Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/93 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Maart

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Maart
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 1 Maart
  • Week wat begin met 8 Maart
  • Week wat begin met 15 Maart
  • Week wat begin met 22 Maart
  • Week wat begin met 29 Maart
Ons Koninkryksbediening—1993
km 3/93 bl. 2

Diensvergaderinge vir Maart

Week wat begin met 1 Maart

Lied 9

15 min: Plaaslike aankondigings en Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Vestig die aandag op nuwe publikasies wat beskikbaar is. Hoogtepunte uit die Teokratiese nuus, en beklemtoon hoe Jehovah sy knegte in verskillende dele van die aarde seën. Ondervindinge in die plaaslike gemeente kan ook ingesluit word waar dit gepas is.

15 min: “Hou aan sê: ‘Kom!’” Vraag-en-antwoord-dekking. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet ’n goed voorbereide verkondiger die aandag vestig op ’n paar punte in paragrawe 6-10 van hoofstuk 42 van die Openbaring-boek wat Openbaring 21:4-6 bespreek.

15 min: “Wees aanpasbaar in jou bediening.” Toespraak met ’n mate van gehoordeelname. Sluit twee kort demonstrasies in wanneer paragrawe 3-5 bespreek word. Wanneer die gedagte in paragrawe 4 en 5 gedemonstreer word, moet daar getoon word hoe ’n ouer en ’n jonger verkondiger saam in die huis-tot-huis-bediening kan werk, soos dit in die artikel beskryf word. Beklemtoon hoe belangrik dit is om vreugde uit die bediening te put ongeag die resultate.

Lied 114 en slotgebed.

Week wat begin met 8 Maart

Lied 128

5 min: Plaaslike aankondigings. Meld hoeveel hulppioniers reeds vir April goedgekeur is. Spoor diegene aan wat hulppionierdiens wil doen om hulle aansoekvorm vroegtydig in te gee. Gaan die gemeente probeer om gedurende April ’n hoogtepunt in hulppioniers te bereik? Ouere manne en bedieningsknegte moet die leiding neem.

20 min: “Hoe om julle kinders teen die misbruik van bloed te beskerm.” Ouere man hou toespraak oor paragrawe 1-11. Verduidelik waarom dit nie noodwendig as ’n kompromis beskou moet word as ouers instem dat ’n dokter hulle kind behandel onder die omstandighede wat in paragrawe 5-7 beskryf word nie.

20 min: Hoe om ons Bybelstudente te help. Bespreking met gehoor waarin daar beklemtoon word hoe belangrik dit is om nie net die studie te hou nie maar bykomende hulp aan Bybelstudente te verleen (1 Thess. 2:8). Ruim ekstra tyd in om ’n hartgrondige begeerte by hulle aan te kweek om vergaderinge by te woon en ’n deelname daaraan te hê. Bou waardering op vir die organisasie en die internasionale broederskap deur te verduidelik wat kringbyeenkomste, spesiale byeenkomsdae en streekbyeenkomste behels. Jy kan saam met jou Bybelstudente na die video’s Jehovah’s Witnesses—The Organization Behind the Name, Purple Triangles en The Bible—Accurate History, Reliable Prophecy kyk en hulle vra wat hulle daaruit geleer het. Toon mettertyd hoe hulle ander informeel kan vertel van wat hulle leer. Bybelstudente wat aan die vereistes op bladsy 98 en 99 van Ons bediening-boek voldoen en wat graag aan die openbare bediening wil deelneem, moet gehelp word om ongedoopte verkondigers te word. Dit is belangrik dat jy tydens en ná die studie tyd daaraan bestee om studente te help sodat hulle ’n begeerte ontwikkel om hulle toe te wy en te laat doop. Jy kan vir studente prente of koerantartikels wys oor doopplegtighede by ons byeenkomste. Demonstrasie: Verkondiger help Bybelstudent met informele getuieniswerk. Kies gesprekspunte uit die Paradys op aarde-boek en sê: “Dit sal goed wees as jy daardie gedagte aan van jou familielede of bure kan oordra. Jy kan miskien vir hulle sê dat jy iets uit die Bybel geleer het wat jy nooit geweet het nie.” Spoor verkondigers aan om Bybelstudente te help en liefdevol na hulle om te sien selfs nadat hulle gedoop is.

Lied 123 en slotgebed.

Week wat begin met 15 Maart

Lied 72

10 min: Plaaslike aankondigings asook rekeningverslag en erkenning van bydraes. Verwys na “’n Tydige boodskap” op bladsy 8. Moedig almal aan om te let op die titel van die spesiale toespraak op 28 Maart en belangstellendes te nooi.

15 min: “Help almal wat reeds belangstelling getoon het.” Toespraak met ’n mate van gehoordeelname. Bespreek die gemelde tekste na gelang van die tyd. Demonstreer die wenk in paragraaf 3. Beklemtoon hoe belangrik dit is om die belangstelling aan te kweek van dié wat vir die eerste keer bywoon.

20 min: “Hoe om julle kinders teen die misbruik van bloed te beskerm.” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 12-28. Lê nadruk op die antwoorde op vrae wat in paragrawe 12 en 20 verskyn. Beklemtoon dat dit dikwels die sleutel tot sukses is om ’n bloedoortapping te voorkom as ouers vooraf voorbereidsels tref wanneer hulle mediese behandeling vir hulle kind kry.

Lied 32 en slotgebed.

Week wat begin met 22 Maart

Lied 66

10 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om te beplan vir groter deelname aan die bediening gedurende April.

20 min: Sien om na die bejaardes. Bespreking en onderhoude deur twee broers. By die “Ligdraers”-Streekbyeenkoms was daar Sondagoggend ’n simposium met die titel “Sien om na mekaar in die Christengesin”. Die slotgedeelte “deur na die bejaardes om te sien” het beklemtoon watter waardevolle bydrae bejaardes in die gesin en in die gemeente lewer (Spr. 16:31, NW). Op watter maniere kan ons die bejaardes help? Die familie dra die grootste verantwoordelikheid (1 Tim. 5:3, 4, 8, 16). Geduld en medelye is nodig. Volwasse kinders en kleinkinders het die geleentheid om waardering te toon vir die jare van liefde, werk en sorg wat ouers en grootouers in die verlede gegee het (wAF87 6/1 13-18). Die gemeente kan ook die bejaardes help. Party moet dalk gehelp word om aansoek te doen vir staatshulp. Toon gasvryheid deur hulle vir maaltye en na gesellighede uit te nooi (Rom. 12:13). Help hulle in die veldbediening. Voorsien vervoer na vergaderinge en byeenkomste. Help hulle met hulle inkopies en die versorging van hulle woonplek (wAF87 6/1 4-7). Betoon altyd respek teenoor bejaardes (1 Tim. 5:1, 2). Voer ’n onderhoud met een of twee bejaardes wat ’n goeie voorbeeld stel. Toon hoe hulle baat gevind het by die vriendelikheid wat hulle familie en die gemeente teenoor hulle betoon.

15 min: Ouere man voer ’n onderhoud met drie of vier verkondigers wat gedurende April as hulppioniers gaan dien of wat dit in die verlede gedoen het. Wat het hulle beweeg om hulppionierdiens te doen? Wat het hulle vir April beplan? Hoe het die hulppionierdiens hulle persoonlik gehelp? Moedig almal aan wat beplan om volgende maand hulppionierdiens te doen om ’n aansoekvorm te kry en dit so gou moontlik in te gee.

Lied 172 en slotgebed.

Week wat begin met 29 Maart

Lied 105

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om belangstellendes en Bybelstudente na die Gedenkmaalviering te nooi. Maak goeie gebruik van die gedrukte uitnodigings. Moedig verkondigers aan om netjies in drukskrif op die uitnodiging te skryf hoe laat en waar die Gedenkmaal gevier sal word. Hersien die reëlings vir die spesiale tydskrifdag op Saterdag, 3 April.

25 min: “Ons vier die dood wat ons die hoop op die ewige lewe bied.” Vraag-en-antwoord-dekking deur presiderende opsiener. Dek ook die materiaal in die venster “Ter voorbereiding vir die Gedenkmaal”. Hou ná die bespreking van paragraaf 5 van die artikel ’n demonstrasie waarin ’n verkondiger ’n Bybelstudent na die Gedenkmaal nooi. Verkondiger verduidelik die reëling om gekose Bybelverse gedurende die tydperk van 1-6 April te lees en bied vervoer aan.

10 min: Bied Die Wagtoring gedurende April aan. Vestig die aandag op spesifieke gesprekspunte en onderwerpe wat gedurende die maand gebruik kan word. Wees wakker om telkens die huisbewoner se aandag op punte in die tydskrif te vestig.

Lied 87 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel