Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/98 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Oktober

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Oktober
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 5 Oktober
  • Week wat begin met 12 Oktober
  • Week wat begin met 19 Oktober
  • Week wat begin met 26 Oktober
Ons Koninkryksbediening—1998
km 10/98 bl. 2

Diensvergaderinge vir Oktober

Week wat begin met 5 Oktober

Lied 199

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

15 min: “Wat beplan jy vir die somer?” ’n Ouer man bespreek met twee of drie verkondigers wat hulle vir die komende somermaande beplan. Hulle hersien reëlings om die byeenkoms by te woon, meer velddiens te doen, met vakansie te gaan en om vriende en familie te besoek. Almal stem saam dat hulle nie persoonlike studie, vergaderinge of velddiens sal verwaarloos nie en verduidelik hoe hulle van plan is om ’n goeie teokratiese roetine te handhaaf.

20 min: “‘Saai die Koninkryksaad’ op tydskrifroetes.” Gehoorbespreking. Laat ’n paar verkondigers verduidelik hoe hulle ’n tydskrifroete begin het en aan die gang hou. Demonstreer dan ’n tydskrifaanbieding waar reëlings getref word om met die volgende nommers terug te gaan.

Lied 133 en slotgebed.

Week wat begin met 12 Oktober

Lied 42

5 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

10 min: “Opsieners wat die leiding neem—die sekretaris.” ’n Toespraak deur die gemeentelike sekretaris waarin hy sy toegewese pligte hersien. Hy beklemtoon dat almal hulle samewerking kan gee deur hulle velddiensrapporte stiptelik in te gee.

10 min: Hulle het ’n ywerige pioniergees. ’n Bemoedigende toespraak gebaseer op die 1998 Yearbook, bladsye 104-7. Verduidelik waarom daar soveel pioniers in Japan is, waarom huisvrouens daar in staat is om geestelike belange eerste te stel, wat diegene beweeg wat vir die pionierdiens aansoek doen en wie die meerderheid van die pioniers uitmaak. Lig die goeie invloed toe wat pionierouers uitoefen. Vestig die aandag op die oortuiging wat dit verg om die nodige aanpassings in jou lewe te maak om ’n pionier te wees. Moedig almal aan om die moontlikheid van pionierdiens ernstig en biddend te heroorweeg.

20 min: “Lees jy die tydskrifte?” Vrae en antwoorde. Hersien die praktiese wenke in die Skoolhandleiding, studie 4, paragrawe 5-6, oor hoe om tyd opsy te sit om te lees.

Lied 107 en slotgebed.

Week wat begin met 19 Oktober

Lied 16

10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien gesprekspunte in die jongste nommers van die tydskrifte. Vertel ondervindinge in die 1997 Yearbook, bladsy 45, en in die Ontwaak! van 22 Oktober 1996, bladsy 32. Moedig almal aan om hierdie naweek aan tydskrifwerk deel te neem.

20 min: “Die ‘God se weg’-internasionale en streekbyeenkomste vir 1998” (Paragrawe 1-17). Vrae en antwoorde. Lees paragrawe 11 en 12. Beklemtoon die skriftuurlike belangrikheid daarvan om ons beskeie Christelike voorkoms en gedrag te handhaaf en behoorlik oor ons kinders toesig te hou.

15 min: Hoe om vir die Wagtoring-studie voor te berei. Gehoorbespreking deur die Wagtoring-studiehouer, gebaseer op Die Wagtoring van 15 Mei 1986, bladsye 19-20, paragrawe 16-18, en die Skoolhandleiding, studie 7, paragraaf 11, asook studie 18, paragrawe 4-6. Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor die volgende vrae: (1) Waarom is dit noodsaaklik dat ons die maksimum voordeel uit elke studieartikel in Die Wagtoring put? (2) Wat moet ons doen wanneer ons ’n nuwe nommer ontvang? (3) Wat is ’n goeie manier om vir die Wagtoring-studie voor te berei? (4) Hoeveel aandag moet aan die teksverwysings en die tema van die les gegee word? (5) Hoe kan ons hersien wat ons geleer het? (6) Oor watter sleutelpunte moet ons peins wanneer ons klaar is met ons persoonlike studie van die les? (7) Hoe moet ons ’n kommentaar voorberei? (8) Hoe kan verskeie kommentare oor ’n enkele vraag gelewer word? Laat party vertel wat hulle persoonlik gedoen het om hulle te help om die grootste voordeel uit die Wagtoring-studie te put.—Sien ook Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsye 65-7.

Lied 95 en slotgebed.

Week wat begin met 26 Oktober

Lied 98

10 min: Plaaslike aankondigings. Aangesien daar vakansietye in Desember en Januarie sal wees, sal dit vir gedoopte jongmense en ander ’n goeie tyd wees om die hulppionierdiens te oorweeg. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte in te gee.

20 min: “Die ‘God se weg’-internasionale en streekbyeenkomste vir 1998” (Paragrawe 18-23). Vrae en antwoorde. Lees paragraaf 18 en die teksverwysings. Beklemtoon hoe belangrik ordelikheid en bedagsaamheid teenoor ander is, veral wat sitplekke betref. Sluit af met ’n kort toespraak wat “Herinneringe in verband met die byeenkoms” hersien.

15 min: Wees betyds vir vergaderinge. Bespreking deur twee of drie Gemeentelike Boekstudiehouers of bedieningsknegte oor broers wat laat opdaag vir vergaderinge. Hulle erken dat ongewone omstandighede, soos noodgevalle, weerstoestande, verkeer, ensovoorts, enigeen kan ophou. Party is egter gereeld laat. Die groep moet op ’n positiewe manier bespreek en toelig wat nodig is om stiptelik te wees: (1) heelhartige waardering vir die voorreg om vergaderinge by te woon en vir die geestelike voedsel en assosiasie wat daar voorsien word, (2) goeie vooruitbeplanning en organisasie van persoonlike sake, (3) gewillige samewerking onder gesinslede, (4) deur vroeg te vertrek en tyd toe te laat vir onvoorsiene probleme en (5) om opreg daaroor besorg te wees om ander wat teenwoordig is nie te steur nie. Almal stem saam dat hierdie probleem opgelos kan word deur ’n volgehoue poging om in hierdie opsig te verbeter.

Lied 86 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel