Ons kan groter werke doen
1 Jesus Christus se bediening is deur uitsonderlike werke gekenmerk. Hy het duisende wonderbaarlik gevoed, talle genees en sommige uit die dood opgewek (Matt. 8:1-17; 14:14-21; Joh. 11:38-44). Sy bedrywighede het die aandag van ’n ganse nasie vasgevang. Tog het hy die laaste aand voor sy dood vir sy getroue volgelinge gesê: “Hy wat geloof in my beoefen, hy sal ook self die werke doen wat ek doen; en hy sal groter werke as dié doen” (Joh. 14:12). Hoe kan ons “groter” werke doen?
2 Deur meer gebied te dek: Jesus se bedrywighede was beperk tot Palestina, terwyl daar vir sy vroeë dissipels gesê is om “tot in die mees afgeleë deel van die aarde” te getuig, baie verder as wat Jesus self getuig het (Hand. 1:8). Die predikingswerk wat hy begin het, word nou wêreldwyd in 232 lande gedoen (Matt. 24:14). Het jy ’n volle deelname daaraan om die gebied te dek wat aan julle gemeente toegewys is?
3 Deur meer mense te bereik: Jesus het relatief min dissipels agtergelaat om die predikingswerk voort te sit. Maar as gevolg van hulle ywerige getuieniswerk op Pinkster 33 G.J. het omtrent drieduisend siele daardie dag die waarheid aangeneem en is hulle gedoop (Hand. 2:1-11, 37-41). Die insameling van diegene wat “die regte gesindheid vir die ewige lewe” het, duur voort tot in ons dag, aangesien ons gemiddeld meer as 1 000 mense per dag doop (Hand. 13:48). Doen jy jou bes om opregtes van hart te bereik waar hulle ook al gevind kan word en so gou as moontlik na belangstellendes toe terug te gaan?
4 Deur veel langer te getuig: Jesus se aardse bediening was tot drie en ’n half jaar beperk. Die meeste van ons getuig al langer as dit. Ongeag hoe lank ons toegelaat sal word om met hierdie werk voort te gaan, ons is dankbaar om elke nuwe dissipel te help om op die pad wat na die lewe lei te begin wandel (Matt. 7:14). Het jy elke maand volop om in die werk van die Here te doen?—1 Kor. 15:58.
5 Met Jesus wat ons ondersteun, kan ons verseker wees dat ons as sy ware dissipels selfs groter werke sal doen.—Matt. 28:19, 20.