Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/93 bl. 1
  • Hou aan sê: “kom!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hou aan sê: “kom!”
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Verkondig ‘die woorde van die profesie’
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Help ander om op die Koninkryksboodskap ag te slaan
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Openbaring—Geheime word ontsluit
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    Ons Koninkryksbediening—2006
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 3/93 bl. 1

Hou aan sê: “kom!”

1 Wat ’n wonderlike voorsiening het Jehovah deur Jesus se losprysoffer gemaak! Ons vind dat dit die grondslag is van alles wat nodig is om mense werklik gelukkig te maak (Joh. 3:16). Maar ongelukkig het baie min hierdie waarheid leer ken en dit geglo. Jehovah het nogtans uit sy liefdevolle besorgdheid oor die mensdom gereël dat hierdie goeie nuus oral aan mense bekend gemaak word. Hy bied deur sy Seun, Jesus Christus, aan almal die geleentheid om geluk en die hoop op die ewige lewe te vind.—Joh. 17:3.

2 Die identiteit van die Een wat die mensdom van sonde en die dood sou loskoop, was duisende jare lank onbekend. Dit was ’n “verborgenheid” tot Christus Jesus gekom het en “die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie [“goeie nuus”, NW]” (Rom. 16:25; 2 Tim. 1:10). Jesus se volgelinge het die verkondiging van hierdie goeie nuus in die eerste eeu gedoen; nou het ons wat in hedendaagse tye lewe die verhewe voorreg om hierdie selfde goeie nuus te verkondig. Wanneer ons die Koninkryksboodskap verkondig, werk ons saam met Jehovah God, Jesus Christus en die broers van Christus wat mense van alle stande nooi deur te sê: “Kom! . . . neem die water van die lewe verniet.”—Openb. 22:17.

3 Nie almal sal natuurlik aan hierdie goeie nuus gehoor gee nie. Baie min skenk noukeurig aandag daaraan. Sommige tree onbeskof op teenoor God se knegte, wat hulle nooi om by hierdie lewegewende waters van die waarheid baat te vind. Deur die krag wat ons van Jehovah ontvang, hou ons vol met hierdie werk. Ons weet dat dit Jehovah behaag en sy seën tot gevolg het as ons gewillig is om oor die waarheid te praat en almal te help wat gehoor gee.

4 In ons bediening gedurende Maart sal ons waarheidsoekers aanmoedig om die Openbaring-boek te lees en hulle in die hoop te verheug wat dit in die vooruitsig stel. Hulle sal baie seëninge ontvang as hulle dit doen. Die boek Openbaring handel per slot van rekening oor die toekoms—hulle toekoms en ons s’n. Sommige wat nou toegewyde knegte van Jehovah is, het aanvanklik in die waarheid begin belangstel nadat hulle verduidelikings van die boek Openbaring in een van die Genootskap se publikasies gelees het. Aangesien ons onlangs self ’n deeglike studie van die Openbaring-boek gemaak het, besef ons hoe belangrik dit is vir regskapenes wat na die waarheid honger. Wanneer ons sulke mense in ons bediening vind, moet ons een of twee glanspunte van die Openbaring-boek onder hulle aandag probeer bring om aan hulle die waarde daarvan te toon. Ons kan onder andere hulle aandag vestig op die boek se duidelike uiteensettings van Bybelprofesieë wat in hierdie 20ste eeu vervul word, soos die merkwaardige profesie oor die simboliese perderuiters wat in die sesde hoofstuk van Openbaring beskryf word.

5 Dit is heel gepas dat ons oor Jehovah se liefdevolle voorsienings vir die mensdom praat terwyl ons ons voorberei om die herdenking van Christus se dood op 6 April te vier. Of mense nou luister of nie, ons sal voortgaan om ons godgegewe toewysing uit te voer en dié hartverblydende uitnodiging te rig aan enigeen wat wil luister: “Kom! . . . neem die water van die lewe verniet.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel