Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 6 FEBRUARIE
10 min: Plaaslike aankondigings. Sluit gepaste ankondigings uit Ons Koninkryksbediening in. Spoor almal aan om Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Gee wenke oor gesprekspunte uit jongste tydskrifte.
20 min: “Betoon liefde vir God en jou naaste.” vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Sluit kort demonstrasie in wat ’n gepaste onderwerp uit een van die ouer boeke gebruik. Of demonstreer hoe om een van die sakformaatboeke aan te bied wat teen die gewone bydrae van R2,00 aangebied word.
15 min: Help jongmense om hulle geloof te verdedig. Twee goed voorbereide demonstrasies wat die praktiese waarde en gebruik van Redenering-boek toon. Lewer kortliks kommentaar oor belangrikheid daarvan om voorberei te wees om besware te bowe te kom en opregte vrae te beantwoord. (1) Laat voorbeeldige jeugdige demonstreer hoe hy materiaal gebruik onder “Wat is die oorsprong van Pase en die gebruike wat daarmee verband hou?” wanneer hy met ’n onderwyser praat (bl. 403, 404). (Bespreek, waar van toepassing, materiaal onder “Wat is die oorsprong van Valentynsdag?” [bl. 406; gAF82 5/22, bl. 12].) (2) Laat ouers met kind redeneer oor “Watter tekste het nog altyd ware Christene se gesindheid teenoor seremonies waar vlae gehys en volksliedere gesing word, beïnvloed?” (bl. 302, 303). Beklemtoon belangrikheid daarvan om Jehovah in alle aspekte van die lewe te behaag en om ’n goeie gewete te behou.
Lied 37 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 13 FEBRUARIE
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Teokratiese nuus.
20 min: “Doen jy jou herbesoeke?” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Sluit demonstrasie in, wanneer paragraaf 4 bespreek word, oor hoe om ’n Bybelstudie te begin deur die Paradys op aarde-boek te gebruik.
15 min: “Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan.” Geesdriftige toespraak gebaseer op bladsye 3-7 van Die Wagtoring van 1 Januarie 1989. Toon hoe ons baat vind by verslae uit ander lande.
Lied 192 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 20 FEBRUARIE
10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig deelname aan tydskrifwerk op Saterdag aan. Sluit kort tydskrifaanbieding in wat ’n artikel uit Die Wagtoring of Ontwaak! beklemtoon.
20 min: “Berei nou voor vir groter bedrywigheid wat voorlê.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Spoor gemeente aan om doelwitte te stel en moedig gesinne aan om saam te werk sodat almal gedurende Maart en April aan die groter bedrywigheid in die veldbediening kan deelneem.
15 min: Vraebus. Pas informasie toe op plaaslike behoeftes en omstandighede.
Lied 44 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 27 FEBRUARIE
10 mln: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om genoeg Openbaring-boeke te kry en om die eerste Sondag in Maart aan die velddiens deel te neem.
23 min: “Bied die goeie nuus aan —met die nuwe boek.” Vraag-en-antwoordbespreking. Lees paragrawe soos tyd toelaat. Reël demonstrasies vir paragrawe 5 en 6. Gebruik goed voorbereide verkondigers om duidelike en eenvoudige aanbiedings te maak.
12 min: “Onthou jy?”Bespreek artikel in Die Wagtoring van 15 Desember 1988 met gehoordeelname. Stel veral vrae wat op velddiens gerig is.
Lied 6 en slotgebed.