Gesinsamewerking bring voordele mee
1 Die gesinseenheid is die oudste van alle menslike instellings. Dit is vir Jehovah kosbaar, aangesien ‘elke familie in die hemel en op aarde sy naam aan hom te danke het’.—Ef. 3: 15, NW.
2 In Bybeltye het die vader die vernaamste verantwoordelikheid gehad om toe te sien dat die gesin ten volle teokraties was. Dit is ook vandag die geval (Jos. 24:15; Ef. 6:1-4). Dit is ’n uitdaging om na alle nodige gesinsake om te sien. Hoe kan dit gedoen word? Deur gesinsamewerking en organisasie.—1 Kor. 14:40.
NEEM DIE LEIDING AS HOOF
3 Almal se geestelikheid is van die grootste belang. Die gesinstudie moet gereeld gehou word en by die behoeftes van die gesin aangepas word. Dit moet ook die geval wees met die bespreking van die dagteks. Dit is inderdaad goed om die dag met ’n bespreking van die Woord van God te begin! As ons gedurende die dag daaroor peins, sal dit ons help om ‘dinge wat rein, lieflik en loflik is te bedink’ (Filip. 4:8). Kan jy hierin verbeter?
4 Buiten die gesinstudie is ’n persoonlike studieprogram belangrik. Die woorde in Josua 1:8 is net soveel van toepassing op elkeen van ons: “Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.”
5 Dit is ’n uitdaging om betyds te wees vir gemeentelike vergaderinge. Dit verg ook samewerking. Leiding bring voordele mee van die gesinshoof sal verseker dat die nodige hulp gegee word. Dit sal almal in staat stel om betyds te wees vir die openingslied en gebed.
6 Aangesien so baie elemente die eenheid van die gesinsreëling teëwerk, is dit noodsaaklik dat die gesinshoof die leiding in gebed neem (2 Tim. 3:1-5). “Volhard in die gebed” is Paulus se raad in Romeine 12:12. As dit gereeld gedoen word, kan dit help om die gesin in ’n hegte band saam te snoer. Hierdie gebed moet buiten die individuele gebede van die gesinslede gedoen word.
BEREI VOOR
7 Ons aanbidding van Jehovah sluit die bekendmaking van sy naam in. Gesinsoefensessies sal almal help om vir die bediening voorberei te wees. Die Redenering-boek is ’n goeie instrument wat ons kan gebruik. Inleidings kan uit bladsye 9-15 gekies word om die ‘Onderwerp vir gesprekke’ aan te vul. Die gesinshoof kan gepaste wenke gee oor hoe om te verbeter.
8 Is dit vir een of meer lede van die gesin moontlik om in die voltydse diens te wees? (1 Kor. 16:9). Dit sal goeie samewerking en organisasie van almal in die gesin verg. Deur hul lewenstyl te vereenvoudig en vindingryk te wees, geniet baie gesinne hierdie vreugde en voorreg.
9 Hoewel die vader of gesinshoof die leiding moet neem, moet elke gesinslid onthou dat hy individueel verantwoordelik is om die gesin in die aanbidding van Jehovah te help. Dit kan bydra tot ’n gelukkige en verenigde gesin as die belange van almal in ag geneem word.