Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/95 bl. 1
  • Volg ons Voorbeeld as ligdraers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Volg ons Voorbeeld as ligdraers
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Kom na die “Ligdraers”-Streekbyeenkoms
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Wie volg die lig van die wêreld?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • ‘Laat julle lig skyn’
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • “Laat julle lig . . . skyn”
    Ons Koninkryksbediening—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 5/95 bl. 1

Volg ons Voorbeeld as ligdraers

1 Jesus het omtrent homself gesê: “Ek is die lig van die wêreld.” Deur sy voorbeeld te volg, was Jesus se dissipels ook “die lig van die wêreld” (Matt. 5:14). As “die lig van die wêreld” kon Jesus sê dat almal wat hom volg “die lig van die lewe” besit (Joh. 8:12). Dit maak van ons geestelike ligdraers, wat nooit moet toelaat dat enigiets daardie lig verberg of verdof nie.

2 Jehovah se organisasie voorsien opleiding om vir ons te toon hoe om bekwame ligdraers te wees. As ons die raad en leiding wat ons ontvang nougeset volg, sal ons Koninkrykswaarheid aan alle soorte mense kan verkondig (1 Tim. 4:6). Om as ligdraers te dien, beteken nie net om by elke geleentheid oor die waarheid te praat nie, maar ook om as Christene goeie gedrag te handhaaf. Ons Voorbeeld se gedrag was onberispelik. As sy volgelinge moet ons bewys dat die ware Christelike geloof ons alledaagse lewenswyse is (Ef. 5:9; Tit. 2:7, 8, 10). Ons moet voortreflike werke voortbring wat ander kan sien en wat hulle sal beweeg om God te verheerlik.—Matt. 5:16.

3 Een Getuie is iets ongewoons gevra terwyl hy van huis tot huis gegaan het. Die huisbewoner en sy vrou was taamlik siek, maar hulle moes geld by die bank deponeer. Hulle het gevra of die Getuie dit sou doen. Hy het ingestem en is R7 250 in kontant gegee om bank toe te neem! Toe hy teruggaan, het hy gevra: “Hoe kon julle my vertrou sonder dat julle my ken?” Die antwoord: “Ons weet, en almal weet, dat Jehovah se Getuies die enigste mense is wat vertrou kan word.” Hoe dankbaar kan ons tog wees dat die streng onderhouding van die Bybel se sedelike beginsels tot die eer van God bygedra het!

4 ’n Graad een-onderwyseres het aan haar klas verduidelik waarom ’n sesjarige Getuieleerling nie prente van Allerheiligeaand inkleur nie. Die onderwyseres het gesê dat sy baie trots op haar is omdat sy die moed gehad het om anders te wees as gevolg van dit wat sy glo. As ons vaste geloof in iets het, het die onderwyseres gesê, moet ons die moed hê om dit te verdedig. Daardie aand het die onderwyseres haar eie opvattings ondersoek en moes sy erken dat sy nie dieselfde moed getoon het om haar oortuiging te verdedig nie. Die volgende dag het sy gesê dat sy haar klas nie in enige toekomstige vakansiedagvierings sal betrek nie, aangesien daar party is waaraan sy self nie glo nie!

5 Jehovah se volk is gretig om hulle lig te laat skyn, ongeag waar hulle is. Die voorbeeldige gedrag van kinders by die skool het ’n gunstige indruk op skoolmaats en onderwysers gemaak. Die goeie gedrag wat volwasse Getuies in die buurt openbaar, lei daartoe dat ander goed praat van die Koninkryksboodskap. Informele getuieniswerk onder allerhande omstandighede trek opregte mense aan wat meer wil leer. Selfs ons ywer en eerlikheid by ons sekulêre werk is ’n getuienis. Ja, ongeag waar ons is of wat ons doen, ons kan belangstelling in die waarheid wek.

6 Deur ons oë gevestig te hou op die onberispelike lewenspatroon van ons groot Voorbeeld, kan ons aanhou om ons vaardighede as sy dissipels te vervolmaak. As ons sy voorbeeld navolg, sal ons seker maak dat ons lig ‘op almal skyn’.—Matt. 5:15; 1 Pet. 2:21.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel