Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, ‘All Scripture Is Inspired of God and Beneficial’ [si], Redenering uit die Skrif [rsAF], Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe [peAF], en weeklikse Skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 3 Julie tot 21 Augustus 1988.
[Let wel: Verwysings na die boeke si, rsAF en peAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord. Beantwoord soveel vrae moontlik hieronder in die toegewese tyd.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Die slotsom waartoe Prediker kom, is: Vrees die ware God en hou sy gebooie. [si bl. 113 par. 14]
2. Die Hooglied van Salomo is eintlik ’n versameling liedere. [si bl. 115 par. 1]
3. Die Sulammitiese meisie het vanweë haar besondere skoonheid trots en hoogmoedig geword. [si bl. 116 par. 9]
4. Jesaja se vrou was ’n profetes, en hy het ten minste twee seuns met profetiese name gehad. [si bl. 118 par. 3]
5. Wedergeboorte behels waterdoop en verwekking deur God se gees. [rsAF bl. 421]
6. Die presiesheid van natuurwette toon logieserwys dat dit redelik is om in die skepping te glo. [rsAF bl. 379]
7. Genesis 1:3-31 bespreek die oorspronklike skepping van materie en van die hemelliggame. [rsAF bl. 383]
8. Waarsêery is die gebruik om kennis oor die toekoms of iets onbekends met die hulp van onsigbare geeste te probeer verkry. [peAF bl. 95 par. 14]
9. Jeremia het ’n stuk grond in Anatot gekoop as ’n teken dat Jehovah Israel gewis sou herstel (Jer. 32:7). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk si bl. 127 par. 26.]
10. Na die vernietiging van die wêreldryk van valse godsdiens sal teenstanders probeer om Jehovah se Getuies te dwing om hulle na die goddelose stelsel van dinge te skik (Jer. 43:4-7). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF80 5/15 bl. 24 par. 23.]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Wat is volgens Prediker die uiteinde van sondige mense? [si bl. 112 par. 10]
12. Hoe lewer die Dooie See-rol van Jesaja oortuigende bewys dat ons Bybels vandag die oorspronklike, geïnspireerde geskrifte akkuraat weergee? [si bl. 118 par. 6]
13. Waarvan het Jesaja ’n visioen gesien toe hy sy opdrag ontvang het? [si bl. 119 par. 11]
14. Waarom word ons oud en sterf ons? [rsAF bl. 85]
15. Wat beteken die woorde ‘die gees keer terug na God wat dit gegee het’ (Pred. 12:7). [peAF bl. 79 par. 9]
16. Watter klas mense is vandag soos die Regabiete van Jeremia 35:18, 19? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk suAF bl. 131 par. 6.]
17. Waarom moet ons nou, net soos in Barug se geval, nie ‘groot dinge’ vir onsself in hierdie wêreld soek nie? (Jer. 45:5). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF80 5/15 bl. 21 par. 12.]
18. In watter sin het Babiloniese soldate ‘vroue geword’? (Jer. 51:30). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk bf bl. 283 par. 4.]
Vul die ruimtes in die volgende stellings in:
19. Die Hebreeuse woord Qo-hel’eth wat vandag met ‘Prediker’ vertaal word, beteken in werklikheid․․․․․․․ [si bl. 111 par. 2]
20. Hooglied van Salomo beeld die wedersydse liefde af wat, in geestelike sin, tussen ․․․․․․․ en․․․․․․․ bestaan. [si bl. 115 par. 4]
21. Aangesien diegene wat hemel toe gaan konings en priesters sal word, moet daar ook․․․․․․․ wees oor, wie hulle gaan regeer. [ rsAF bl. 425]
22. Volgens Jakobus 5:14-16 moet ernstige sondes aan․․․․․․․ bely word. [rs AF bl. 64]
23. Gehenna is as ’n simbool van ․․․․․․․ gebruik. [peAF bl. 87 par. 16]
24. Die ‘ander skape’ sien soos Ebed-Meleg die onregte wat die hedendaagse Jeremia-klas,․․․․․․․ aangedoen word (Joh. 10:16; Jer. 38:6-13). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk swAF bl. 179 par. 9.]
Onderstreep die korrekte antwoord in die volgende stellings:
25. Wanneer ’n mens teen sy naaste sondig, moet hy volgens Mattheüs 5:23, 24 eerste na (God; die ouere manne; die persoon wat hy veronreg het), gaan. [rsAF bl. 63, 64]
26. ‘Die reuse’ het betrekking op die (nageslag van engele en hulle vrouens; verstoflikte engele; goddelose engele in hulle huidige toestand). (Gen. 6:4)[peAF bl. 94 par. 10]
27. ‘Die huis van Israel’ slaan op (die tweestammeryk van Juda; die tienstammeryk van Israel; geestelike Israel). (Jer. 31:31) [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wsAF bl. 107 par. 4.]
28. Volgens Jeremia 46:2 het Nebukadnesar Egipte in (632; 625; 609) v.G.J. by Karkemis verslaan. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 1212 par. 3.]
29. Die uitdrukking ‘Babel is ingeneem’, was in (539; 537; 331) v.G.J. toepaslik (Jer. 50:2). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk bf bl. 243, 244.]
30. Die gebeure wat in Jeremia 52:12-14 beskryf word, het in (617; 607; 587) v.G.J. plaasgevind. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 1212 par. 6.]
Kies uit die volgende tekste die vyf wat die beste by die stellings hieronder pas: Gen. 50:2,3; Ps. 146:4; Matt. 6:16-18; 1 Kor. 10:14; Hebr. 10:26; Hebr. 11:39,40
31. Iemand wat nie ‘weer gebore’ is nie, kan gered word (Joh. 3:3). [rsAF bl. 423]
32. In stryd met die leerstelling van die Katolieke Kerk is daar sommige sondes wat nie vergewe kan word nie. [rsAF bl. 61]
33. Verering van die kruis word deur die Skrif verbied. [rsAF bl. 257]
34. Diegene wat dood is, is van niks bewus nie. [rsAF bl. 86]
35. Mense wat God wil behaag, vermy gebruike wat in stryd is met sy Woord. [rsAF bl. 89]