Studievrae vir die brosjure Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
EERSTE WEEK
Bladsy 3, opskrif: “Moet jy dit glo?”
1, 2. Wat kan van die Drie-eenheidsleer gesê word?
3. Waarom moet die onderwerp van die Drie-eenheid in ons dag van belang wees?
4. Beskryf kortliks die Drie-eenheidsleer.
5. Wat sê diegene wat nie die leerstelling aanvaar nie?
6. Hoe word die oorsprong van die Drie-eenheidsleer beskryf (a) deur voorstanders daarvan? (b) deur kritici?
7. Wat is party gevolge (a) as die Drie-eenheid waar is? (b) as dit vals is?
8. Wat sal in hierdie brosjure ondersoek word?
Bladsy 3, opskrif: “Hoe word die Drie-eenheid verduidelik?”
1. Hoe definieer die Katolieke Kerk die Drie-eenheid?
2, 3. Hoe definieer die meeste ander kerke die leerstelling?
Bladsy 4:
1. Hoe reageer baie op verduidelikings van die Drie-eenheid?
2-4. Wat sê verskeie bronne oor die Drie-eenheidsleer?
5, 6. Wat sê ’n Katolieke ensiklopedie aangaande seminariste en hulle professore, en hoe kan jy die waarheid van sulke kommentare bevestig?
7. Wat sê ’n Jesuïetepriester aangaande die Drie-eenheid?
8. Watter grondige opmerkings maak ’n Katolieke teoloog?
9. Hoe verduidelik party die oorsprong van die Drie-eenheid?
Bladsy 5:
1, 2. Watter groot probleem skep die bewering dat die Drie-eenheid van ’n goddelike openbaring afkomstig is?
3. Moet mense teoloë wees om‘die waaragtige God en sy seun te ken’?
TWEEDE WEEK
Bladsy 5, opskrif: “Is dit onteenseglik ’n Bybelleerstelling?”
1. Waarom moet die Drie-eenheid duidelik in die Bybel uiteengesit word indien dit waar is?
2. Hoe het eerste-eeuse gelowiges die Skrif beskou?
3, 4. Wat het die apostel Paulus en Jesus as die grondslag van hulle lering gebruik?
5, 6. (a) Aan watter gesag het eerste-eeuse gelowiges die Skrif toegeskryf? (b) Wat moet ons tereg in die Bybel verwag as die Drie-eenheid waar is?
7-9. (a) Wat erken Protestantse sowel as Katolieke bronne aangaan-de die woord “Drie-eenheid”, en wanneer het die woord die eerste keer in kerkteologie verskyn? (b) Beteken die feit dat Tertullianus die Latynse woord vir Drie-eenheid gebruik het dat hy die leerstelling verkondig het?
Blads 6:
I, 2. Wat erken twee ensiklopedieë aangaande die Hebreeuse Skrifte en die Drie-eenheid?
3. Wat sê ’n Jesuïetepriester oor die getuienis van die Hebreeuse Skrifte?
4. Wat toon ’n ondersoek van die Hebreeuse Skrifte?
5-7. Wat sê twee bronne oor die Drie-eenheid en die Christelike Griekse Skrifte?
8-10. Watter aanhalings kan gebruik word om te toon dat die Drie-eenheid nie in die Christelike Griekse Skrifte geleer is nie?
11, 12. Wanneer het die Christendom die Drie-eenheid begin verkondig volgens twee geskiedskrywers?
13. Watter gevolgtrekking kan ons uit die getuienis aflei?
14-17. Het die vroeë Christene die Drie-eenheid verkondig?
Blads 7:
1. Slegs na watter tyd is die Drie-eenheidsleer gevestig?
2-4. Hoe het tweede-eeuse godsdiensleraars Justinus Martyr en Ireneus God en Christus beskou?
5, 6. Watter beskouing het Clemens van Alexandrië en Tertullianus gehad?
7, 8. Watter kommentaar het Hippolutus en Origines in die derde eeu gelewer?
9. Hoe som een geskiedskrywer die getuienis aangaande die Drie-eenheid op?
10. Wat blyk duidelik uit die getuienis van die Bybel en van die ge-skiedenis?
DERDE WEEK
Blads 7, opskrif: “Hoe het die Drie-eenheidsleer ontwikkel?”
1, 2. Is die Drie-eenheidsleer volledig geformuleer tydens die Konsilie van Nicea in 325 G.J.?
Bladsy 8:
1. Waarom het Konstantyn die Konsilie van Nicea byeengeroep?
2. Wat sê ’n geskiedskrywer oor Konstantyn se bekering?
3. Watter rol het Konstantyn by Nicea gespeel?
4. Het Konstantyn werklik die teologiese vrae verstaan waaroor daar tydens die Konsilie van Nicea gedebatteer is?
5. Watter vraag kan gevra word met die oog op die besluit tydens die Konsilie van Nicea?
6, 7. (a) Wat het na die Konsilie van Nicea gebeur? (b) Wat is tydens die Konsilie van Konstantinopel in 381 G.J. vasgestel?
8. Wat het na die Konsilie van Konstantinopel gebeur, en slegs wan-neer is die Drie-eenheid in vaste geloofsbelydenisse geformuleer?
Bladsy 9:
1. Wie was Athanasius, en wat sê die geloofsbelydenis wat sy naam dra?
2. (a) Het Athanasius die geloofsbelydenis wat sy naam dra opgestel? (b) Hoe lank het dit vir die Athanasiaanse Geloofsbelydenis geneem om algemeen in Europa voor te kom?
3. Wat het hoofsaaklik die besluite gerig gedurende die eeue voordat die Drie-eenheid algemeen aanvaar is?
4. Hoe strook die geskiedenis van die Drie-eenheid met Bybelprofesie?
5, 6. Wat het die apostel Paulus en ander Bybelskrywers voorspel?
7. (a) Wie het volgens Jesus agter hierdie afwyking van die ware Christelike godsdiens gesit? (b) Hoe verduidelik ’n ensiklopedie wat gebeur het?
VIERDE WEEK
Bladsy 10:
1. Watter ooreenkoms is daar in antieke heidense godsdienste, in Hindoe- en Boeddhistiese godsdienste en in die godsdienste van die Christendom?
Bladsy 11:
I, 2. (a) Wat was in die ou tyd ’n algemene vorm van valse aanbid-ding? (b) Hoe het die idee van die Drie-eenheid volgens geskiedskrywers in die Christelike godsdiens ingesypel?
3, 4. Watter skakel is daar tussen die Egiptiese aanbidding van heidense drie-eenhede en die Christendom se Drie-eenheid?
5. Tot watter gevolgtrekking kom twee bronne oor die oorsprong van die Drie-eenheid?
6. Wat sê Hastings se Encyclopaedia of Religion and Ethics aangaande die skakel tussen heidense drie-eenhede en die Drie-eenheid van die Christendom?
7, 8. Hoe het Griekse filosoof Plato die latere ontwikkeling van die Christendom se Drie-eenheid beïnvloed?
9, 10. Hoe toon geskiedskrywers dat Plato die ontwikkeling van die Drie-eenheid beïnvloed het?
11, 12. Wat het teen die einde van die derde eeu G.J. gebeur?
13. Wat sê ’n godsdiensbron aangaande die ontwikkeling van die Drie-eenheid?
Bladsy 12:
1. Wat het in ooreenstemming met Bybelprofesie sy volle bloei in die vierde eeu G.J. bereik?
2. Wat toon dat die Drie-eenheidsleer nie van God kon gekom het nie?
3, 4. (a) Waarom is dit nie logies dat Christene die Drie-eenheid sal aanvaar nie? (b) Tot watter gevolgtrekking moet ons kom aangaande die Drie-eenheid?
Bladsy 12, opskrif: “Wat sê die Bybel van God en Jesus?”
1, 2. Tot watter gevolgtrekking sal mense kom aangaande God en Christus as hulle die Bybel sonder vooropgesette gedagtes lees?
3, 4. Wat sê ’n professor in die kerklike geskiedenis oor die be-skouing van God (a) in die Hebreeuse Skrifte? (b) in die Griekse Skrifte?
Bladsy 13:
1. Hoe dui die grammatika van Deuteronomium 6:4 aan dat God een persoon is?
2. Wat het die apostel Paulus oor die natuur van God bevestig?
3. Hoe word God deurgaans in die Bybel beskryf?
4. Wat sou die geïnspireerde Bybelskrywers duidelik gestel het indien die Drie-eenheid waar was?
5. Wat het die Bybelskrywers duidelik gestel?
VYFDE WEEK
6. (a) Hoe het Jesus van God gepraat? (b) Waarom word slegs Jehovah almagtig genoem?
7. Waarom word daar in die Hebreeuse Skrifte van Jehovah in die meervoud gepraat?
8. Hoewel die Hebreeuse woord vir God in die meervoudsvorm is, hoe kan ons toon dat dit van slegs een persoon praat?
9. Waarom bewys die betekenis van ‘elohim’ nie die Drie-eenheid nie?
10. Op wie pas die Bybel ook die woorde “god” of “gode” toe?
Bladsy 14:
1. Waarom staaf die gebruik van die Hebreeuse woorde vir “god” en “gode” in die Bybel nie die Drie-eenheid nie?
2. Waar het Jesus gesê kom hy vandaan?
3. Wat was Jesus in sy voormenslike bestaan?
4. Wat noem die Bybel Jesus in sy voormenslike bestaan, en hoe moet ons daardie uitdrukking vertolk?
5. Wie is “Wysheid” in die Bybelboek Spreuke, en hoe het hy ontstaan?
6. Wat sê Spreuke 8:30 oor die voormenslike Jesus, en hoe bevestig Kolossense 1:16 hierdie rol?
7. Hoe vestig die Bybel die aandag op die verwantskap tussen God en Jesus toe dinge geskape is?
8. Waarom dui die gebruik van die woord “ons” in Genesis 1:26 nie ’n Drie-eenheid aan nie?
9, 10. Hoe toon die versoeking van Jesus dat hy nie God was nie?
Bladsy 15:
1, 2. Wat toon die feit dat Jesus ’n keuse gehad het wat lojaliteit be-tref?
SESDE WEEK
3, 4. Wat moet die losprys wees om vir Adam se sonde te vergoed?
5. (a) Wat sou die losprysofferande gewees het as Jesus ’n deel van ’n Godheid was? (b) Hoe het Jesus se posisie toe hy op aarde was, getoon dat hy nie God kon wees nie?
6. Hoe weerlê die feit dat Jesus God se “eniggebore Seun” is die Drie-eenheid?
7. Op watter manier probeer party godsdienskommentators die term “eniggebore” wegredeneer, maar waarom is dit onlogies?
8. Vir wie buiten Jesus gebruik die Bybel die woord “eniggebore”, en in watter sin?
Bladsy 16:
1, 2. Wat is die Griekse woord vir “eniggeborene”, en wat beteken dit?
3. Wat beteken dit wanneer die Bybel van God as Jesus se Vader praat?
4. Waarom is dit betekenisvol dat die Bybel die uitdrukking “eniggebore” vir Jesus gebruik?
5. Wat het selfs die demone en die Romeinse soldate aangaande Jesus geweet?
6. Waarom kon Jesus nie God wees nie?
7. Hoe toon die feit dat Jesus die “middelaar” is dat hy nie God is nie?
8. Wat is die Bybel se duidelike leer oor God en Jesus?
SEWENDE WEEK
Bladsy 16, opskrif: “Is God altyd Jesus se meerdere?”
1, 2. Wat het Jesus duidelik aangaande sy verhouding tot God getoon?
Bladsy 17:
1. Wat het Jesus oor homself gesê wat getoon het dat hy apart van God is?
2. Hoe het die apostel Paulus getoon dat God en Jesus apart en ver-skillend van mekaar is?
3. Wat toon die feit dat die Mosaïese Wet twee getuies vereis het om ’n saak te staaf aangaande Jesus en God se getuienis?
4. Hoe het Jesus in Markus 10:18 getoon dat hy nie ’n deel van ’n God-heid is nie?
5. Watter verklarings van Jesus toon God se superioriteit?
6. Hoe openbaar ’n illustrasie wat Jesus gegee het sy onderdanigheid aan God?
7. Hoe het Jesus se volgelinge hom beskou?
Bladsy 18:
1. Hoe toon Jesus se doop dat hy nie God is nie?
2. Wat toon die feit dat Jehovah Jesus gesalf het?
3. Hoe het Jesus sy Vader se superioriteit getoon toe hy met die moeder van twee dissipels gepraat het?
4. Wat toon Jesus se gebede?
5. Hoe het Jesus se uitroep by sy dood God se superioriteit geopenbaar?
6. Hoe bewys die dood en opstanding van Jesus dat hy nie God is nie?
7. Waarom was Jesus se vermoë om wonderwerke te verrig nie ’n aan-duiding dat hy God is nie?
AGTSTE WEEK
Bladsy 19:
1. Waarom het Jesus nie geweet wanneer hierdie stelsel van dinge sou eindig nie?
2. Hoe toon Hebreërs 5:8 dat Jesus nie God kon wees nie?
3. Hoe toon Openbaring 1:1 dat Jesus nie God kon wees nie?
4, 5. Wat toon die feit dat Jesus na sy opstanding verhoog is?
6-8. Op watter maniere weerlê die volgende verslae oor die verrese Jesus die Drie-eenheid? (a) Hebreërs 9:24; (b) Handelinge 7:55; (c) Open-baring 4:8 tot 5:7.
9, 10. Watter opmerking maak Rylands se Bulletin oor die verrese Jesus?
Bladsy 20:
1. Hoe lank sal Jesus ondergeskik aan God wees?
2. Hoe toon 1 Korinthiërs 11:3 dat God Jesus se meerdere is?
3-5. Navorsing in die laaste tyd het ’n toenemende aantal geleerdes tot watter slotsom laat kom?
NEGENDE WEEK
Bladsy 20, opskrif: “Die heilige gees—God se werkende krag”
1. Wat leer die Drie-eenheidsleer aangaande die heilige gees?
2. Watter Hebreeuse woord en watter Griekse woord in die Bybel word die meeste vir “gees” gebruik?
3, 4. Wat sê die Bybel in Genesis 1:2 (NW) is die heilige gees?
5. Gee voorbeelde van hoe God se gees sy knegte insig gee.
6. Hoe is Bybelskrywers deur die heilige gees beinvloed?
7. Watter voorbeeld toon dat die heilige gees ’n krag is?
Bladsy 21:
1. Op watter maniere gebruik God sy gees?
2. Wat kan God se gees aan sy knegte gee?
3. Waar het Simson sy krag vandaan gekry, en was daardie krag ’n persoon?
4. In watter vorm het die heilige gees op Jesus neergedaal, en wat het dit hom in staat gestel om te doen?
5, 6. In watter vorm het die heilige gees op die dissipels neergedaal, en wat het dit hulle in staat gestel om te doen?
7. Wat sê ’n teoloog oor die Bybel se gebruik van persoonlike voor-naamwoorde om die heilige gees te beskryf?
8. Hoe verpersoonlik die Skrif party dinge wat nie persone is nie?
9. Hoe toon 1 Johannes 5:6-8 dat die heilige gees nie ’n persoon is nie?
Bladsy 22:
1. Watter algemene uitdrukkings in die Bybel toon dat die heilige gees nie ’n persoon is nie?
2. Hoe kan ons dit verduidelik wanneer die Bybel sê dat die heilige gees praat?
3. Wat beteken dit wanneer Mattheüs 28:19 sê: “In die Naam van . . die Heilige Gees”?
TIENDE WEEK
4. (a) Waarom het Jesus manlike persoonlike voornaamwoorde gebruik toe hy die Griekse Woord vir “trooster” gebruik het? (b) Watter voornaamwoord word gebruik in verband met die onsydige Griekse woord vir “gees”?
5. Hoe erken ’n Katolieke Bybel dat sy gebruik van manlike persoonlike voornaamwoorde saam met die woord “gees” nie verantwoord kan word nie?
6. Waarom gebruik die Griekse teks manlike persoonlike voornaamwoorde met betrekking tot die woord “trooster”?
7-9. Wat erken twee Katolieke bronne aangaande die heilige gees?
10, 11. Hoe staaf twee Katolieke bronne die Bybel se beskouing van die heilige gees?
12. Wanneer het die Christendom verklaar dat die heilige gees ’n persoon is?
Bladsy 23:
1. Wat is God se heilige gees, en wat is dit nie?
Bladsy 23, opskrif: “Wat van ‘bewysplase’ van die Drie-eenheid?”
1, 2. Wat moet in gedagte gehou word aangaande enige Bybelteks wat as bewys vir die Drie-eenheid aangevoer word?
3. Watter drie “bewysplase” meld ’n Katolieke ensiklopedie?
4. Wat sê die tekste wat as bewyse vir die Drie-eenheid aangevoer word?
5-7. Wat word in werklikheid gestaaf deur hierdie tekste wat as bewys vir die Drie-eenheid aangevoer word, soos McClintock en Strong se Cyclopedia erken?
8. Waarom staaf Mattheüs 3:16 nie die Drie-eenheid nie, hoewel God, Jesus en die heilige gees in die verslag genoem word?
9. Waarom kan ons die teks in 1 Johannes 5:7, wat in party ouer Bybelvertalings voorkom, weglaat?
Bladsy 24:
1. Waarom staaf ander “bewysplase” nie die Drie-eenheid nie?
ELFDE WEEK
2. Hoe het Jesus self getoon wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Ek en die Vader is een”?
3. Hoe toon Paulus se gebruik van die Griekse woord vir “een” dat die-selfde woord in Johannes 10:30 eenheid van gedagte en voorneme beteken?
4. Wat het Johannes Calvyn in die 16de eeu gesê aangaande die gebruik van Johannes 10:30 om die Drie-eenheid te bewys?
5. Hoe het Jesus in Johannes 10 aangevoer dat hy nie God is nie?
6-8. Watter aantyging het die Jode in Johannes 5:18 teen Jesus ge-maak, en hoe het hy dit weerlê?
Bladsy 25:
I. Hoe gee die Afrikaanse Bybel, die Douay Version en die King James Version Filippense 2:6 weer, en met watter doel?
2-7. Hoe gee verskeie Bybelvertalings Filippense 2:6 weer, wat die teenoorgestelde is van die betekenis wat die Douay Version en die King James Version in gedagte gehad het?
8, 9. (a) Wat word aangaande die akkurater weergawes van Filippense 2:6 beweer? (b) Waarom staaf die Grieks wat in Filippense 2:6 gebruik word nie die gedagte dat Jesus aan God gelyk is nie?
10. Wat doen vertalings wat Filippense 2:6 weergee om te beteken dat Jesus gelykheid aan God as gepas beskou het, maar wat word eintlik geopenbaar as die Grieks objektief gelees word?
11. Hoe toon die verse wat Filippense 2:6 voorafgaan dat Jesus nie gelyk aan God wou wees nie?
Bladsy 26:
1. Waarop het Filippense 2:3-8 eintlik betrekking?
TWAALFDE WEEK
2. Hoe probeer Trinitariërs Johannes 8:58 gebruik om die Drie-eenheid te bewys?
3. Hoe gebruik Exodus 3:14 die uitdrukking “EK IS”, en wat beteken dit?
4. Hoe het Jesus die uitdrukking ‘Ek is’ in Johannes 8:58 gebruik?
5-9. Hoe gee ander Bybelvertalings Johannes 8:58 weer?
10. Wat is die werklike gedagte van die Grieks in Johannes 8:58?
11. Hoe toon die verse voor Johannes 8:58 wat Jesus bedoel het?
12. Hoe lui die Afrikaanse Bybel in Johannes 1:1?
Bladsy 27:
1. Hoe toon selfs die Afrikaanse Bybel dat “die Woord” nie die al-magtige God self kon wees nie, soos ’n Katolieke skrywer meld?
2-11. Hoe gee ander Bybelvertalings die laaste deel van Johannes 1:1 weer?
12. Wat toon die gebruik van die bepaalde lidwoord in Grieks aangaande die eerste the-os ’ in Johannes 1:1?
13. Hoe sou ’n letterlike vertaling van die laaste deel van Johannes 1:1 lui, aangesien daar nie ’n bepaalde lidwoord saam met die tweede the·os ’ gebruik word nie?
14. (a) Waarom het die Koine-Griekse teks nie ’n onbepaalde lidwoord voor die tweede the·os ’ nie? (b) Wanneer kan ’n predikatiewe selfstandige naamwoord wat nie deur ’n bepaalde lidwoord voorafgegaan word nie onbepaald wees?
15. Wat sê die Journal of Biblical Literature aangaande die laaste deel van Johannes 1:1?
16. Wat beklemtoon Johannes 1:1 oor die voormenslike Jesus?
17. Waarom word die onbepaalde lidwoord “’n” soms deur vertalers in tekste van die Griekse Skrifte ingevoeg?
18. Wat het twee geleerdes aangaande Johannes 1:1 gesê?
DERTIENDE WEEK
Bladsy 28:
1, 2. Is dit strydig met enige reël van die Griekse grammatika as die tweede the·os’ in Johannes 1:1 as “’n god” weergegee word?
3, 4. Vereis die konteks van die laaste deel van Johannes 1:1 ’n onbepaalde lidwoord voor die woord the·os’ ?
5, 6. Waarom is dit nie strydig om Jesus “ ’n god” te noem nie, aangesien daar slegs een God is?
7. Hoe toon die uitdrukking “Sterke God” wat op Jesus in Jesaja 9:6 toegepas word dat hy nie Jehovah God is nie?
8. Wat sê Rylands se Bulletin aangaande God en Jesus?
Bladsy 29:
1. Wat het Thomas moontlik bedoel toe hy in Johannes 20:28 gesê het: “My Here en my God!”?
2. Hoe help die konteks van Johannes 20:28 ons om te verstaan dat Thomas nie kon bedoel het dat Jesus die almagtige God is nie?
3. Hoe help Johannes 20:31 ons om Johannes 20:28 te verklaar?
4. Wat kan gesê word oor enige teks wat aangevoer word as bewys vir die Drie-eenheid?
5. Is daar selfs een teks wat die Drie-eenheid leer?
VEERTIENDE WEEK
Bladsy 30, opskrif: “Aanbid God op sy voorwaardes”
1. Watter soort kennis is uiters belangrik om die ewige lewe te ont-vang?
2. (a) Identifiseer die bron van waarheid aangaande God. (b) Wat sal kennis van die waarheid ons help om te vermy?
3. Wat moet ons ons afvra as ons God se goedkeuring wil wegdra?
4. Hoe doen die Drie-eenheidsleer God oneer aan?
5. Wat het uit die Drie-eenheidsleer voortgespruit?
6. Watter dinge doen mense wanneer hulle God nie ‘in erkentenis’ hou nie?
7. Hoe het Trinitariërs God oneer aangedoen?
8. Hoe toon God se Woord wie die waarheid het en wie dit nie het nie?
9. Wat het ’n Deense teoloog aangaande die Christendom gesê?
10. Hoe kan die Christendom se geestelike toestand beskryf word?
Bladsy 31:
1. Hoe sal die Christendom binnekort geoordeel word, en waarom?
2. Waarom moet ons die Drie-eenheid verwerp?
3. Wie se belange word deur die Drie-eenheidsleer bevorder?
4. Waarom bring juiste kennis van God groot verligting?
5. Waarom is dit dringend dat ons God eer?