Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/97 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir September

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir September
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 1 September
  • Week wat begin met 8 September
  • Week wat begin met 15 September
  • Week wat begin met 22 September
  • Week wat begin met 29 September
Ons Koninkryksbediening—1997
km 9/97 bl. 2

Diensvergaderinge vir September

Week wat begin met 1 September

Lied 26

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Augustus stiptelik te rapporteer. Aangesien Augustus die laaste maand van die diensjaar was, moet die sekretaris en boekstudiehouers seker maak dat alle laat velddiensrapporte vir die vorige maande ingegee word. Ons wil graag ’n nuwe verkondigerhoogtepunt vir Augustus probeer bereik.

15 min: “Stel die belangriker dinge eerste.” Vrae en antwoorde. Lewer kommentaar oor “Stel die regte voorkeure” in die Ontwaak! van 22 Februarie 1987, bladsye 8-9, indien die tyd dit toelaat.

20 min: “Vertel aan ander Die geheim van gesinsgeluk.” ’n Toespraak wat paragrawe 1 en 6-8 dek. Demonstreer paragrawe 2-5. Beklemtoon dat dit ons doel moet wees om dissipels te maak en studies te begin.

Lied 107 en slotgebed.

Week wat begin met 8 September

Lied 27

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

10 min: Plaaslike behoeftes.

10 min: “Bybelstudies wat tot dissipels lei.” Toespraak.

15 min: Ouer man bespreek met ervare verkondigers wat studies hou, “Help studente om toewyding en doop na te streef” (byvoegsel tot km-AF 6/96, par. 20-2).

Lied 109 en slotgebed.

Week wat begin met 15 September

Lied 30

10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien Vraebus.

15 min: Maak goed gebruik van video’s. Hersien wenke oor gebruik van Genootskap se video’s en vertel plaaslike ondervindinge wat toelig hoe ons die video’s in ons gesin sowel as in ons bediening beter kan benut.

20 min: Gebruik jy die brosjure Die skool en Jehovah se Getuies? ’n Ouer man bespreek The Watchtower van 1 Oktober 1985, bladsye 30-1, met ’n paar ouers en kinders. Hulle vertel wat hulle persoonlik ondervind het in die gebruik van die Skool-brosjure.

Lied 112 en slotgebed.

Week wat begin met 22 September

Lied 32

8 min: Plaaslike aankondigings.

17 min: Hoe om ’n gesprek te begin. Ons sukses in die bediening hang grootliks af van ons vermoë om ’n betekenisvolle gesprek met ander mense te kan voer. Wanneer ons iets kan sê wat ander laat luister, het ons een van die grootste struikelblokke oorkom waarvoor ons in die getuieniswerk te staan kom. Bespreek met gehoor sleutelgedagtes in die Skoolhandleiding, studie 16, paragrawe 11-14. Laat verkondigers wat op bekwame wyse en met welslae gesprekke kan begin, vertel hoe hulle ’n gesprek aanknoop met (1) ’n voetganger op straat, (2) ’n passasier op ’n bus, (3) ’n klerk agter ’n toonbank, (4) ’n winkelbesoeker in ’n parkeerterrein, (5) iemand op ’n parkbankie en (6) iemand wat hulle tydens telefoongetuieniswerk ontmoet.

20 min: Hersien gemeente se rapport vir die 1997-diensjaar. Diensopsiener prys gemeente vir hulle ywerige poging, veral gedurende Maart, April en Mei. Meld voorstelle van liggaam van ouer manne en laaste verslag van kringopsiener om velddiens- en Bybelstudiebedrywighede uit te brei. Sit ’n paar praktiese doelwitte vir die nuwe diensjaar uiteen, soos om Bybelstudies te begin en te hou en hulppionierdiens te doen gedurende die maande met vyf naweke—November, Mei en Augustus.

Lied 113 en slotgebed.

Week wat begin met 29 September

Lied 37

15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte in te gee. Meld dat ons volgende week by die boekstudie die Gesinsgeluk-boek gaan begin studeer. Bespreek in Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1996, bladsy 12, die volgende belangrike punte ter voorbereiding vir tydskrifwerk in Oktober: “Ontleed jou gebied”, “Raak vertroud met die tydskrifte”, “Berei jou openingswoorde voor”, “Pas aan by die huisbewoner” en “Help mekaar”.

15 min: ’n Bemoedigende toespraak gegrond op die artikel “Werp altyd jou sorge op Jehovah” in Die Wagtoring van 1 April 1996, bladsye 27-9.

15 min: Verheerlik jou bediening. Gehoorbespreking van Ons Bediening-boek, bladsye 81-⁠3. Vra die volgende vrae om die hoofpunte te beklemtoon: (1) Hoe strek dit ons tot voordeel om Jesus se voorbeeld te volg? (2) Hoe belangrik is ons verantwoordelikheid om te preek? (3) Wat het ons beweeg om ons lewe aan Jehovah toe te wy? (4) Watter soort gedrag word van iemand vereis wat God wil dien? (5) Wat kan ons leer uit die manier waarop Jesus gepreek het?

Lied 121 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel