Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 3 Januarie tot 18 April 1994. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Mense wat God se guns geniet, word nooit deur rampspoed getref nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF92 9/15 bl. 4.]
2. Volgens Nehemia 10:34 het die Wet houtoffers vereis. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF86 2/15 bl. 26.]
3. Job se woorde ter verdediging in Job 31:1 kom ooreen met wat Jesus in Mattheüs 5:27, 28 gesê het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF79 3/15 bl. 23.]
4. Job het meer as 1 500 jaar voor Christus die hoop op ’n opstanding uitgespreek. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien Job 14:13 en wAF93 4/15 bl. 11.]
5. Die Fariseërs en die skrifgeleerdes het die Hebreeuse uitdrukking ʽam ha ’aʹrets, “mense van die land [aarde]”, gebruik wanneer hulle van die gewone mense gepraat het en het hulle soos ’n voetmat behandel. [gtAF hfst. 85]
6. Die verslag in Ester 1:10-12 kan ’n persoon met onderskeidingsvermoë help om te besef dat onderdanigheid en gehoorsaamheid van groter waarde as skoonheid is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF79 6/1 bl. 8.]
7. Godvrugtige toegewydheid openbaar liefdevolle gehegtheid aan Jehovah as gevolg van waardering vir hom en sy weë. [uwAF bl. 19 par. 15]
8. Die Bybelverslag in Lukas 16:19-31 van die ryk man en Lasarus is ’n ware lewensverhaal. [gtAF hfst. 88]
9. Toe Jesus in Lukas 16:9 (NW) na “onregverdige rykdom” verwys. het, het hy van rykdom gepraat wat op ’n onwettige wyse bekom is. [gtAF hfst. 87]
10. In Lukas 17:34, 35 beteken om ‘aangeneem te word’ vernietiging. [gtAF hfst. 93]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Watter twee belangrike vrae word in Job behandel? [siAF bl. 95 par. 1]
12. Hoe help die verklaring in Job 1:8 ons om die tyd van Job se beproewing te bepaal? [siAF bl. 95 par. 4]
13. Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het dat sy volgelinge hulle familielede moet “haat”? (Luk. 14:26). [gtAF hfst. 84]
14. Wanneer en ten opsigte van wie sal Jesus se woorde in Johannes 11:26 in ’n baie letterlike sin geld? [gtAF hfst. 90]
15. Waarom was die opwekking van Lasarus uit die dood ’n besonder kragtige slag vir die Sadduseërs? [gtAF hfst. 91]
16. Hoe moet ons Jesus se antwoord aan die Fariseërs verstaan toe hy gesê het: “Die koninkryk van God is in julle midde”? (Luk. 17:21, NW). [gtAF hfst. 93]
17. Watter gesindheid van die Fariseërs, wat in Lukas 18:11, 12 geopenbaar word, moet Christene vermy? [gtAF hfst. 94]
18. Waarom het Jesus beswaar gemaak toe die ryk jong owerste hom “goed” noem, aangesien hy wél ’n volmaakte man was wat nooit gesondig het nie? (Mark. 10:17,18). [gtAF hfst. 96]
19. Wat is twee sleutelfaktore wat tot ware Christelike eenheid bydra? [uwAF bl. 8 par. 8]
20. Waarom is dit verstandig om iemand wat sê dat hy in die Drie-eenheid glo te nooi om hom oor die onderwerp uit te spreek voordat ons die Drie-eenheid verkeerd bewys? [uwAF bl. 16 par. 10]
Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:
21. Die “puinhope” waarna Job 3:14 verwys, was ․․․․․․․. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w79 4/15 bl. 31.]
22. Soos die Jode van Ester se dag beroep Jehovah se Getuies hulle tereg op ․․․․․․․ vir beskerming teen vyande. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF86 3/15 bl. 25.]
23. Hoewel sowat ․․․․․․․ mense as “sekretarisse” gebruik is om die Bybel op skrif te stel, is ․․․․․․․ self die Outeur daarvan. [uwAF bl. 20 par. 2]
24. Die gees van onafhanklikheid het sy oorsprong ․․․․․․․ by gehad. [uwAF bl. 10 par. 10]
25. Nehemia sluit sy boek af met die eenvoudige en nederige versoek: ․․․․․․․. [Weeklikse Skrifgedeelte]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:
26. Jesus se dissipels is die sout van die aarde in die sin dat hulle (vervolging moet verduur; met sagmoedigheid moet praat; ’n preserverende invloed op mense het). [gtAF hfst. 84]
27. Die teks in Johannes 1:1 verwys na (een; twee; drie) persoon/persone. [uwAF bl. 16 par. 11 (3)]
28. Om God se naam te ken, beteken volgens Psalm 9:11 om (net die naam Jehovah te ken; ’n mate van kennis oor sy voornemens te hê; sy gesag te respekteer en sy bevele te gehoorsaam). [uwAF bl. 18 par. 14]
29. Lasarus, Martha en Maria het in (Jerusalem; Betlehem; Betanië) gewoon. [gtAF hfst. 89]
30. In Genesis 1:1 en 1:26 is die Hebreeuse woord wat met “God” vertaal word (’Adho·naiʹ; ’Elo·himʹ; Shad·daiʹ), [uwAF bl. 17 par. 11 (4)]
Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:
Neh. 13:23-27; Est. 1:17-20; Job 14: 14, 15; 26:7; Spr. 3:5, 6
31. Die aarde rus nie op iets sigbaars wat dit in sy posisie hou nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF92 5/15 bl. 5.]
32. Aanbidders van die ware God wat ’n huweliksmaat soek, moet slegs met ’n medegelowige trou wat in ’n toegewyde verhouding met Jehovah is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF89 6/1 bl. 14.]
33. Jehovah wil die dooies baie graag opwek. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 5/1 bl. 7.]
34. Ons hele lewensweg moet daarvan getuig dat ons denke en ons beweegredes godgeoriënteerd is. [uwAF bl. 10 par. 11]
35. Oneerbiedigheid teenoor regmatige gesag kan ’n slegte uitwerking op ander hê. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF79 6/1 bl. 8.]