Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/98 bl. 1
  • Leer jou broers ken

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Leer jou broers ken
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Leer jou broers beterken
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Waarom moet ons vir aanbidding bymekaarkom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Wie is ons broers en susters?
    Leer by die Groot Onderwyser
  • Hou aan om mekaar elke dag aan te moedig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1998
km 9/98 bl. 1

Leer jou broers ken

1 Die Bybel beskryf ’n ware vriend as iemand wat sterker aanhang as ’n broer, wie se liefde en lojaliteit konstant is en wat sy metgesel gedurende benoudheid te hulp kom (Spr. 17:17; 18:24). Ons sal geen tekort aan sulke vriende in die gemeente hê as ons ons inspan om mekaar te leer ken en leer liefhê nie.—Joh. 13:35.

2 Ons kry voor en ná die vergaderinge ideale geleenthede om ons broers te leer ken. Waarom kom jy nie vroeg nie en bly ’n rukkie ná die tyd sodat jy hartlike en vrolike assosiasie kan geniet? Nader ’n verskeidenheid broers om mee te gesels, onder andere diegene wat ouer en ervare is en diegene wat jonger of skugter is.

3 Knoop gesprekke aan: Moenie jou broers net in die verbygaan groet nie. Jy kan ’n gesprek aanknoop deur ’n velddiensondervinding te vertel, ’n interessante punt in ’n onlangse tydskrif te meld of ’n kommentaar te lewer oor die vergadering wat julle so pas geniet het. Jy kan jou broers baie beter leer ken deur ’n goeie luisteraar te wees en hulle aan te moedig om te praat oor hulle ondervindinge en dinge wat hulle leer. Dit kan baie insiggewend wees om bloot te vra hoe iemand Jehovah leer ken het. Party het al geloofversterkende ondervindinge in hulle lewe deurgemaak, terwyl ander tans situasies verduur waarin baie hulle dalk beswaarlik kan indink. As ons dit besef, sal dit ons, as ware vriende, help om ander se behoeftes in ag te neem en daarop te reageer.

4 Word bevriend met mekaar: Ná die dood van haar kind het ’n suster dit moeilik gevind om Koninkryksliedere te sing wat die opstanding meld. Sy onthou: “Eenkeer het ’n suster wat oorkant die paadjie gesit het, gesien dat ek huil. Sy het na my toe gekom, haar arm om my gesit en die res van die lied saam met my gesing. Ek het soveel liefde vir die broers en susters gevoel, en ek was so bly dat ons vergaderinge bygewoon het, want ons het besef dít is waar ons hulp is, daar by die Koninkryksaal.” Ons moet bevriend word met ons broers deur hulle te vertroos wanneer dit nodig is en hulle te alle tye aan te moedig.—Heb. 10:24, 25.

5 Namate hierdie ou wêreld al hoe meer verdrukkend raak, moet ons ons voorneem om ons broers beter te leer ken. Hierdie uitwisseling van opregte aanmoediging sal vir almal ’n seën wees.—Rom. 1:11, 12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel