Die Boek wat ware leiding bied
1 Gedurende hierdie eeu het die wêreld drasties verander. Hoewel daar op die gebied van kommunikasie, die geneeskunde en vervoer vooruitgang gemaak is, het die gehalte van die gesinslewe gaandeweg agteruitgegaan. Miljoene laat toe dat hulle gelei word deur die mens se filosofieë wat voortdurend verander.
2 In hierdie wêreldtoneel wat vinnig aan die verander is, het Jehovah se volk nog altyd grootliks daarby baat gevind om aan sy Woord gehoor te gee. Die Bybel bly al duisende jare lank onveranderd en bevat steeds die mees praktiese raad om probleme wat ons vandag ondervind die hoof te bied. Hoe kan ons belangstellendes help besef dat die Bybel ware leiding vir ons moderne tyd bied?
3 As jy die traktaat “Waarom jy die Bybel kan vertrou” tydens die eerste besoek gelaat het, kan jy teruggaan en sê:
◼ “Dink jy dat dit die moeite werd sal wees om meer omtrent die Bybel uit te vind, aangesien dit duidelik sê dat dit ’n boodskap is wat van God self af kom en dat hy vir ons die ewige lewe aanbied as ons daarin glo en daarvolgens lewe? [Laat huisbewoner antwoord.] Let op wat die Bybel oor die huidige wêreldstelsel van dinge voorspel. [Lees 2 Timotheüs 3:1-5 op bladsy 5 van die traktaat.] Dink jy dit is ’n gepaste beskrywing van hoe die wêreld vandag daar uitsien? [Laat huisbewoner antwoord.] Is daar enige grondige rede om beter toestande in die toekoms te verwag?” Jy kan dan die grondslag vir die volgende besoek lê deur die laaste twee paragrawe van die traktaat te bespreek of deur bladsy 161 van die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? te gebruik en die wonderlike hoop te beklemtoon wat die Bybel vir die mensdom voorhou.
4 As die huisbewoner in die praktiese waarde van die Bybel belanggestel het en jy op spesifieke beginsels in hoofstuk 12 van die boek “Die Bybel—God se woord of die mens s’n?” gewys het, kan jy sê:
◼ “Ons stel belang in dinge wat vandag vir ons van praktiese waarde is, nie waar nie? Stem jy saam dat dit prakties sal wees om ’n einde aan oorloë te maak? [Laat huisbewoner antwoord.] Dit sal ’n goeie begin wees as mense leer om in vrede met ander nasies saam te leef, nie waar nie? [Laat huisbewoner antwoord.] Dit is presies wat die Bybel voorspel. [Lees Jesaja 2:2, 3.] Het jy al ooit gewonder hoe en wanneer dit sal gebeur?” Verduidelik dat jy hierdie vraag graag verder wil bespreek wanneer dit vir die huisbewoner geleë sal wees.
5 As jy die “New World Translation” gelaat het, kan jy teruggaan en sê:
◼ “Terwyl jy die Bybel gelees het wat ek by jou gelaat het, het jy dalk opgemerk dat dit God se persoonlike naam deurgaans gebruik. Dit is ’n belangrike verbetering teenoor baie ander Bybelvertalings. Hoewel party mense dalk huiwerig is om die naam Jehovah te gebruik, moet ons in gedagte hou dat hy sy naam lank gelede aan sy knegte geopenbaar het en hulle aangemoedig het om dit te gebruik om hom as die ware en lewende God te identifiseer. Let op wat die psalmis in Psalm 83:18 (NW) geskryf het.” Lees die teks, en laat die huisbewoner toe om kommentaar te lewer. Na gelang van die belangstelling wat getoon word, kan jy bykomende inligting gebruik wat onder die opskrif “Jehovah” op bladsy 212 van die Redenering-boek begin.
6 Net die Bybel voorsien die leiding wat die mens nodig het (Jer. 10:23). Om God se Woord te bestudeer, is die enigste manier waarop ons van Sy voornemens kan leer en Sy guns kan verkry. Ons moet derhalwe ywerig daarna streef om ander te nooi om by die verstandige raad en praktiese advies daarin baat te vind.