Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/89 bl. 12
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met tydskrifte

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met tydskrifte
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • KOSBARE TYDSKRIFTE
  • KEN JOU TYDSKRIFTE
  • Maak goed gebruik van Die Wagtoring en die Ontwaak!
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gebruik tydskrifte in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Lees jy die tydskrifte?
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Sit tyd vir tydskrifwerk opsy
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1989
km 10/89 bl. 12

Bied die Goeie Nuus Aan​—Met tydskrifte

1 Prediker 12:12 sê: “Aan baie boeke maak kom geen einde nie.” Hierdie woorde het in ons dag waar geblyk namate miljoene bladsye drukwerk wat almal meeding om die aandag van lesers, op snelperse gedruk word. Die beskikbaarheid van so baie drukwerk bied ’n uitdaging vir verkondigers van die goeie nuus van die Koninkryk. Hoe kan ons individue oortuig dat Die Wagtoring en Ontwaak! die waardevolste tydskrifte is wat vandag gedruk word?

KOSBARE TYDSKRIFTE

2 Dit is goed om ons persoonlike gesindheid teenoor Die Wagtoring en Ontwaak! te ondersoek. Beskou jy die tydskrifte as kosbaar, en sien jy gretig uit na elke nuwe nommer? Sit jy tyd opsy om al die artikels te lees? As ons die tydskrifte persoonlik waardeer, sal ons opregte geesdrif en hartgrondige oortuiging ons help om suksesvol te wees wanneer ons dit by ander aanbied.

3 Mense in ons gebied het, net soos ons, die waardevolle inligting in Die Wagtoring en Ontwaak! nodig. Ons het baat gevind by die artikels wat die boosheid van valse godsdiens se geestelikes heeltemal aan die kaak gestel het en wat profetiese waarskuwings oor die komende vernietiging van Babilon die Grote verduidelik het. In Die Wagtoring van 15 September 1989 het die onderwerp “Wat moet ons doen om gered te word?” praktiese aanmoediging oor ons gedrag en lewenswandel gegee. Onlangse Ontwaak!-artikels het die aandag gevestig op die mens se wanbestuur van die aarde se omgewing en God se beloftes om die aarde in ’n paradys te herstel. Wat ’n oorvloed van geestelike voedsel voorsien hierdie tydskrifte tog om mense bewus te maak van hulle geestelike behoefte!

KEN JOU TYDSKRIFTE

4 Hoe kan ons ’n persoon oortuig dat hy daarby baat sal vind as hy Die Wagtoring en Ontwaak! lees? Die beste manier is om hom ’n spesifieke gedagte te wys wat vir hom interessant en op hom van toepassing sal wees. As ons dit op bekwame wyse wil doen, moet ons goed vertroud wees met die tydskrifte en vooraf voorberei. Sulke voorbereiding begin wanneer ons persoonlik die tydskrifte lees voordat ons hulle in die veld gebruik. Terwyl jy lees moet jy op gedagtes let wat jy in die bediening kan gebruik. Merk gerus hierdie gedagtes in jou persoonlike eksemplare van die tydskrifte en hersien dan jou aantekeninge wanneer jy vir velddiens met daardie nommer voorberei.

5 Wanneer jy Die Wagtoring en Ontwaak! lees, is dit ook goed om te dink aan watter artikels vir sekere mense in julle gebied van besondere belang sal wees. Is daar artikels wat veral by dokters, regsgeleerdes of onderwysers ingang sal vind? Wat dit betref, moet jy nie vergeet om na die kennisgewings oor artikels in toekomstige nommers te kyk nie, sodat jy vooruit kan beplan en enige ekstra eksemplare kan bestel wat jy dalk nodig sal hê. Dit kan baie nuttig wees om lyste saam te stel van individue by wie jy hierdie tydskrifte wil aanbied.

6 Nadat dit van die maak van baie boeke praat, sê Prediker 12:12 (NW) dat ‘veel toewyding daaraan afmattend is vir die vlees’. Die lees van wêreldse lektuur kan afmattend wees omdat dit nie geestelike verkwikking bied nie. Daarteenoor is ons inderdaad dankbaar dat ons ’n volle aandeel kan hê in die verspreiding van Die Wagtoring en Ontwaak! wat Jehovah vereer en sy naam en Koninkryk verkondig!​—Spr. 3:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel