Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/93 bl. 4
  • Maak wyslik gebruik van belangrike hulpmiddele

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak wyslik gebruik van belangrike hulpmiddele
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Eenvoudige en doeltreffende herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Skakel die traktate by ander lektuur in
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gebruik traktate om die Grootste mens-boek aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Help ander om van God se Seun, Jesus Christus, te leer
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 1/93 bl. 4

Maak wyslik gebruik van belangrike hulpmiddele

1 Wanneer jy van huis tot huis getuig, moet dit jou doelwit wees om elke huisbewoner in ’n opbouende, skriftuurlike bespreking te betrek deur die Bybel en ander belangrike hulpmiddele te gebruik. (Vergelyk 2 Korinthiërs 6:1; 2 Timotheüs 2:15.) Waaroor is mense in julle gebied deesdae besorg? Is hulle bekommerd oor die ekonomiese situasie en die agteruitgang in die gehalte van die gesinslewe? Is hulle diep bekommerd oor die toenemende misdaad en wetteloosheid in hierdie land? ’n Paar inleidende gedagtes oor een van hierdie onderwerpe kan tot ’n interessante Bybelbespreking lei.

2 Jy kan sê:

◼ “In hierdie swaar tye vind baie mense dit moeilik om met hulle geld uit te kom. Dink jy menseregerings sal ons finansiële probleme só kan oplos dat dit regverdig teenoor almal sal wees? [Luister na die antwoord.] Ek het persoonlik gevind dat hierdie gedagte baie bemoedigend is . . . ”

3 Dan kan jy Psalm 72:12-14 lees en die gesprek voortsit deur nog ’n teks te kies uit dié op bladsy 351 van die Redenering-boek. Of nadat jy een teks gelees het, kan jy die huisbewoner se aandag vestig op een of twee paragrawe in hoofstukke 1 en 2 van die Ware vrede-boek.

4 In baie gemeenskappe sal jy dalk verkies om hierdie benadering te gebruik:

◼ “Baie mense glo dat ons in die ‘laaste dae’ lewe en dat hierdie wêreld nou vinnig sy einde nader. Wat dink jy? [Laat huisbewoner antwoord.] Het jy geweet dat die Bybel vir ons sê hoe ons die einde van hierdie huidige wêreld kan oorleef en op ’n aarde kan woon wat in ’n paradys omskep gaan word? Mag ek hierdie baie bemoedigende teks vir jou lees?” Lees Psalm 37:9-11. Vestig die huisbewoner se aandag op hoofstuk 8 van die Ware vrede-boek en lees paragraaf 1. Jy kan na gelang van die huisbewoner se belangstelling en die beskikbare tyd dalk nog tekste met hom bespreek. (Sien die Redenering-boek, bladsye 259-67.)

5 Sommige verkondigers het dit prakties gevind om die traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld te gebruik om die bespreking te begin. Hulle wys eenvoudig die prentjie vir die huisbewoner en vra hom of hy onder sulke vreedsame toestande sou wou lewe. Dan vestig hulle die huisbewoner se aandag op ’n paragraaf in die traktaat. Nadat hulle ’n paar gedagtes uit die traktaat bespreek het en een of twee tekste gelees het, bied hulle die Ware vrede-boek aan.

6 Waar die aanbod van die hand gewys word, kan die traktaat by die huisbewoner gelaat word en reëlings getref word om terug te gaan en die bespreking voort te sit. Baie verkondigers—jongmense inkluis—behaal welslae daarin om Bybelstudies met een van die traktate te begin deur ’n paragraaf te lees en die huisbewoner dan sy mening te vra oor wat gelees is.

7 As jy ’n studie tydens die eerste besoek begin, moet jy definitiewe reëlings tref om die bespreking op ’n latere geleentheid voort te sit. Jy kan die grondslag vir jou volgende besoek lê deur vir die huisbewoner te sê dat wanneer jy weer kom jy hom graag die antwoord wil gee op die vraag wat dikwels gevra word: “Waarom laat God lyding toe?” Die artikel hieronder sal wenke gee oor hoe die onderwerp tydens die herbesoek ontwikkel kan word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel