Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/95 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Junie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Junie
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 5 Junie
  • Week wat begin met 12 Junie
  • Week wat begin met 19 Junie
  • Week wat begin met 26 Junie
Ons Koninkryksbediening—1995
km 6/95 bl. 2

Diensvergaderinge vir Junie

Week wat begin met 5 Junie

Lied 7

10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Hersien komende bedrywighede; herinner almal daaraan om in die diens besig te bly, by die vergaderinge te wees en hulle rapporte in te gee. Demonstreer, na gelang van die tyd, een of twee kort tydskrifaanbiedings wat hierdie week in die velddiens gebruik kan word.

15 min: “Jehovah gee krag.” Vrae en antwoorde. Vertel ondervinding in Die Wagtoring van 1 Februarie 1992, bladsy32.

20 min: “Jehovah is ons Skepper.” Bespreek met gehoor. Reël twee demonstrasies om te toon hoe die voorgestelde aanbiedings gebruik kan word. Sluit ’n paar kort wenke in oor hoe om herbesoeke te doen by diegene wat die Koninkryksnuus gedurende April en Mei geneem het.

Lied 17 en slotgebed.

Week wat begin met 12 Junie

Lied 221

10 min: Plaaslike aankondigings. Teo-kratiese nuus. Rekeningverslag.

17 min: “Christus as ’n Voorbeeld vir jongmense.” Vrae en antwoorde. Sluit opmerkings in uit Die Wagtoring van 1 September 1986, bladsye 4-6.

18 min: “Help diegene sonder geloof.” Gemeentelike Boekstudiehouer hersien artikel met twee of drie verkondigers en bespreek dan hoe om die materiaal te gebruik. Hulle oefen deur aanbiedings vir mekaar te demonstreer.

Lied 122 en slotgebed.

Week wat begin met 19 Junie

Lied 80

12 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek kortliks hoe belangrik dit is om herbesoeke te doen. Die vernaamste deel van ons onderrigtingswerk word gedoen wanneer ons teruggaan om belangstelling te kweek. Min mense kan met die lektuur alleen geestelik vordering maak. As ons versuim om terug te gaan, verbeur ons ons beste geleentheid om hulle te help. Herbesoeke lei tot Bybelstudies. Baie verkondigers het die beste resultate behaal deur eerder binne ’n dag of twee terug te gaan as om ’n week te wag.—Sien Ons Bediening-boek, bladsye 88-9.

18 min: Gee erkenning aan ander. Toespraak deur ouer man, gebaseer op Die Wagtoring van 1 Desember 1994, bladsye 28-30. Beklemtoon die belangrikheid daarvan om eer en liefdevolle besorgdheid aan ander in die gemeente te betoon.

15 min: “Benut jou tyd goed.” Vrae en antwoorde. Met betrekking tot die tyd wat bestee word om TV te kyk, kan wenke hersien word onder tussenhofie “Hoe om TV te beheers”, op bladsy 11 van die Ontwaak! van 22 Mei 1991.

Lied 208 en slotgebed.

Week wat begin met 26 Junie

Lied 75

15 min: Plaaslike aankondigings. Moet deur ’n ouer man behartig word. Hersien die gemeente se reëlings vir dieontoegekendegebied-kampanje. Bespreek hoe belangrik dit is om rapporte stiptelik aan die einde van die maand in die bussie vir Velddiensrapporte te plaas. Ons mik na ’n nuwe verkondigerhoogtepunt voor die einde van die diensjaar. Aangesien gereelde rapportering steeds ’n probleem in ons veld is, sal ons die samewerking van elke verkondiger in hierdie opsig waardeer. Die sekretaris en boekstudiehouers moet diegene wat nog nie gerapporteer het nie, bly herinner om dit dadelik te doen. Meld aan die gemeente hoeveel skoolgaande kinders en nuwelinge wat met die gemeente assosieer nog nie verkondigers is nie. Bespreek wat ouers en ander ervare verkondigers kan doen om hierdie mense te help om hulle standpunt vir die waarheid in te neem en as ongedoopte verkondigers te kwalifiseer. Die ouer manne en bedieningsknegte moet ’n lewendige belangstelling in hulle toon, veral op boekstudievlak, en hulle progressief help om vordering in die waarheid te maak.

15 min: Vraebus. Vrae en antwoorde moet deur Wagtoring-studiehouer behartig word. Lewer verder kommentaar wat gebaseer is op die Skoolhandleiding, bladsye 91-2.

15 min: Hersien lektuuraanbod vir Julie. Bespreek besondere kenmerke van die brosjures wat die gemeente in voorraad het. Reël dat verkondigers kortliks demonstreer hoe dit by die deur aangebied kan word. Voorbeelde: Gee God werklik vir ons om? (Blaai na bladsye 26-7, wys na die prente en bespreek een van die tekste oor die komende Paradys.) Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? (Blaai na bladsye 30-1, bespreek een van die tekste wat aangegee word en praat oor die prent.) Wanneer ’n geliefde sterf. (Vestig die aandag op vrae wat op bladsy2 geopper word en lewer dan kommentaar op een of twee vertroostende skriftuurlike gedagtes op bladsy31.) Sê vir die gemeente watter brosjures tans in voorraadis.

Lied 225 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel