Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/93 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Augustus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Augustus
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 2 Augustus
  • Week wat begin met 9 Augustus
  • Week wat begin met 16 Augustus
  • Week wat begin met 23 Augustus
  • Week wat begin met 30 Augustus
Ons Koninkryksbediening—1993
km 8/93 bl. 2

Diensvergaderinge vir Augustus

Week wat begin met 2 Augustus

Lied 63

10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek gesprekspunte uit die nuutste tydskrifte. Moedig almal aan om hierdie naweek aan die velddiens deel te neem.

10 min: “’n Goeie rapport vir April!” ’n Hartlike, motiverende bespreking deur die sekretaris. Meld plaaslike gemeente se bedrywighede gedurende April. Moedig almal aan om elke week aan die velddiens deel te neem en stiptelik aan die einde van Augustus te rapporteer. Verduidelik waarom dit so belangrik is om ’n gereelde verkondiger van die goeie nuus te wees. Meld die potensiaal vir ongedoopte verkondigers in die gemeente.

10 min: Beklemtoon die nut van die Paradys op aarde-boek. Getalle kan genoem word om aan te dui watter vermeerdering plaasgevind het gedurende die jare wat hierdie boek gebruik is. Baie het die waarheid geleer deur hierdie boek te bestudeer. Voer ’n onderhoud met een of twee verkondigers wat hierdie boek bestudeer het toe hulle in die waarheid gekom het. Laat hulle vertel wat hulle daaruit geleer het en hoe dit in die velddiens gebruik kan word. Moedig broers aan om dit entoesiasties aan te bied.

15 min: “Telefoon-getuieniswerk—’n Manier om baie te bereik.” Vraag-en-antwoord-bespreking van die eerste 13 paragrawe van die byvoegsel. Lees gekose paragrawe soos die tyd toelaat. Herinner die gemeente daaraan om die oorblywende sewe paragrawe vir volgende week voor te berei.

Lied 193 en slotgebed.

Week wat begin met 9 Augustus

Lied 70

10 min: Plaaslike aankondigings, onder andere die rekeningverslag en erkenning van bydraes. Prys gemeente vir hulle finansiële ondersteuning van die plaaslike gemeente asook die Genootskap se wêreldwye werk.

15 min: “Telefoon-getuieniswerk—’n Manier om baie te bereik.” Vraag-en-antwoord-dekking van paragrawe 14-20. Lees gekose paragrawe soos die tyd toelaat. Vra die gehoor om kommentaar te lewer oor die verwysing na die Redenering-boek in paragraaf 16.

20 min: “Streef daarna om ’n luisterende oor te vind.” Bespreek met gehoor. Beklemtoon hoe belangrik dit is om elke huisbewoner as ’n individu te behandel met die doel om ’n bespreking met hom te hê. Demonstreer kort aanbiedings wat op die wenke in paragrawe 2 en 3 gebaseer is. Beklemtoon die gereelde gebruik van die tydskrifte in die velddiens.

Lied 71 en slotgebed.

Week wat begin met 16 Augustus

Lied 20

5 min: Plaaslike aankondigings.

20 min: “Gaan terug om mense te leer hoe hulle vir ewig kan lewe.” Vraag-en-antwoord-dekking. Hou een demonstrasie van ’n herbesoek wat gebaseer is op die aanbieding uiteengesit in paragrawe 5 en 6.

20 min: “Vereistes vir die nuwe sowel as die ervare bedienaar.” Vraag-en-antwoord-bespreking deur ouere man. Sluit af met ’n hartlike, maar kort, opsomming van punte wat op die behoeftes van die plaaslike gemeente van toepassing is.

Lied 6 en slotgebed.

Week wat begin met 23 Augustus

Lied 148

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.

20 min: “Soek ywerig na Bybelstudies.” Vraag-en-antwoord-dekking van artikel deur diensopsiener. Lees al die tekste wat aangegee word en pas hulle toe. Hersien die vooruitgang van Bybelstudiewerk in die gemeente gedurende die afgelope vyf jaar, en ontwikkel slotkommentare na aanleiding van plaaslike behoeftes.

15 min: Die belangrikheid van datums in ons studie van die Bybel. Hou, ná ’n kort toespraak oor die materiaal onder “Definisie” op bladsy 207 van die Redenering-boek, ’n gehoorbespreking oor die res van die informasie onder “Jaartalle”. Bespreek “Waarom sê Jehovah se Getuies dat God se Koninkryk in 1914 opgerig is?” Beklemtoon hoe hierdie informasie nuwelinge help om voorbereid te wees om die Koninkryksboodskap te verdedig.

Lied 43 en slotgebed.

Week wat begin met 30 Augustus

Lied 156

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreking van artikel “Die program vir die nuwe Spesiale Byeenkomsdag”. Moedig almal aan om vooruit te beplan sodat hulle gedurende die 1994-diensjaar die program vir die Spesiale Byeenkomsdag kan bywoon. Kondig datum en plek aan as dit bekend is. Moedig die gehoor ook aan om die naweek aan velddiensbedrywighede deel te neem.

20 min: “Wees heelhartig in jou diens.” Toespraak deur ouere man. Lewer gepaste kommentaar oor die verwysing na Die Wagtoring wanneer paragraaf 2 bespreek word. Lees ten slotte Maleagi 3:10 en maak ’n toepassing.

15 min: Bespreek die ontoegekendegebied-kampanje. Lig die gemeente in oor wat tot dusver bereik is en bespreek die reëlings vir die res van die kampanje. Voer ’n onderhoud met een of twee verkondigers wat ondervindinge het om vir die gemeente te vertel. Moedig almal hartlik aan om die kampanje ten volle te ondersteun. Gemeentes wat nie hierdie jaar in die ontoegekende gebied kan werk nie, kan plaaslike behoeftes bespreek. Bespreek die aanmoediging wat die kringopsiener gedurende sy laaste besoek gegee het. Herinner broers daaraan om seker te maak dat alle rapporte vir die 1993-diensjaar ingehandig is.

Lied 31 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel