Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 3 JANUARIE
7 min: Plaaslike aankondigings. Herinnering aan ouers: Het julle bladsy 26 van die Skool-brosjure met julle kinders hersien, sodat hulle van godsdiensonderrig verskoon kan word? Julle moet die skool besoek om persoonlik met die skoolhoof te praat en ook ’n taktvolle brief skryf met die versoek dat die kinders van godsdiensonderrig verskoon word. Dit sal nuttig wees om die artikel op bladsy 3 van Ons Koninkryksbediening vir November 1987 met julle kinders te hersien. Spoor almal aan om Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem.
8 min: Aanbod vir Januarie. Vertoon en lewer kommentaar oor ouer sakformaatboeke wat plaaslik vir velddiens in Januarie beskikbaar is. Moedig broers aan om ’n goeie voorraad te kry. Twee boeke kan teen R2,00 of vier kan teen R4,00 aangebied word; as iemand wil, kan hy meer boeke aanbied. Demonstrasie: Verkondiger gaan oor na laaste teks in ‘Onderwerp vir gesprekke’ en bied twee van die ouer boeke aan deur die aandag op net een boek te vestig.
30 min: Hersiening van hoogtepunte van streekbyeenkomsprogram vir gemeentes wat hulle streekbyeenkoms van 1-3 Januarie gehad het. Ander gemeentes moet besprekingspunte uit Ons Koninkryksbediening vir Desember insluit wat nie gedurende Desember gebruik is nie.
Lied 122 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 10 JANUARIE
15 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese Nuus. Rekeningverslag; lees met waardering Genootskap se erkenning van alle bydraes aan die Genootskap, waaronder die om sendelinge te help om die 1988-streek-byeenkomste in hulle tuislande by te woon.
15 min: “Saai Koninkryksaad.” Vrae en antwoorde. Sluit kommentare in van twee of drie verkondigers wat goeie welslae behaal het om die ouer sakformaatboeke te versprei.
15 min: “Help nuwe verkondigers.” Vrae en antwoorde. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet ’n kort demonstrasie gehou word van oefensessie tussen pionier en Bybelstudent wat nou aan velddiensvereistes voldoen. Nuwe verkondiger demonstreer ‘Onderwerp vir gesprekke’ en lektuuraanbod. Pionier gee praktiese wenke vir verbetering, prys en spoor nuwe verkondiger aan om aan te hou om in veldbediening vooruitgang te maak.
Lied 224 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 17 JANUARIE
15 min: Plaaslike aankondigings. Deel mediese instruksie- en identiteitskaarte uit en verduidelik gebruik daarvan. Doen gesprekpunte in jongste tydskrifte aan die hand en demonstreer ’n kort aanbieding van Ontwaak! of Die Wagtoring. Spoor almal aan om hierdie Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem.
15 min: “Bied die goeie nuus aan —by almal.” Vrae en antwoorde. Kort demonstrasies: (1) aanbieding van tydskrifte in straatwerk; (2) aanbieding van huidige aanbod in winkel-tot-winkelwerk. Spoor almal aan om hierdie naweek ’n volle deelname aan die velddiens te hê.
15 min: Plaaslike behoeftes of toespraak gebaseer op artikel “Jongmense vra . . . Maak dit saak of jy God se vriend is?” in Ontwaak! van 22 November 1987.
Lied 216 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 24 JANUARIE
10 min: Plaaslike aankondigings. Meld plekke en tye vir alle velddiensvergaderinge vir die res van die week. Spoor almal aan wat kan om aan die getuieniswerk deel te neem.
15 min: “Help ongereelde verkondigers.” Bespreking tussen sekretaris en ’n ander ouere man wat ’n Gemeentelike Boekstudie hou. Sluit wenke in wat plaaslik ongereelde verkondigers sal help.
20 min: “Laat jou hand nie rus nie.” Diensopsiener bespreek artikel met gehoor. Pas informasie plaaslik toe.
Lied 1 en slotgebed.