Bydraes tot die Genootskap se wêreldwye werk bevorder uitbreiding
Soos in Jesaja 54:2, 3 voorspel is, brei Jehovah se ware aanbidding voortdurend oor die hele aarde uit. Dit sluit verskeie lande op die vasteland van Afrika en nabygeleë eilande in. Gedurende die afgelope tien jaar is beperkings op Koninkryksbedrywighede opgehef in plekke soos Angola, Ekwatoriaal-Guinee, Etiopië, Kameroen, Madagaskar, Malawi, Mosambiek en Togo. Gileadsendelinge, gegradueerdes van die Bedieningsopleidingskool, Bethelgesinslede en ander het toewysings aanvaar in hierdie en ander lande, waar die land wit is om geoes te word.—Matt. 9:37, 38.
Dit is vanselfsprekend dat die toename van ware aanbidders in Jehovah se organisasie die konstruksie van honderde nuwe Koninkryksale vereis. Dit was ook nodig om Byeenkomssale en nuwe of uitgebreide takfasiliteite te beplan. Om hierdie projekte te finansier sowel as om na die vooruitgang van die Koninkrykswerk nie net in Afrika nie maar ook in ander wêrelddele om te sien, het ’n groot deel van die bydraes tot die Genootskap se wêreldwye werk opgebruik.
Die prente en tekeninge op twee bladsye van hierdie byvoegsel sal julle ’n idee gee van wat die Genootskap in die Afrikaveld probeer bereik. Van die bouprojekte wat nou aan die gang is en projekte wat binnekort begin gaan word, kan hier gesien word. Die Suid-Afrikaanse tak is daadwerklik betrokke by ’n hele paar van hierdie projekte in naburige lande.
As julle die velddiensrapport in die 1996 Yearbook nagaan, sal julle ’n beter idee kry van wat die verkondigers in hierdie lande in die bediening doen. Daar was uitstekende vermeerderings in baie lande, en die groeipotensiaal blyk duidelik uit die uitsonderlike Gedenkmaalbywoningsyfers. Wanneer ons in gedagte hou wat op ander vastelande as deel van die wêreldwye Koninkrykspredikings- en dissipelmaakwerk gedoen word, laat dit ons besef watter voorreg ons het om ware aanbidding materieel te ondersteun.—Luk. 16:9; 1 Tim. 6:18.
[Prent op bladsy 3]
Koninkryksaal in KwaZulu-Natal wat in 9 dae gebou is
[Prent op bladsy 3]
Koninkryksaal in Nigerië wat ekonomies gebou is
[Prent op bladsy 3]
Byeenkomssaal in Mosambiek met 1500 sitplekke wat teen die einde van 1996 voltooi sal word
[Prent op bladsy 3]
Mosambiek-takfasiliteite wat in die lente van 1996 vir bewoning gereed sal wees
[Prent op bladsy 3]
Sierra Leone-takkantoor wat na verwagting hierdie jaar voltooi sal word
[Prent op bladsy 4]
Voltooide Byeenkomssaal in Mauritius met oop kante, tesame met takfasiliteite wat vroeg in 1997 voltooi sal word
[Prent op bladsy 4]
Zimbabwe-takkantoor wat in aanbou is
[Prent op bladsy 4]
Byeenkomssaal met oop kante en nuwe takkantoor wat in Senegal gebou word
[Prent op bladsy 4]
Nuwe Kenia-takkantoor, in die hoofstad, Nairobi
[Prent op bladsy 4]
Madagaskar-takkantoor wat binnekort voltooi gaan word
[Prent op bladsy 4]
Voorgestelde takkantoorgeboue vir Malawi