Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/96 bl. 2-3
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1996
Ons Koninkryksbediening—1996
km 12/96 bl. 2-3

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 2 September tot 23 Desember 1996. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Elisabet was, soos haar bloedverwant Maria, uit die stam Juda. [it-1 bl. 719 par. 3]

2. Daar is eintlik geen “groot vis” wat ’n mens heel kan insluk nie (Jona 1:17). [si-AF bl. 153 par. 4]

3. Epafras en Epafroditus was albei metgeselle van die apostel Paulus. [it-1 bl. 731 par. 4-5]

4. Die profesie in Daniël 9:24, 25 wys na die geboorte van Jesus. [kl-AF bl. 36 par. 8]

5. Ebed-Meleg, ’n Etiopiese eunug, het gehelp om Jeremia uit die modderige put van Malkia te kry. [it-1 bl. 672 par. 9]

6. Henog het die dood nie gesien nie omdat hy liggaamlik hemel toe geneem is (Gen. 5:24). [it-1 bl. 729 par. 10]

7. Hosea se profesie is hoofsaaklik tot die tweestammeryk van Juda gerig. [si-AF bl. 144 par. 8]

8. Die eerste vereiste om op ’n Streekboukomitee te dien, is dat iemand goeie bou-ondervinding en kennis van die boubedryf moet hê. [jv-AF bl. 325 par. 7]

9. Volgens Sefanja 3:9 sal God se volk in die nuwe wêreld verenig wees omdat hulle almal ’n gemeenskaplike taal—Hebreeus—sal praat. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w89-AF 6/1 bl. 30.]

10. Elihu het as ’n ware vriend opgetree deur vir Job partydig te wees. [it-1 bl. 710 par. 3-4]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Waarom is dit gepas dat die primêre vergaderplekke van gemeentes dwarsdeur die wêreld Koninkryksale genoem word, en waar was die eerste gebou geleë wat hierdie naam gekry het? [jv-AF bl. 319 par. 2]

12. Watter skriftuurlike verklaring deur die drie Hebreërs toon dat hulle gehoorsaamheid aan God nie van Goddelike beskerming en verlossing afgehang het nie? (Dan. 3:16-18) [si-AF bl. 141 par. 19]

13. Watter teks voorspel die geboorteplek van die Messias? [si-AF bl. 156 par. 6]

14. Waarom sou kragtige werke wat in Jesus se naam verrig word nie gewisse bewys van God se guns of steun wees nie? [kl-AF bl. 46 par. 6-7]

15. Waarom bid Jehovah se Getuies nie dat God oorloë en voedseltekorte onmiddellik moet laat ophou en dat hy alle vervolging moet verhoed nie? [jv-AF bl. 317 par. 4]

16. Op watter maniere het koningin Ester die vrug selfbeheersing aan die dag gelê? [it-1 bl. 761-2 par. 13]

17. Voor watter swakheid met betrekking tot sy seuns het Eli geswig, al was hy ’n hoëpriester in Israel, en watter gevolg het dit vir hulle gehad? (1 Sam. 2:12, 29, 34) [it-1 bl. 706 par. 13-14]

18. Na wie het Dawid in Psalm 52:4, 5 verwys, en waarom was hierdie persoon so veragtelik? [it-1 bl. 644 par. 2-3]

19. Watter tempel was in Haggai 2:9 (NW) die “laaste huis”, watter een was “die vroeëre”, en waarom was die heerlikheid van die “laaste huis” groter as dié van “die vroeëre”? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w89-AF 6/1 bl. 30.]

20. Wat het Hosea 14:3 die Israeliete aangespoor om te doen, en hoe vervul Jehovah se Getuies vandag daardie profesie? (Heb. 13:15) [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w94-AF 9/15 bl. 10 par. 1-2.]

Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:

21. Die stad ____________________________ is deur die profeet ________________________________ die bloedstad genoem ongeveer 200 jaar nadat _________________________ sy godgegewe werk daar voltooi het. [si-AF bl. 154 par. 10, bl. 160 par. 10]

22. Ons moet God met _________________________ aanbid, beweeg deur ’n hart vol geloof en liefde; ons moet hom ook met _________________________ aanbid deur sy Woord te bestudeer. [kl-AF bl. 45 par. 4]

23. Die profeet _________________________ het van koning _________________________ ’n ontmoeting met die 450 profete van _________________________ gevra, en die afloop daarvan het bewys dat Jehovah die ware God is en dat hy _________________________ verhoor (Jak. 5:16, 17). [it-1 bl. 711 par. 1-2]

24. Die Christelike voorbeeld van die Joodse vrou ____________________________ en haar seun _________________________ toon dat diegene in _________________________ gesinne hulle kinders met welslae kan leer om Jehovah te vrees. [it-1 bl. 767 par. 7]

25. Drie bewysgronde wat toon dat Jesus die Messias is, is (1) _________________________, (2) _________________________ en (3) _________________________. [kl-AF bl. 34-8 par. 6-10]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

26. Die begrip van Amos (8:11; 9:2, 3; 9:11, 12) het die bestuursliggaam van die eerste eeu help besef dat dit God se wil was dat nie-Israeliete in die Christengemeente byeengebring word (Hand. 15:13-19). [si-AF bl. 150 par. 16]

27. Toe Jehovah vir (Amos; Joël; Habakuk) geroep het, was hy nie ’n profeet of die seun van ’n profeet nie, maar ’n skaapboer en ’n knyper van (dadels; vye; olywe) van wildevyebome. [si-AF bl. 148 par. 1]

28. Die eerste gemelde opwekking wat deur ’n apostel verrig is, was toe (Johannes; Petrus; Paulus) na Joppe toe gegaan en (Dorkas; Lidia; Eutigus) uit die dode opgewek het. [it-1 bl. 646 par. 7-8]

29. Van die drie “vertroosters” het (Bildad; Elifas; Sofar) die voorrang geniet wat spraak betref en was hy merkbaar die invloedrykste, wat daarop dui dat hy dalk ook die (rykste; wysste; oudste) was. [it-1 bl. 713 par. 17]

30. Die tweelingbroer van (Josef; Ismael; Jakob) is Esau genoem omdat hy (die eersgeborene; ’n jagter; buitengewoon harig) was, en hy het later die naam (Nimrod; Edom; Baäl) gekry na aanleiding van die rooi lensiegereg waarvoor hy sy eersgeboortereg verkoop het. [it-1 bl. 759 par. 1]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:

2 Kon. 2:23, 24; Sef. 2:3; Fil. 2:25-30; Jak. 1:26, 27; 1 Joh. 2:15-17

31. Ons aanbidding moenie net rein wees van wêreldse gebruike nie, maar moet ook alles insluit wat God as noodsaaklik beskou om vir God aanneemlik te wees. [kl-AF bl. 51 par. 20]

32. Jehovah hou kinders daarvoor aanspreeklik as hulle minagting vir sy getroue knegte toon. [it-1 bl. 715 par. 1]

33. Tyd en lotgeval tref selfs getroue knegte van Jehovah. [it-1 bl. 731 par. 5]

34. As ware Christene moet ons alle gebruike vermy wat die gees van die goddelose wêreld om ons weerspieël. [kl-AF bl. 50 par. 17]

35. Ons mag nie God se barmhartigheid misbruik nie. [si-AF bl. 165 par. 11]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel