Diensvergaderinge vir September
Week wat begin met 7 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
15 min: “Ons kan groter werke doen.” Vrae en antwoorde. Moedig almal aan om redelike doelwitte vir die nuwe diensjaar te stel en hard te werk om hulle te bereik.—Sien Ons bediening, bladsye 116-18.
20 min: “Pioniers help ander.” ’n Ouer man verduidelik dat daar bo en behalwe die opleiding wat in die Teokratiese Bedieningskool voorsien word, reëlings getref is vir pioniers om ander persoonlik in die bediening te help. Hy vra vrae wat op die artikel gebaseer is en nooi die gehoor om kommentaar te lewer, veral pioniers en verkondigers wat al by die program betrokke was. Bespreek maniere om die beste resultate daaruit te kry. Pioniers kan vertel hoe hulle dit geniet het en daarby baat gevind het om ander te help. Verkondigers wat al gehelp is, kan vertel hoe hulle hierdie liefdevolle voorsiening waardeer en kan punte meld wat hulle gehelp het om groter sukses en vreugde in die bediening te geniet.
Lied 172 en slotgebed.
Week wat begin met 14 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: Wat vereis God van ons? ’n Toespraak. Ons sal hierdie brosjure volgende week by die boekstudie begin studeer. Moedig almal aan om voor te berei en elke sessie by te woon sodat hulle vertroud kan raak met die brosjure en kan leer hoe om dit met ander te studeer. Lees die paragraaf onder “Hoe om hierdie brosjure te gebruik”. Gebruik materiaal in Die Wagtoring van 15 Januarie 1997, bladsye 16-17, om te beklemtoon hoe belangrik dit is om met die vrae, tekste en prente in die brosjure te onderrig. Boekstudiehouers moet ’n goeie voorbeeld stel vir diegene wat tuisbybelstudies hou, deur nie te veel te praat nie en nie bykomende besonderhede te meld nie.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Junie 1996, bladsy 3, paragraaf 5.
20 min: Hoe het ons verlede jaar gevaar? Die sekretaris en diensopsiener hersien die gemeente se diensrapport en vergaderingbywoning vir die afgelope jaar. Hulle wys op positiewe aspekte van die verslag en vestig die aandag op gebiede waar verbeter kan word. Was daar gedurende Augustus 100 persent deelname aan die velddiens? Beklemtoon die doelwitte waaraan die ouer manne gedurende die volgende maande aandag gaan skenk, onder andere om almal te help om gereelde verkondigers te word. Meld gepaste punte uit die laaste verslag deur die kringopsiener.
Lied 144 en slotgebed.
Week wat begin met 21 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Leer jou broers ken.” Vrae en antwoorde. Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 1 Oktober 1988, bladsye 10-11. Moedig almal aan om die inisiatief te neem om mekaar beter te leer ken.
Lied 34 en slotgebed.
Week wat begin met 28 September
12 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir September in te gee. Doen verslag oor vordering in ontoegekende gebied. Stel gemeentes in kennis van reëlings vir Oktober. Moedig almal aan om reëlings te tref om meer huis-tot-huis-werk in Oktober te doen om tydskrifverspreiding te vergroot.
20 min: “Opsieners wat die leiding neem—die diensopsiener.” ’n Toespraak deur die diensopsiener. Nadat hy sy pligte hersien het, verduidelik hy spesifieke maniere waarop die gemeente kan saamwerk om die omvang en doeltreffendheid van die plaaslike bediening te vergroot.
13 min: Wat maak iemand ’n goeie gemeentelike verkondiger? Toespraak met ’n mate van gehoordeelname. Dit is nie nodig om verhewe vermoëns of talente te hê nie; dit is baie meer gewens dat ons almal ’n gewillige gesindheid het wat liefde, nederigheid, ywer en waardering weerspieël. Nooi gehoor om redes te gee waarom die volgende gewens is: (1) ’n blymoedige gees, (2) gereelde bywoning en deelname aan vergaderinge, (3) gewilligheid om toewysings te aanvaar en uit te voer, (4) samewerking met ouer manne en die reëlings wat vir die gemeente gemaak word, (5) opregte belangstelling om ander te help en (6) gereelde deelname aan velddiens en om stiptelik elke maand te rapporteer.
Lied 25 en slotgebed.