Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/95 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Oktober

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Oktober
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 2 Oktober
  • Week wat begin met 9 Oktober
  • Week wat begin met 16 Oktober
  • Week wat begin met 23 Oktober
  • Week wat begin met 30 Oktober
Ons Koninkryksbediening—1995
km 10/95 bl. 2

Diensvergaderinge vir Oktober

Week wat begin met 2 Oktober

Lied 149

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

15 min: “Ons moet Jehovah altyd loof.” Vrae en antwoorde. Beklemtoon die toepassing van Bybeltekste wat aangegee en aangehaal word.

20 min: “Bied intekeninge by elke geleentheid aan.” Bespreek hoofgedagtes, en hersien dan artikels wat gebruik kan word om belangstelling in ’n intekening te wek. Reël vir twee of drie demonstrasies. Wanneer ’n intekening van die hand gewys word, kan twee tydskrifte aangebied word. Stel die gemeente in kennis van die Tydskrifdag vir die maand en nooi almal om ’n aandeel daaraan tehê.

Lied 153 en slotgebed.

Week wat begin met 9 Oktober

Lied 131

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

20 min: “‘Vreugdevolle Lowers’-Streekbyeenkoms vir 1995.” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 1-16.

15 min: “Bly ons wakker deur nie afgelei te word nie?” Vrae en antwoorde. Maak na gelang van tyd bykomende opmerkings wat op Die Wagtoring van 1 Mei 1992, bladsye 20-2, gegrond is.

Lied 128 en slotgebed.

Week wat begin met 16 Oktober

Lied 120

10 min: Plaaslike aankondigings. Vestig die aandag op die boekie Good News for All Nations, wat ’n aanbieding vir die veld in 59 tale voorsien. Moedig die broers aan om hierdie boekie te gebruik wanneer hulle mense in die gebied ontmoet wat ’n vreemde taal praat.

20 min: “‘Vreugdevolle Lowers’-Streekbyeenkoms vir 1995.” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 17-28. Hersien “Herinneringe in verband met die streekbyeenkoms”. Hersien na gelang van tyd gepaste besonderhede in “Vereenvoudiging by die 1995-Streekbyeenkoms”, wat in Ons Koninkryksbediening vir September 1995 verskyn het.

15 min: “Herbesoeke met ’n doel.” Bespreek ons doelwitte wanneer ons herbesoeke doen. Reël dat bekwame verkondigers twee verskillende aanbiedings demonstreer.

Lied 130 en slotgebed.

Week wat begin met 23 Oktober

Lied 100

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.

15 min: “Ons het die gemeente nodig.” Vrae en antwoorde.

20 min: Rig belangstellendes na die organisasie. Diensopsiener hou bespreking met twee of drie verkondigers en gebruik die brosjure Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd. Verduidelik waarom dit voordelig is om belangstellendes in te lig oor hoe die organisasie werk, hoe verskillende bedrywighede gereël word en hoe hulle betrokke kan raak. Hersien punte op bladsye 14 en 15 oor “Vergaderinge om tot liefde en goeie werke aan te spoor”. Groep demonstreer kortliks hoe hierdie materiaal in ’n bespreking tydens ’n herbesoek of Bybelstudie ingesluit kan word om ’n belangstellende te help besef hoe belangrik dit is om vergaderinge by te woon.

Lied 126 en slotgebed.

Week wat begin met 30 Oktober

Lied 159

10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig almal aan om die hulppionierdiens te oorweeg, aangesien daar wêreldse vakansiedae in Desember is. Beklemtoon dat almal hulle velddiensrapporte stiptelik moet ingee sodat die sekretaris dit betyds na die Genootskap kan stuur.

15 min: Het jy al verwysings probeer? ’n Toespraak. Party verkondigers het al nuwe Bybelstudies so begin: Nadat hulle ’n tyd lank met ’n belangstellende studeer, vra hulle die persoon of hy weet van enigeen van sy vriende, familielede of kennisse wat dalk in ’n Bybelstudie sal belangstel. Dikwels word etlike name gegee. Vra of jy sy naam kan gebruik wanneer jy hierdie persone besoek. Wanneer jy die besoek doen, kan jy sê: “So-en-so geniet dit so om die Bybel te bestudeer dat hy gedink het jy ook graag baat sal wil vind by ons gratis Bybelstudieprogram.” Jy kan op hierdie manier heelwat herbesoeke kry wat produktiewe Bybelstudies kan word. Sluit een of twee ondervindinge van verkondigers in wat op hierdie manier belangstellendes gevind of nuwe studies begin het.

20 min: Hoe om die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die mensdom se soeke na God gedurende November aan te bied. Hersien kenmerke van die Nuwe Wêreld-vertaling in die Redenering-boek op bladsye 304-308. Lees “Definisie” en verduidelik waarom dit uitgegee is. Beantwoord hierdie vrae: Waarop was hierdie vertaling gebaseer? Wie was die vertalers? Is dit werklik ’n vakkundige vertaling? Waarom word die naam Jehovah in die Christelike Griekse Geskrifte gebruik? Verduidelik dan waarom ons dankbaar kan wees om hierdie vertaling te hê. (Sien die “Hele Skrif”-boek, bladsy 331, paragrawe 22 en 23.) Laat ’n bekwame verkondiger ’n kort aanbieding demonstreer deur een of twee punte in paragrawe 2-4, bladsy 367, in die boek Die mensdom se soeke na God te gebruik. Herinner almal om eksemplare aan te skaf vir gebruik in die velddiens hierdie week.

Lied 138 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel