kondig Genootskap se erkenning van enige bydraes wat gedurende April gestuur is aan. Teokratiese nuus. Hersien gemeente se velddiensrapport vir April.

18 min: “Beantwoord Jehovah se liefde in julle jeug.” Vraag-en-antwoordbespreking. Kan onderhoud voer met voorbeeldige jong verkondiger wat in die verlede hulppionierdiens gedoen het of wat beplan om dit gedurende die skoolvakansie te doen.

10 min: Wat jongmense in Jehovah se organisasie doen. Ouere man of baie bekwame bedieningskneg voer onderhoude met of kry kort verslae van goed opgevoede jongmense oor hoe jong Getuies dwarsdeur die wêreld ’n goeie deelname aan die verkondiging van die Koninkryk het. Kan plaaslike ondervindinge saam met party van die ondervindinge op bladsye 12, 13, 41, 42, 51 en 57, 58 van die 1987 Yearbook insluit.

7 min: Bespreking van Vraebus deur ouere man.

Lied 164 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 17 MEI

Lied 93

10 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om aan tydskrifwerk op vierde Saterdag deel te neem. Kondig velddiensreëlings op openbare vakansiedag, 28 Mei, aan. Bespreek Genootskap se brief van 1 Mei 1987 oor ontoegekende gebied. Bespreek reëlings om toegewese gebied te dek. Wek entoesiasme om vanjaar ’n volle deelname aan kampanje te hê.

15 min: “Help nuwelinge om geestelike vooruitgang te maak.” Vrae en antwoorde. Sluit kort demonstrasie in wanneer paragraaf 2 bespreek word en toon hoe om nuwe belangstellende aan te spoor om gemeentevergaderinge by te woon. Verkondiger gebruik bladsye 14, 15 van die Uitvoering van God se wil-brosjure en nooi nuweling uit om hom en sy gesin te vergesel.

7 min: Neem gereeld aan tydskrifwerk op tweede en vierde Saterdag deel. Die Wagtoring en Ontwaak! is die enigste tydskrifte wat redding verkondig. Is dit nie ’n kragtige rede om gereeld elke tweede en vierde Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem nie? Ons kalender beklemtoon tydskrifwerk op hierdie dae. Party gemeentes het elke Saterdag ’n reëling vir tydskrifwerk. Lig gemeentes in oor reelings vir tydskrifwerk van huis tot huis op tweede en vierde Saterdag. Kan jy jou rooster so aanpas dat jy daaraan kan deelneem? Mag jou deelname aan tydskrifwerk jou waardering vir hierdie kosbare tydskrifte weerspieël.—Kyk kmAF 8/86 bl. 8.

13 min: Plaaslike behoeftes. Bespreek behoeftes in die velddiens wat die kringopsiener gedurende sy laaste besoek onder gemeente se aandag gebring het, tensy daar ’n dringender behoefte is.

Lied 116 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 24 MEI

Lied 214

8 min: Plaaslike aankondigings. Verwittig gemeente van ouer boeke wat vir Junie-aanbod beskikbaar is. Spoor almal aan om hierdie week voorrade te kry. Gebruik huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ en demonstreer aanbieding kortliks as tyd toelaat.

17 min: “Pas Bybelbeginsels toe —dis die voortrefliker weg.” Toespraak deur ouere man oor artikel in Die Wagtoring van 1 Februarie 1987. Gee besondere aandag aan inligting onder tussenhofie “Onderdanigheid —In watter mate?”

20 min: “Bied die goeie nuus aan —Deur tuisbybelstudies te begin.” Vrae en antwoorde. Bied ’n demonstrasie in paragraaf 3 aan wat toon hoe ’n verkondiger ’n pionier of ander ervare verkondiger om hulp vra om ’n Bybelstudie te begin. Toon hoe om voor te berei deur “Kyk”-brosjure te gebruik. Na demonstrasie toon voorsitter dat elke huisbewoner verskil en spesifieke behoeftes en belangstellings het. Benadruk belangrikheid van voorbereiding en gebed voor die tyd. Toon in paragraaf 5 hoe dieselfde verkondigers ’n herbesoek doen en ’n studie begin deur paragrawe 1-4 van die “Kyk”-brosjure te gebruik.

Lied 212 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel