Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/92 bl. 4
  • Maak seker dat jy teruggaan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak seker dat jy teruggaan
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die Goeie Nuus aan—Met die Skepping-boek
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Is evolusie versoenbaar met die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Loof die God van die skepping
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Bou geloof in die mensdom se Skepper op
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 9/92 bl. 4

Maak seker dat jy teruggaan

1 “Die afgelope twee jaar het ek [die Skepping-boek] vier keer gelees, en ek is steeds beïndruk deur die diepte van die navorsing, vakkundigheid en dokumentasie waarmee dit saamgestel is. Hou asseblief aan om dit te druk. Elke mens in die wêreld behoort hierdie boek te hê. As dit sou gebeur, sal al die geredekawel en verwarring oor ons ontstaan sowel as die ateïstiese opvattings daaroor onmiddellik beëindig word.” Dit is die woorde van ’n halfafgetrede prokureur wat in die Ontwaak! van 22 April 1992, bladsy 32, verskyn het.

2 Moet ons nie almal, in die lig van sulke positiewe kommentare oor hierdie publikasie, ons heelhartige ondersteuning daaraan gee om die Skepping-boek in die hande van soveel belangstellendes as moontlik te kry nie? Daarna moet ons seker maak dat ons herbesoeke doen om die belangstelling in hierdie uitstekende publikasie verder aan te wakker.

3 Min van ons het al ’n dieptestudie gemaak van die talle teorieë wat deur evolusioniste bevorder word. Maar ons hoef dit nie te doen as ons vir regskape mense onteenseglik wil bewys dat die evolusieteorie net nog ’n manier is waarop Satan probeer om die mens se Skepper, Jehovah God, te diskrediteer nie. Moenie huiwer om terug te gaan omdat jy bang is dat jy party van die tegniese vrae wat sommige huisbewoners dalk sal vra, nie sal kan beantwoord nie. Die publikasie voorsien self oorvloedige, gedokumenteerde bewyse vir elke verklaring wat gemaak word.

4 Daar is ook ’n skat van inligting vanaf hoofstuk 16 tot en met hoofstuk 20 wat handel oor die Skrif se onweerlegbare verklarings oor die mens se oorsprong, God se doel met hierdie aarde en die mens, asook die keuses waarvoor die mensdom vandag staan. Daar is dus meer as genoeg uitstekende inligting wat jy tydens ’n herbesoek kan bespreek.

5 As jy ’n bietjie huiwerig is om terug te gaan na party van die mense wat by jou lektuur geneem het, kan jy dalk iemand in die gemeente saamneem wat meer ervaring het of wat beter vertroud is met die evolusieleerstelling. Dit kan ’n skoolgaande broer of suster wees wat hierdie onderwerp by die skool moes bestudeer en dus beter vertroud is met die huidige evolusieteorieë. Daarenteen is daar dalk iemand in julle gemeente wat voorheen aan evolusie geglo het maar wat sedertdien die waarheid van die Bybel geleer het en wat nou baie kan help om evolusie se valse leerstellings te weerlê.

6 Moenie huiwer om mense se aandag op hoofstuk 19 van die Skepping-boek te vestig en die Bybel se hoop vir die toekoms as ’n grondslag vir jou herbesoek te gebruik nie. Daardie hoofstuk het baie punte wat gebruik kan word om ’n persoon aan te moedig om die Bybel se belofte vir die toekoms te oorweeg. Jy kan dalk die gedeelte gebruik wat by die tussenhofie “Die aarde hernieu” op bladsy 236 begin en gevolg word deur “’n Einde aan armoede” en “Geen siekte of dood meer nie” op bladsye 238-9.

7 Hierdie voortreflike publikasie het baie mense al gehelp om op die weg na die lewe te kom. Ons sal moontlik nog ander kan help deur hulle aan te moedig om te lees en na te dink oor wat die Skepping-boek sê oor lewe en hoe dit hier gekom het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel