Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 4 JUNIE
10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Ko-ninkryksbediening. Meld reëlings vir velddiens oor die naweek. Demonstreer hoe ‘Onderwerp vir gesprekke’ gebruik kan word om lektuuraanbod vir die maand te doen.
20 min: “Word bekwaam in jou bediening.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Demonstreer wanneer paragraaf 5 en 6 bespreek word hoe die wenke in Die Wagtoring van 15 Julie 1988 en die Redenering-boek gebruik kan word. Laat verkondigers ook vertel watter goeie resultate hulle plaaslik verkry het deur die wenke toe te pas wat Jehovah se organisasie voor-sien.
15 min: “Help jongmense om onheil af te weer.” Vraag-en-antwoordbespreking. Laat bekwame verkondiger ‘Onderwerp van gesprekke’ gebruik en publikasie kortliks aanbied wanneer paragraaf 7 gedek word.
Lied 178 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 11 JUNIE
5 min: Plaaslike aankondigings, rekeningverslag en erkennings van bydraes.
10 min: Vraebus. Toespraak deur ouere man.
15 min: “Bied die goeie nuus aan—by jongmense.” Vraag-en-antwoordbespreking. Laat verkondiger demonstreer hoe om boek by tienderjarige aan te bied wanneer paragraaf 5 bespreek word.
15 min: Hoe om Bybelstudies te begin. Voer onderhoud met twee of drie verkondigers wat daarin geslaag het om studies te begin. Wat het hulle doel-treffend gevind? Hoe hou hulle die aanvanklike belangstelling lewendig? Demonstreer kortliks hoe om ’n Bybelstudie by die eerste besoek te begin en wanneer ’n herbesoek gedoen word waar die Jongmense vra-boek gelaat is.
Lied 143 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 18 JUNIE
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Meld velddiensreëlings vir die res van die week. Bespreek gesprekspunte in jongste tydskrifte na gelang van tyd.
20 min: “Bevredig jou geestelike behoefte.” Vraag-en-antwoordbespre-king van artikel. Voer onderhoud met ’n gesinshoof en ’n ongetroude verkon-diger om te toon hoe hulle met welslae tyd inruim om hulle geestelike behoefte te bevredig. Moedig broers aan om hulle eie reëlings te ondersoek en hulle opreg daarop toe telê om die nodige verbeteringe aan te bring.
15 min: Plaaslike behoeftes of Ware Christene se gesindheid teenoor die wêreld en teenoor mense wat ’n deel van die wêreld is. Toespraak deur ouere man gebaseer op die Redenering-boek, bladsye 437-8.
Lied 177 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 25 JUNIE
10 min: Plaaslike aankondigings. Vertel een of twee ondervindinge wat verkondigers in die veld gehad het toe hulle die Jongmense vra-boek aangebied het. Meld brosjures se titels wat in gemeente beskikbaar is om gedurende Julie in veldbediening te gebruik. Demonstreer hoe ’n brosjure in plaaslike gebied aangebied kan word. Spoor verkondigers aan om hierdie naweek aan velddiens deel te neem.
15 min: “Help terneergedruktes om hul vreugde te herwin.” Toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 15 Maart 1990, bladsye 26-30.
20 min: “Hulp op die regte tyd.” Diensopsiener bespreek informasie met gehoor. Vestig die aandag op die voordele van reëling dat diensopsiener Gemeentelike Boekstudiegroepe besoek. Spoor almal aan om ’n spesiale poging aan te wend om tydens diensopsiener se besoek aan week se bedrywighede deel te neem.
Lied 214 en slotgebed.