Teokratiese nuus
◆ Op 23 Januarie 1990 het die regering van Benin die verbod op die werk van Jehovah se Getuies in daardie land amptelik opgehef. Op 28 Januarie was die broers verheug om bymekaar te kom vir ’n spesiale vergadering wat in Cotonou gehou is, en nou sien hulle daarna uit om hulle teokratiese werk uit te brei.
◆ Op 14 Maart 1990 het die Duitse Demokratiese Republiek (Oos-Duitsland) ’n dokument uitgevaardig wat godsdiensvryheid aan Jehovah se Getuies in daardie land verleen en hulle werk wettig verklaar het. Ons dank gaan aan Jehovah dat ons broers daar vreugdevol en ywerig aan die openbare bediening kan deelneem.