Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/91 bl. 1
  • Loof God se naam ten volle

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Loof God se naam ten volle
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HOU AAN OM GOD SE NAAM TE LOOF
  • BEREI GOED VOOR
  • Elkeen kan deelneem
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Doen die werk van ’n evangelis
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur die brosjures te gebruik om studies te begin
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Wees geduldig en deeglik in die bediening
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 8/91 bl. 1

Loof God se naam ten volle

1 Hoe bly is ons tog oor al Jehovah se seëninge! Suid-Afrika het gedurende hierdie diensjaar hoogtepunte in verkondigers en tuisbybelstudies gehad. Daar was ook ’n goeie Gedenkmaalopkoms van byna 125 000. Meer as 128-000 mense het die “Suiwer Taal”-Streekbyeenkomste in Suid-Afrika en sy buurlande bygewoon. Ons het baat gevind by die oorvloedige geestelike voedsel wat by die uitstekende programme vir die kringbyeenkoms en spesiale byeenkomsdag voorsien is. Ons het ook baie ander seëninge ontvang.

2 Hoe kan ons ons waardering betoon vir alles wat Jehovah vir ons doen? Ons kan dit doen deur God se naam ten volle te loof!—Ps. 145:21.

HOU AAN OM GOD SE NAAM TE LOOF

3 Hoe kan ons Jehovah se naam gedurende Augustus ten volle loof? Ons sal steeds die tydskrifgrootte brosjures aanbied. As ons goed voorberei en ’n verskeidenheid van hierdie brosjures saam met ons in die velddiens dra, sal ons toegerus wees om Jehovah te loof en ander te kan help om te leer hoe hulle hom ook kan loof.

4 Die Onderwerp vir gesprekke is: “’n Nuwe wêreld—Deur wie?” Ons kan gepaste inleidings voorberei wat gebaseer is op die inligting op bladsye 9-15 van die Redenering-boek. Sommige huisbewoners sal geredelik met jou praat oor wat wêreldleiers sê oor huidige verwagtinge om die wêreld ’n beter plek te maak. Hoewel die meeste mense na vreedsame toestande hunker, toon Jeremia 10:23 dat die mens nie sy eie probleme kan oplos nie. Dit is gerusstellend om te weet dat God se belofte om iets omtrent wêreldtoestande te doen nie sal misluk nie. Hierdie belofte word in 2 Petrus 3:13 aangetref. Bied ’n gepaste brosjure aan.

BEREI GOED VOOR

5 Dit is noodsaaklik dat ons voorberei as ons ander met welslae wil leer. Berei gerus voor saam met ander gesinslede, saam met die een wat jou die waarheid geleer het of saam met iemand in jou boekstudiegroep. As jy jou aanbieding oefen, sal jy meer selfvertroue hê en persoonlike oortuiging aan die dag lê wanneer jy met mense in die gebied praat.

6 Ons aanbieding moet toon dat ons in mense belangstel. Beklemtoon die Bybel se belofte van ’n nuwe wêreld sodat jy dié wat terneergedruk en mismoedig is, kan bemoedig. Wanneer die huisbewoner die brosjure aanvaar, kan jy ons Bybelstudieprogram demonstreer. Of jy besluit moontlik dat dit meer gepas sal wees om dit tydens die herbesoek te doen.

7 Wat ’n vreugde is dit tog om so baie seëninge van Jehovah te ontvang terwyl ons die einde van hierdie belangrike diensjaar nader! As alle verkondigers gereeld elke week aan die bediening kan deelneem en hulle diens betyds aan die einde van Augustus rapporteer, het ons alle rede om te glo dat ons hierdie diensjaar met nog ’n hoogtepunt in verkondigers sal afsluit! Laat ons almal hierdie oorblywende maand van die 1991-diensjaar gebruik om Jehovah se naam ten volle te loof terwyl ons gretig daarna uitsien om Jehovah vir ewig in sy nuwe wêreld te dien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel