Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/91 bl. 3-4
  • Neem deel aan die Koninkryksuitbreiding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Neem deel aan die Koninkryksuitbreiding
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • BOUWERK BY DIE SUID-AFRIKAANSE TAK
  • Iets nuuts in internasionale konstruksie
    Ontwaak!—1991
  • Verenigde bouwerk op wêreldskaal
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Voorsien met vreugde in die behoeftes wat die oeswerk meebring
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • “Julle móét dit eenvoudig doen”
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 12/91 bl. 3-4

Neem deel aan die Koninkryksuitbreiding

1 “Watter verstommende veranderinge!” “Hoe vinnig het dit tog nie gebeur nie!” “Wat ’n seën vir ons broers in die Sowjetunie!”

2 Hierdie betuigings is teen die einde van Augustus en aan die begin van September gehoor toe ’n reeks byeenkomste met welslae in die Sowjetunie gehou is ten spyte van moontlike inmenging. Altesaam 74 252 het die sewe Sowjetbyeenkomste hierdie somer bygewoon, en 7820 is gedoop. Daarbenewens het nog 295 924 by Oos-Europese byeenkomste vergader.

3 Die profeet Jesaja se woorde word, soos in die eerste eeu, beslis vervul: “Die volk wat in duisternis wandel, het ’n groot lig gesien; . . . U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd.” Ja, Koninkryksuitbreiding vind oral plaas! Jesus Christus regeer! En soos die profesie voorts sê: “Tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde.”—Jes. 9:1, 2, 6.

4 Baie groter drukfasiliteite moet in Duitsland gebou word om na die wonderlike vermeerdering in Oos-Europa te kan omsien. Dit is vir ons broers daar ’n vreugde om hierdie uitbreiding te ondersteun, wat regstreeks tot die vervulling van Jesus se geskiedkundige profesie bydra: “Hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”—Matt. 24:14.

5 Ons ondervind ook ontsaglike uitbreiding by die tak in Suid-Afrika. Onlangs, by die jaarvergadering van Jehovah se Getuies van Suid-Afrika, is ’n paar punte gemeld oor waarom hierdie uitbreiding nodig is en ook hoe ons met die uitbreiding by die takkantoor vorder. Ons wil julle graag van ’n paar van hierdie punte vertel.

6 Ons drukkery: Ons druk die tydskrifte tans in 15 tale hier by die Suid-Afrikaanse takkantoor. Ons druk elke maand altesaam 46 verskillende uitgawes van die tydskrifte! Daarbenewens het ons gedurende die afgelope diensjaar 94 verskillende brosjures in 25 tale gedruk, en 34 verskillende boekies in 13 tale. Ons kon 35 verskillende boeke in 12 tale persklaar maak! Hierdie boeke sal deur die fabriek in Brooklyn gedruk word.

7 Benewens die bogenoemde hanteer ons ook elke maand Ons Koninkryksbediening in nege tale, en ons hanteer skriftelike hersienings. Toespraaksketse vir streekbyeenkomste, kringbyeenkomste, spesiale byeenkomsdae en openbare toesprake word gedruk. Miljoene traktate word gedruk. Ons druk ook strooibiljette, vorms en talle briewe waardeur die Genootskap in kontak met die veld bly. Trouens, ons druk nou elke maand nagenoeg tweemiljoen items in ons drukkery by die Suid-Afrikaanse tak! Die meeste van hierdie items moet in verskeie plaaslike tale vertaal word. Ons Vertaalafdeling is nou die grootste ter wêreld.

8 Ons het gedurende die afgelope diensjaar ’n nuwe Wohlenberg-driekantsnyer by die Duitse takkantoor gekry. Dit het ’n selfvoerder en het ons kapasiteit om tydskrifte af te kant geweldig vergroot. Die installering van ons nuwe Hantscho-drukpers is nou amper klaar. Wanneer hierdie nuwe drukpers eers werk, sal dit ons potensiaal om tydskrifte en brosjures te druk van 18 000 tot 56 000 per uur laat toeneem wanneer ons albei drukperse gebruik!

9 Een van die grootste projekte waarmee ons tans besig is, is die vertaling van die Bybel. Die Skryfkomitee van die Bestuursliggaam het ons toestemming gegee om die Bybel in ses tale te vertaal: Afrikaans, Sepedi, Suid-Sotho, Tswana, Xhosa en Zulu. Ons vorder tans goed in drie van die tale, naamlik Afrikaans, Suid-Sotho en Zulu. Ons het nog vertalers nodig vir die ander tale. Vertaaldienste in Brooklyn het ons van ’n gerekenariseerde Bybelvertaalstelsel voorsien. Die doel van hierdie stelsel is om ’n vertaling te verkry wat akkuraat, konsekwent, letterlik, leesbaar en verstaanbaar is.

10 Nog ’n aspek van ons werk wat grootliks uitgebrei het, is ons uitvoer na ander takke. Ons voer nou elke maand gemiddeld 250 ton se items met vier 25 ton-vragmotors na ander takke uit. Tydskrifte, lektuur en boumateriaal en baie ander items word gereeld na die takke in Zimbabwe en Zambië gestuur. Ons het tot dusver byna honderd ton noodlenigingsvoorrade sowel as lektuur en tydskrifte in Angola ingestuur. Ons kon Zaïre, Mosambiek en ander lande in die suidelike deel van Afrika ook help. Dit is vir ons ’n voorreg om só na die belange van ons broers en susters in ander lande om te sien.

11 Wat van die bouprojek by ons tak?: Baie van julle het ongetwyfeld gehoor dat die bouprojek by ons tak vertraag is. Nadat baie van ons planne klaar geteken was, het die Konstruksiekantoor in Brooklyn besluit dat dit beter sal wees as ons die jongste boumetodes met betrekking tot die opslaanmetode gebruik. Hulle het verduidelik dat dit die projek aanvanklik sal vertraag, maar dat dit ons op die lange duur tot voordeel sal strek. Dit sal nie net help dat ons ’n beter gebou het nie, maar dit sal baie vinniger gebou kan word en toekomstige aanbouings sal dan baie vinnig gedoen kan word. Ons moes dus weer van voor af planne begin teken.

12 Maar ons is verheug om te kan sê dat die planne nou gereed is en dat ons met die bouwerk aan die woongebou met 30 kamers kan begin. Trouens, ons is reeds klaar met baie van die vooraf gegote panele, wat die bouwerk vinniger sal laat verloop. Ons behoort die hele projek binne sewe of agt maande klaar te hê.

13 Intussen het ons baie ander werk gedoen. Ons het ’n kringpad om ons projek gebou, ons het baie werk in verband met die installering van die nuwe Hantscho-rotasiepers gedoen en ons het heelwat ander bouwerk by Bethel voltooi. Daar word ook goeie vordering gemaak met die registrasie van ons eiendom as ’n private dorpsgebied. Wanneer dit eers goedgekeur is, sal ons ander noodsaaklike bouwerk kan doen. Ons moet ons eetsaal vergroot; ons moet ons drukkery vergroot; ons moet nog ’n verdieping by ons kantoorgebou voeg en ons sal ten minste nog ’n vleuel by ons woongebou moet aanbou.

14 Die Bestuursliggaam finansier al die hulp en toerusting wat ons aan ander takke verskaf. Maar ons moet sover moontlik self vir ons bouprojek betaal. Wat dit betref, wil ons die broers deur die hele Suid-Afrika bedank vir hulle goeie bydraes en hulle baie beloftes vir geldelike ondersteuning. Julle broers en susters het almal strokies ingevul om te toon hoeveel julle maandeliks sal bydra. Die reaksie was oorweldigend. Gemeentes wat eers R50 per maand bygedra het, het belowe om enigiets van R600 tot R1000 per maand by te dra. Klein gemeentes wat nog nooit bydraes gemaak het nie, het belowe om aansienlike bedrae te stuur. Ons stel julle aanbiedings vir geldelike hulp baie hoog op prys. Ons besef dat tyd en lotgeval dit in hierdie onsekere tye moeilik kan maak om hierdie beloftes na te kom. Maar ons moedig julle almal aan om die woorde in Prediker 5:4, 5 in gedagte te hou wanneer julle die beloftes oorweeg wat julle gemaak het.

15 Of julle nou vrywilligerwerk op die bouperseel kan doen of geld kan bydra, ons kan almal bid dat hierdie bouprojekte suksesvol sal wees sodat God se Koninkryksbelange wêreldwyd uitgebrei kan word. Mag ons hemelse Vader ons almal seën terwyl ons daarna strewe om sy werk af te handel.

Ons het dringend broers nodig om ons met die bouwerk te help soos ons in ons brief van 15 Oktober 1991 “Aan alle gemeentes” verduidelik het.

Ons het twee kategorieë broers nodig:

(1) Ongetroude broers of egpare sonder kinders wat hulle dienste vir die duur van die huidige bouprojek of selfs langer beskikbaar kan stel.

(2) Ambagsmanne, soos messelaars, pleisteraars, loodgieters, elektrisiëns of sweisers wat ’n week tot ’n maand of selfs tot drie maande lank kan help gedurende tye wanneer hulle vaardighede benodig sal word.

As jy ’n gedoopte broer is wat ’n goeie naam in Jehovah se organisasie het en jy ons ten minste ’n week lank met die bouwerk kan help, moet jy asseblief die deel onderaan hierdie byvoegsel invul en dit aan ons stuur. Ons sal dan vir jou ’n aansoekvorm stuur om in te vul.

BOUWERK BY DIE SUID-AFRIKAANSE TAK

Broers wat 19 en ouer is, word genooi om ons te verwittig van hulle vaardighede in die boubedryf deur ’n vrywilligeraansoekvorm aan te vra, in te vul en terug te stuur. As jy enige bouvaardigheid of -ondervinding het of jou dienste beskikbaar wil stel om algemene los werk te doen, moet jy asseblief hierdie strokie invul en dit aan die KONSTRUKSIE-AFDELING, Wagtoringgenootskap, Privaatsak 2067, Krugersdorp, 1740 stuur. Ons sal dan vir jou ’n aansoekvorm met meer besonderhede op stuur om in te vul.

VOLLE NAAM: GEMEENTE:

ADRES: TEL:

POSKODE:

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel