Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/97 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Januarie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Januarie
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 6 Januarie
  • Week wat begin met 13 Januarie
  • Week wat begin met 20 Januarie
  • Week wat begin met 27 Januarie
Ons Koninkryksbediening—1997
km 1/97 bl. 2

Diensvergaderinge vir Januarie

Week wat begin met 6 Januarie

Lied 6

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lewer kommentaar oor die plaaslike gemeente se velddiensrapport vir Oktober.

20 min: Getuig deur goeie gedrag. ’n Ouer man hou ’n bespreking met twee of drie jongmense. Bespreking is gebaseer op Die Wagtoring van 15 Augustus 1987, bladsye 10-20. Sluit gepubliseerde ondervindinge in sowel as enige plaaslike ondervindinge wat toon hoe waarnemers gunstig beïndruk is deur die onberispelike gedrag van Christenjongmense.

15 min: “Bekwaam en toegerus om ander te leer” (Paragrawe 1-6). Lewer kortliks kommentaar oor paragrawe 1-2 en beklemtoon hoe belangrik dit is dat ons die vertroue moet hê dat ons ander met Jehovah se hulp op doeltreffende wyse kan leer. Laat twee verkondigers en hulle huisbewoners die aanbiedings in paragrawe 3-6 demonstreer, en laat elke paar wys hoe om ’n eerste besoek en ’n herbesoek te doen.

Lied 14 en slotgebed.

Week wat begin met 13 Januarie

Lied 16

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Vestig die aandag op ’n paar gesprekspunte in jongste tydskrifte. Gee wenke oor hoe om ons voor te stel wanneer ons mense nader om informeel te getuig. Nooi gehoor om te sê watter openingswoorde hulle al gebruik het wanneer hulle in winkels, op straat, in die park, op openbare vervoer, ensovoorts met ander gepraat het.

20 min: Tyd om die “Advance Medical Directive/Release”-kaart te hernieu. Bekwame ouer man bespreek die belangrikheid daarvan om die kaart volledig in te vul en om dit te alle tye saam te dra. Hierdie dokument praat namens jou as jy in ’n noodgeval nie self kan praat nie. (Vergelyk Spreuke 22:3.) ’n Nuwe kaart moet elke jaar ingevul word om ’n huidige verklaring te gee dat jy bloed weier, aangesien party dokters en ander al beweer het dat dokumente wat ouer as ’n jaar is dalk nie iemand se huidige oortuiging weergee nie. Ná die vergadering sal die “Advance Medical Directive/Release”-kaart vir alle gedoopte verkondigers gegee word, en diegene wat ongedoopte minderjarige kinders het, sal ’n “Identity Card” vir elke kind ontvang. Verduidelik dat hierdie kaarte nie vanaand ingevul moet word nie. Dit moet sorgvuldig by die huis ingevul word, maar moet NIE geteken word nie. Al die kaarte sal ná die volgende Gemeentelike Boekstudie onder toesig van die boekstudiehouer deur die verkondigers en getuies geteken en gedateer word. Hy sal sorg dat almal wat aan sy groep toegewys is ’n kaart ontvang het en die nodige hulp verkry. Diegene wat as getuies teken, moet self sien dat die kaarthouer die dokument teken. Enigiemand wat dan nie teenwoordig is nie, sal by die volgende Diensvergadering deur boekstudiehouers/ouer manne gehelp word totdat alle gedoopte verkondigers hulle kaarte behoorlik ingevul en geteken het. (Hersien brief van 15 Oktober 1992.) Ongedoopte verkondigers kan hulle eie dokument vir hulle en hulle kinders opstel deur die woorde van hierdie kaart by hulle eie omstandighede en oortuiging aan te pas. Deur insig te toon wanneer julle na hierdie noodsaaklike besonderhede omsien, sal julle die goeie van Jehovah verkry.—Spr. 16:20, NW.

15 min: “Bekwaam en toegerus om ander te leer” (Paragrawe 7-9). Vertel die ondervinding oor herbesoeke wat in die 1995 Yearbook, bladsy 45, gevind word en beklemtoon die belangrikheid daarvan om terug te gaan na enigiemand wat belangstelling getoon het. Laat ’n bekwame verkondiger die aanbiedings in paragrawe 7-8 demonstreer. Hoewel ander publikasies aanvanklik aangebied word, moet ons ons daarop toelê om uiteindelik studies in die Kennis-boek te hou. Spoor almal aan om gedurende die komende week tyd opsy te sit om herbesoeke te doen.

Lied 15 en slotgebed.

Week wat begin met 20 Januarie

Lied 21

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.

20 min: Berei jou kinders voor vir die nuwe skooljaar. Toespraak deur ouer man gebaseer op die Opvoeding-brosjure, bladsye 27-30. Help ouers om te besef dat dit belangrik is om hulle kinders voor te berei vir die uitdagings wat hulle op skool gaan teëkom. Kwessies wat nie in die Opvoeding-brosjure bespreek word nie, soos buitemuurse bedrywighede, vakansiedae en vierings asook godsdiensonderrig, kan in die Skool-brosjure en ander publikasies van die Genootskap nagevors word. Ouers en kinders moet bly by die beginsels wat daarin bespreek word. Toon hoe belangrik dit vir ouers is om hulle kinders se onderwysers te leer ken en om nie net met hulle te praat wanneer geskille ontstaan nie. Hulle moet ook seker maak dat die onderwysers ’n eksemplaar van die Opvoeding-brosjure het. Party ouers het na bewering nie die nodigheid daarvan gesien om vrystelling van godsdiensonderrigklasse te verkry nie, selfs al word daar deur die wet hiervoor voorsiening gemaak. In hierdie verband is dit belangrik om die skoolhoof persoonlik te besoek en ’n geskrewe versoek om vrystelling saam te neem. Hou ’n kort, goed voorbereide demonstrasie waarin ’n ouer sake in verband met sy kind met ’n onderwyser bespreek en afsluit deur die Opvoeding-brosjure aan te bied.

15 min: “Alle soorte mense sal gered word.” Vrae en antwoorde. Nooi die gehoor om kortliks ’n paar ondervindinge te vertel wat toon hoe hulle ’n gunstige reaksie gekry het by mense wat uit verskillende kringe kom.

Lied 23 en slotgebed.

Week wat begin met 27 Januarie

Lied 20

5 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om hulle velddiensrapporte stiptelik aan die einde van die maand in te gee.

10 min: Hersiening van Vraebus deur presiderende opsiener of diensopsiener. Beklemtoon die punt dat dit die verantwoordelikheid van elke verkondiger is om sy rapport stiptelik aan die einde van die maand in te gee.

15 min: “Ons ‘verkondig die woord’.” Vrae en antwoorde. Sluit ’n paar kommentare in wat toon waarom ons die waarde van God se Woord innig waardeer.—Sien die Ontwaak! van 22 Julie 1984, bladsye 9-11.

15 min: Hersien lektuuraanbod vir Februarie. Vestig die aandag op interessante kenmerke van die boek soos: (1) Treffende hoofstuktitels, (2) kleurvolle prente, (3) onderrigvensters en tabelle en (4) gedagteprikkelende gedrukte vrae. Spoor almal aan om in ooreenstemming met die vorige vergaderingdeel ’n goed gekose teks in hulle aanbieding te gebruik. Demonstreer een of twee kort aanbiedings. Herinner almal om boeke te kry om hierdie week te gebruik.

Lied 26 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel