Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/94 bl. 1
  • Leer jou broers beterken

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Leer jou broers beterken
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Julle moet intense liefde vir mekaar hê’
    Aanbid die enigste ware God
  • Hou aan om in broederliefde toe te neem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Leer jou broers ken
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Ondersteun susters in jou gemeente
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 8/94 bl. 1

Leer jou broers beterken

1 Ons verhouding met ons mede-aanbidders behels meer as om net saam met hulle vergaderinge by die Koninkryksaal by te woon. Ons doen God se wil en dit bring ons in ’n geestelike verhouding met Jesus (Mark. 3:34, 35). Dit bring ons weer in ’n geestelike gesinsverhouding met ander in die Christengemeente, ons geestelike broers en susters, vir wie ons beveel word om lief te wees (Joh. 13:35). Diegene wat dus as “huisgenote van God” met mekaar omgaan, moet daarna streef om mekaar goed te ken.—Ef. 2:19.

2 Ken jou broers se name: Ken jy die name van al die broers en susters in jou Gemeentelike Boekstudie? Die groep is gewoonlik klein, wat dit redelik maklik maak om die name te leer ken van die meeste, indien nie almal nie, wat die boekstudie bywoon. Kan jy sê dat jy hulle goed ken as jy nie eens hulle name ken nie?

3 Wat van die ander, waaronder kinders, wat die vergaderinge by die Koninkryksaal bywoon? Ons is dalk geneig om net met ’n klein vriendekring om te gaan. Hoewel dit nie verkeerd is om met sekeres om te gaan nie, wil ons nie net ’n paar in die gemeente hartlik groet en net met hulle opbouende gesprekke geniet nie. Ons moet “verruim word” en ’n poging aanwend om al ons broers en susters goed te leer ken (2 Kor. 6:11-13). Dit sal beslis insluit dat ons hulle name leer ken.

4 Broers wat die leiding tydens gemeentelike vergaderinge neem, moet probeer om die name van almal wat die vergaderinge bywoon te leer ken. As elkeen van die verhoog af op sy naam genoem word, sal hulle voel dat hulle kommentare waardeer word en help dit ander terselfdertyd om hulle name te leer ken. Daar sal natuurlik altyd nuwelinge of besoekers in die gehoor wees, wat dit vir enigiemand moeilik maak om al die name te ken. ’n Volgehoue, opregte poging is nietemin vir almal ’n aanmoediging en weerspieël ’n opregte persoonlike belangstelling.—Rom. 1:11,12.

5 Neem die inisiatief om almal goed te leer ken: Reisende opsieners kan gewoonlik baie broers en susters goed leer ken. Hoe doen hulle dit? Op drie belangrike maniere: (1) Hulle werk gereeld saam met hulle in die veldbediening; (2) na gelang van hulle omstandighede aanvaar hulle uitnodigings na hulle huis toe en (3) hulle neem die inisiatief om volwassenes sowel as kinders by die vergaderinge te groet.

6 Kan jy maniere sien waarop jy in jou omgang verruim kan word en jou broers beter kan leer ken? Ons kan ander beslis uitnooi om ons in die veldbediening te vergesel. Deur van huis tot huis te gaan, herbesoeke te doen, Bybelstudies te hou of straatgetuieniswerk met tydskrifte te doen, is alles uitstekende maniere om mekaar goed te leer ken. Dit is ook goed om ander na jou huis toe te nooi en om dalk af en toe ’n maaltyd of ligte versnapering saam te geniet. As ons die inisiatief neem om nuwelinge te nader, of diegene wat geneig is om skaam te wees, help dit nie net baie om hulle geestelik op te bou nie, maar dit bring ook ryk seëninge mee.—Hand. 20:35; 1 Thess. 5:11.

7 Paulus het sy broers goed geken. Die feit dat hy in sy briewe baie van hulle op hulle name genoem het, is ’n bewys van sy onselfsugtige belangstelling in hulle sowel as sy opregte liefde vir hulle (1 Thess. 2:17; 2 Tim. 4:19, 20). Ons pogings om ons broers goed te ken, sal vir ons almal seëninge meebring.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel