Wees voorbereid vir Wagtoring-intekening- Kampanje
Aangesien ons gedurende April en Mei ’n uitstekende Wagtoring-intekeningkampanje verwag, berei die Genootskap spesiale nommers van Die Wagtoring sowel as die Ontwaak! voor. Die glansartikels sal ’n verskeidenheid onderwerpe bespreek wat vir mense in alle wêrelddele van belang is.
Die Wagtoring sal die volgende onderwerpe bespreek: “Is dit later as wat jy dink?” (1 April), “Wanneer sal vrede werklik kom?” (15 April), “Hoe om in ’n chaotiese wêreld vol misdaad te lewe” (1 Mei) en “Stel God eerste in jou gesinslewe!” (15 Mei). Die artikels in die Ontwaak! sal die aandag vestig op hierdie onderwerpe: “Wanneer mens en dier in vrede lewe” (8 April), “Hulp vir die kinders in gebroke gesinne” (22 April), “Loterykoors—Wie wen? Wie verloor?” (8 Mei) en “Televisie—Die kassie wat die wêreld verander het” (22 Mei).
Alle verkondigers, veral die pioniers, moet bepaal wat hulle nodig het as hulle ’n groter deelname daaraan wil hê om die intekeninge aan te bied en die tydskrifte te versprei. Maak seker dat jy vroegtydig meer tydskrifte bestel sodat jy heel aan die begin van die Wagtoring-kampanje genoeg tydskrifte kan hê.