Verheug jou in die vermeerdering wat God gee
1 Die Christene in die eerste eeu was ywerige Koninkryksverkondigers. Hulle het hulle verheug toe die ‘gemeentes van dag tot dag in getal toegeneem het’ (Hand. 16:5). Hulle het die predikingswerk moedig tot in Asië, Europa en Afrika gedoen, en dit het ’n ryk oes van gelowiges opgelewer.
2 Jesus het voorspel dat die predikingswerk in die laaste dae in ‘die hele bewoonde aarde en onder al die nasies’ gedoen sou word! (Matt. 24:14). Gedurende die 1996-diensjaar het ons steeds verslae van wonderlike vermeerderings en nuwe verkondigerhoogtepunte van lande regoor die aarde ontvang. Baie nuwe gemeentes is gevorm. Hierdie vinnige toename het die bou van honderde nuwe Koninkryksale en Byeenkomssale sowel as die uitbreiding van ’n aantal takfasiliteite genoodsaak.
3 Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1996 het vertel van die grootskaalse bouwerk wat in Afrika plaasvind. Soortgelyke bedrywighede is ook dwarsoor Latyns-Amerika aan die gang. Mexiko rapporteer vir die 1996-diensjaar ’n ongelooflike hoogtepunt van 470 098 verkondigers en ’n gemiddeld van 600 751 Bybelstudies, wat dit nodig gemaak het om 466 nuwe gemeentes te stig! Na verwagting sal die uitbreiding van hulle takfasiliteite teen die einde van 1999 voltooi wees. Soortgelyke groei in baie ander lande laat nie toe dat die werk aan die verskillende teokratiese bouprojekte enigsins verslap nie.
4 Boukoste is oral hoog, en in baie lande het ons broers min om materieel by te dra. Maar omdat hulle groot ywer vir Jehovah se diens aan die dag lê, groei hulle beslis geestelik en neem hulle in groot getalle toe. Spreuke 28:27 verseker ons: “Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie.” Ons gewilligheid om hierdie boukostes te help dek, lei tot ’n “gelykmaking” van materiële dinge, sodat almal die geluk kan smaak wat daaruit spruit om te gee en die vreugde kan hê wat ons ervaar wanneer ons die vermeerdering sien wat Jehovah gee!—2 Kor. 8:14, 15; Hand. 20:35.
[Prent op bladsy 4, 5]
Paraguay-takkantoor
[Prent op bladsy 4]
Ecuador-takkantoor
[Prent op bladsy 4, 5]
Werk aan uitbreiding in Mexiko
[Prent op bladsy 4, 5]
Takkantoor in Dominikaanse Republiek
[Prent op bladsy 4]
Takkantoor in Brasilië met uitbreiding
[Prent op bladsy 4, 5]
Uruguay- takkantoor in aanbou
[Prente op bladsy 5]
Tipiese lae koste- Koninkryksale in Latyns-Amerika
1. Brasilië
2. Nicaragua
3. Chili
4. Colombia
5. Mexiko
6. Brasilië
7. Peru
8. Venezuela
9. Mexiko