Diensvergaderinge vir Mei
Week wat begin met 3 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Meld die spesiale velddiensreëlings vir die openbare vakansiedae gedurende Mei.
20 min: “Neem met welslae aan ons lewensreddende bediening deel.” Toespraak en demonstrasies. Ná ’n kort inleiding moet drie demonstrasies ingelei word wat op paragrawe 2-5 gegrond is. Vra die gehoor ná elke demonstrasie hoe die aanbieding by verskillende situasies in die plaaslike gebied aangepas kan word. Sluit af deur die broers aan te moedig om hierdie naweek ten volle aan die bediening deel te neem.
15 min: Die belangrikheid van die gesin se geestelikheid. Toespraak deur ouere man. Bespreek hoe belangrik dit is dat die gesin die dagteks bespreek, en toon hoe dit onder verskillende omstandighede en met verskillende gesinsroosters gedoen kan word. Beklemtoon ook hoe belangrik dit is dat die gesin ten minste een keer per dag saam bid. Dit kan slapenstyd gedoen word. Dieselfde beginsels sal in verdeelde gesinne, eenouergesinne en gesinne sonder kinders geld. Voorbereiding as ’n gesin speel ook ’n rol om die gemeentelike vergaderinge elke week ten beste te benut sowel as om ander se geloof te versterk.—Hebr. 10:23-25.
Lied 104 en slotgebed.
Week wat begin met 10 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Voer onderhoude met verkondigers wat reeds intekeninge verkry het. (Hulle moet met die hulp van die broer wat die intekeninge in die gemeente hanteer voor die tyd in kennis gestel word.)
15 min: “Bied die uitdaging van die huis-tot-huis-bediening die hoof.” Vrae en antwoorde. Lees en pas die teksverwysings toe.
20 min: “Laat ons na die huis van Jehovah gaan.” Vraag-en-antwoord-dekking van paragrawe 1-8 van byvoegsel. Hersien kortliks die glanspunte van publikasies wat in paragraaf 7 gemeld is. Laat ’n bekwame verkondiger demonstreer hoe ’n nuwe persoon gehelp kan word om te verstaan waarom ons in gemeentes georganiseer is (wAF84 11/1 bl. 15 par. 6, 7). Beklemtoon aspekte van ons vergaderinge wat in skerp teenstelling is met die Christendom se kerkdienste. Moedig diegene aan wat Bybelstudies hou om elke week ’n kort bespreking te hou om die student te help om groter waardering vir die organisasie en die belangrikheid om ’n deel daarvan te wees aan te kweek.
Lied 134 en slotgebed.
Week wat begin met 17 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings asook rekeningverslag en erkenning van bydraes. Prys die gemeente vir hulle geldelike ondersteuning van die plaaslike gemeente asook die Genootskap se wêreldwye werk.
20 min: “Gaan met vreugde terug om belangstellendes te help.” Bespreking met gehoor en demonstrasies. Beklemtoon die belangrikheid daarvan om deeglike aantekeninge te maak van belangstelling wat gevind is. Reël vir twee demonstrasies uit die materiaal in paragrawe 3-6. Dit moet by die plaaslike omstandighede pas en na gelang van die behoefte aangepas word.
15 min: “Laat ons na die huis van Jehovah gaan.” Vraag-en-antwoord-dekking van paragrawe 9-14 van byvoegsel. Laat verkondiger demonstreer hoe om met iemand te praat wat huiwer deur die wenke in paragrawe 12 en 13 te gebruik.
Lied 54 en slotgebed.
Week wat begin met 24 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner gemeente aan spesiale velddiensreëlings vir Maandag, 31 Mei.
20 min: “Jongmense—Rig julle voetstappe op ’n bekwame wyse.” Vraag-en-antwoord-dekking van materiaal. Hou ná paragraaf 3 kort demonstrasie met ’n jonger verkondiger wat ’n ouer persoon vra om saam met hom velddiens te doen. Ouer verkondiger neem die uitnodiging graag aan en stel voor dat hulle hulle aanbiedings hersien voordat hulle saam werk.
15 min: Bespreking deur diensopsiener van voorbereidsels vir die ontoegekendegebied-kampanje vir 1993. Bespreek die Genootskap se brief van 1 April 1993 oor die kampanje. Stel die gemeente in kennis van die reëlings wat deur die liggaam van ouere manne getref word. (Gemeentes wat nie aan die ontoegekendegebied-kampanje deelneem nie, kan plaaslike behoeftes bespreek, wat hulle gebied insluit wat selde gedek word.)
Lied 223 en slotgebed.
Week wat begin met 31 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Stel gesprekspunte voor in die Grootste mens-boek wat in Junie gebruik kan word. Moedig verkondigers aan om wenke vir velddiens agterop Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1992 te hersien.
10 min: Vraebus. Toespraak deur ouere man.
15 min: Sal jy gedurende die komende maande hulppionierdiens doen? Voer ’n onderhoud met sommige wat gedurende Maart en April hulppionierdiens gedoen het. Watter voordele het hulle uit die hulppionierdiens geput? Hoe het hulle velddiens verbeter? Het hulle enige produktiewe Bybelstudies of tydskrifroetes begin? Enige ander voordele? Moedig jongmense en ander aan wie se omstandighede hulle moontlik toelaat om daaraan te dink om hulle vakansietye ten beste te benut. Veral skoolgaande verkondigers moet probeer om gedurende die komende skoolvakansie pionierdiens te doen. Voer ’n onderhoud met een of twee skoolgaande verkondigers wat in die verlede hulppionierdiens gedoen het. Sommige kan dalk help om gebied waarin daar selde gewerk word of ontoegekende gebied gedurende die komende maande te dek.—2 Kor. 9:6b.
10 min: Vergewe God ons sondes? Twee ouere manne berei voor vir ’n herdersbesoek. Hulle bespreek hoe om ’n broer te help wat hom nog bekommer oor sondes wat hy in die verlede gepleeg het en wat wonder of God hom vergewe het. Ouere manne hersien die materiaal in die Redenering-boek, bladsye 61-64, en ook die Insight-boek, Deel 1, bladsye 861-2. Hulle bespreek die belangrikheid daarvan dat hulle vriendelik teenoor hierdie broer moet optree en Jehovah se genade en bereidwilligheid om te vergewe, moet beklemtoon. Hulle besluit ook om dit te beklemtoon dat die broer uit sy eie ook iets moet doen; belydenis op sigself is nie genoeg nie. Ouere manne sal aanbied om van tyd tot tyd te hoor hoe dit met die broer gaan en sodoende aanhou om geestelike hulp te verleen.
Lied 214 en slotgebed.