Diensvergaderinge vir Mei
Week wat begin met 1 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lig gemeente in oor velddiensreëlings vir openbare vakansiedae in Mei. Aangesien ons graag ’n nuwe verkondigerhoogtepunt vir April wil bereik, moet almal, met inbegrip van die nuwe ongedoopte verkondigers, asseblief daaraan herinner word om hulle velddiensrapporte vir April onmiddellik in te gee. Die sekretaris en boekstudiehouers moet ook seker maak dat alle laat velddiensrapporte vir vorige maande ingegeeis.
15 min: “Goeie nuus vir die sagmoediges.” Bespreek artikel met gehoor en demonstreer dan een of twee aanbiedings.
20 min: “’n Spesiale Koninkryksnuus vir almal.” Toespraak en gehoorbespreking deur diensopsiener. Hersien wat daar tot dusver bereik is met die verspreiding van die Koninkryksnuus, en lê veral klem op die goeie ondersteuning van velddiensreëlings en deelname van nuwelinge wat vir die eerste keer velddiens doen. Doen verslag oor hoe die gebied gedek word; verduidelik wat gedoen moet word as ’n ander gemeente hulp gevra het. Moedig almal aan om ’n ekstra poging aan te wend omhulle voorraad Koninkryksnuus te versprei. Beklemtoon hoe belangrik dit is om ’n aantekening van belangstellendes te hou en herbesoeke te doen sodat ons Bybelstudies kan begin. Demonstreer die aanbieding wat voorgestel word.
Lied 55 en slotgebed.
Week wat begin met 8 Mei
15 min: Plaaslike aankondigings. “Jy kan ook goeie ondervindinge geniet!” Na gelang van tyd kan die gehoor genooi word om opbouende ondervindinge te vertel wat hulle met die aanbieding van die Koninkryksnuus geniet het.
15 min: Plaaslike behoeftes. Of ’n toespraak oor die artikel “Hoe Christene openbare smaad die hoof bied” in Die Wagtoring van 1 April 1995, bladsye 26-9.
15 min: Demonstreer hoe ’n gesin die 1995 Yearbook gebruik. Die vader lei ’n bemoedigende bespreking van die inleiding op bladsye 3-11 met sy gesin. Sluit af deur reëlings vir gesin uit een te sit om elke week ’n paar bladsye van die jaarboek te lees.
Lied 60 en slotgebed.
Week wat begin met 15 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: “Volg ons Voorbeeld as ligdraers.” Vrae en antwoorde.
20 min: Waar is ons geliefdes wat gesterf het? Gesinsbespreking. Gesinshoof gebruik gekose materiaal op bladsye 84-7 van Redenering-boek om oor die dood van ’n huisvriend te gesels. Hy spits hom daarop toe om sy kinders te help om die Bybel se beskouing te verstaan. Hy stel vrae om seker te maak dat hulle verstaan wat die dood beteken en dat hulle hulle na gelang van hulle ouderdom goed kan uitdruk. Hy wys hulle ook hoe hulle die nuwe brosjure Wanneer ’n geliefde sterf kan gebruik om ander te vertroos.
Lied 45 en slotgebed.
Week wat begin met 22 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig hulppionierdiens aan. Kan ’n onderhoud voer met ’n paar wat gedurende April hulppionierdiens gedoen het. Hersien die vereistes wat uiteengesit word in die boek Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsye 113-14.
15 min: “’n Merkwerk wat reddingmeebring.” Gehoorbespreking. Sluit een of twee demonstrasies in om te toon hoe herbesoeke gedoen kan word.
20 min: Is jy heelhartig in jou bediening? Bespreking deur diensopsiener. Kan inligting insluit wat oor hierdie onderwerp by die onlangse Koninkryksbedieningskool vir ouer manne bespreek is. Wat beteken dit om Jehovah heelhartig te dien? Is dit verstandig om ons diens met dié van ander te vergelyk? (Vergelyk Lukas 21:1-4 met Markus 14:3, 6-9; Matteus 13:18, 23.) Word ons diens deur liefde vir Jehovah en ons medemens aangevuur? (Matt. 22:37-39). Ouer manne en bedieningsknegte asook hulle gesinne word aangemoedig om ’n voorbeeld van heelhartige diens in die veld te stel. Volg jy hulle goeie voorbeeld na? Sluit ’n paar plaaslike ondervindinge in wat toon dat Jehovah die pogings van sy heelhartige bedienaars ryklik seën. (Sien ook w90-AF 1/1 bl.7; w89-AF 1/1 bl. 31.)
Lied 74 en slotgebed.
Week wat begin met 29 Mei
15 min: Plaaslike aankondigings. Gee wenke wat verkondigers sal aanmoedig om ’n Bybelteks as ’n deel van hulle aanbieding by die huise te probeer lees. Baie mense het ontsag vir die Bybel en is gewillig om te luister wanneer dit gelees word. Dit bevat gesaghebbende raad en sal iemand wat opreg is, aanspoor. Dit is dalk gepas om die Bybel in jou hand te hou wanneer jy na die deur gaan. Tekste moet vlot en met gevoel gelees word. (Sien Skoolhandleiding, bladsye 32-3, paragrawe 12-15.) Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Mei in te gee, asook enige laat rapporte.
12 min: Vraebus. Vrae en antwoorde. Verduidelik waarom ons meer by die vergaderinge baat vind wanneer ons voor die tyd voorberei en al die toegewese studiemateriaal saam met ons neem.
18 min: Bied die Skepping-boek gedurende Junie aan. Vertel wat belangstellendes gesê het wat beïndruk was deur die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? (Sien Die Wagtoring, 15 Maart 1987, bladsy 32; 1 Mei 1986, bladsy 32; 1 September 1986, bladsy 31.) Vestig die aandag op die prente op bladsye6, 236-7, 243 en 245, en toon hoe dit gebruik kan word om gesprekke te begin. Laat ’n bekwame verkondiger ’n aanbieding demonstreer deur die gedagtes en tekste op bladsye 250-1 te gebruik om die keuse te verduidelik wat elkeen moet maak om die ewige lewe te verkry. Herinner almal daaraan om boeke te kry om hierdie naweek in die velddiens te gebruik.
Lied 63 en slotgebed.