Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/92 bl. 1
  • Spoor ander aan om die oog op Jesus gevestig te hou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Spoor ander aan om die oog op Jesus gevestig te hou
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Nooi ander om die grootste mens te volg
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Help ander om van die grootste mens te leer
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Maak die juiste kennis aangaande Jesus Christus Bekend
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Gebruik traktate om die Grootste mens-boek aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 12/92 bl. 1

Spoor ander aan om die oog op Jesus gevestig te hou

1 Die grootste mens wat nog geleef het is ’n voortreflike boek. Sy 133 hoofstukke kan lesers aanspoor om die oog op Jesus gevestig te hou en hulle beweeg om sy voorbeeld na te volg. Daar is al tereg gesê dat Jesus ’n kragtiger invloed op die lewe van die mens hier op aarde gehad het as al die konings saam wat ooit geheers het. Diegene wat die oog op Jesus gevestig hou, sal ongetwyfeld daarby baat vind.

2 Jesus het sy dissipels oor sy Vader geleer en die kosbare eienskappe van God uitgeleef. Dit raak ons hart wanneer ons nadink oor Jesus se uitnemende vermoë as ’n onderrigter, sy onverskrokke leierskap en sy tere medelye. Dit vul ons met waardering wanneer ons dink aan hoe hy gely het toe hy sy lewe opgeoffer het om ons vry te koop! Die grootste mens wat nog geleef het kan mense help om Jesus in hierdie lig te beskou.

3 Berei goed voor: Berei goed voor sodat jy ’n Bybelbespreking kan aanknoop wat ander sal aanspoor om die oog op Jesus gevestig te hou. Gesinne en ander kan dit saam oefen. Probeer om belangstelling aan te wakker en mense te motiveer om die Grootste mens-boek te lees. Dit sal dalk meer as een gesprek met iemand verg om dit te bewerkstellig. Wanneer iemand nie die boek kan bekostig nie of wanneer hy die aanbod van die hand wys, kan jy die jongste tydskrifte aanbied of ’n traktaat by hom laat. As daar aanvanklik nie veel belangstelling is nie, kan ons ’n traktaat of miskien ’n brosjure of ’n tydskrif laat.

4 Gedurende Desember sal ons besprekings van huis tot huis hoofsaaklik oor Jesus handel en mense aanspoor om hom beter te leer ken. As ons mense se aandag op gedagtes in die Grootste mens-boek vestig, kan ons hulle help om Jesus nie net as ’n geskiedkundige figuur te sien nie, maar as God se Seun en die heersende Koning van die regering wat al die mensdom se probleme gaan oplos.

5 Soos Ons Koninkryksbediening verlede maand benadruk het, moet ons ons lektuur wyslik gebruik. Gedurende Desember, wanneer baie mense aan Jesus dink, sal ons talle geleenthede hê om die Grootste mens-boek aan te bied. Ons moet ook wakker wees om die boek tydens die informele getuieniswerk aan te bied. Dink aan maniere waarop jy vir besoekers, familie, werkmaats en mense wat jy teëkom wanneer jy inkopies doen, kan getuig. Beplan vooruit en maak seker dat jy genoeg eksemplare van die Grootste mens-boek het om in die huis-tot-huis-werk en gedurende informele getuieniswerk aan te bied.

6 Een persoon wat dit nie altyd geniet om te lees nie, het waardering vir die Grootste mens-boek uitgespreek en gesê dat dit nou vir hom werklik ’n genot is om aan die einde van sy dag te lees. Laat ons ander help om dieselfde beskouing te hê en ons bes doen om hulle aan te spoor om die oog op Jesus gevestig te hou deur Die grootste mens wat nog geleef het met opregte belangstelling te lees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel