Diensvergaderingrooster
LET WEL: In Ons Koninkryksbediening verskyn daar ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende November en Desember. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak sodat hulle die “Daders van God se woord”-streekbyeenkoms kan bywoon, asook ’n hersiening van 30 minute van die programglanspunte gedurende die Diensvergadering die week ná die byeenkoms kan hê. Drie bekwame broers moet voor die tyd gevra word om die byeenkomsprogram vir elke dag te hersien en treffende punte uit te lig. Hierdie goed voorbereide hersiening moet die gemeente help om sleutelgedagtes te onthou wat hulle persoonlik kan toepas en in die veld kan gebruik. Kommentare van die gehoor, insluitende ondervindinge, moet kort en saaklik wees.
Week wat begin met 13 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus.
13 min: Vraebus. Toespraak deur ’n ouer man.
22 min: “Volg die belangstelling op wat deur Koninkryksnuus Nr. 36 aangewakker is.” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 1-5. Sit plaaslike reëlings uiteen om gebied wat nog nie gedek is nie deur te werk. Hersien die aanbiedings in paragrawe 7 en 8 oor hoe om herbesoeke te doen en reël ’n demonstrasie van elk. Beklemtoon hoe belangrik dit is om alle belangstelling verder te kweek en Bybelstudies te probeer begin. Bespreek ten slotte paragraaf 9 en die teksverwysings.
Lied 63 en slotgebed.
Week wat begin met 20 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: Ondervindinge in verband met die verspreiding van Koninkryksnuus Nr. 36. Lewer verslag oor die mate waarin die gebied gedek is. Het enigiemand in die gemeente vir die eerste keer aan die velddiens deelgeneem? Meld gunstige kommentare deur huisbewoners. Kon sommige verkondigers Bybelstudies begin? Indien wel, laat hulle verduidelik of demonstreer hoe hulle dit gedoen het. Herinner almal daaraan om belangstelling wat gevind is verder te kweek.
20 min: “Volhard met die predikingswerk!” Toespraak en onderhoud. Party gaan al hulle hele lewe met Jehovah se organisasie om en volhard met die predikingswerk. Hulle het vreugde daaruit geput en ’n positiewe gesindheid behou. (Sien Kennis-boek, bladsy 179, paragraaf 20, en Die Wagtoring van 1 Mei 1992, bladsye 21-2, paragrawe 14-15.) Nooi ’n verkondiger wat al jare lank bedrywig is om te verduidelik waarom hy met die predikingswerk volhard het.
Lied 141 en slotgebed.
Week wat begin met 27 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir November in te gee. Die lektuuraanbod vir Desember is die Kennis-boek saam met die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte. Verduidelik hoe Jehovah se Getuies ’n belangrike rol gespeel het om die Bybel in baie tale uit te gee.—Sien Die Wagtoring van 15 Oktober 1997, bladsye 11-12.
20 min: Maak goed gebruik van die Redenering-boek. Vraag-en-antwoord-bespreking van bladsye 7-8. Toon hoe hierdie boek saamgestel is om ons te help voorberei vir ’n doeltreffender bediening. Verduidelik hoe die boek gebruik kan word wanneer telefoongetuieniswerk gedoen word. Demonstreer hoe om nuttige inligting te kry om ’n vraag te beantwoord. Moedig almal aan om vertroud te raak met hierdie boek, dit in hulle velddienssak te hou en dit gereeld te gebruik.
15 min: Hoe kan ek my TV-kykery beheer? ’n Ouer man gesels met ’n jong broer wat elke dag etlike ure lank TV kyk. Aanvanklik hou die broer vol dat dit geen gevaar inhou nie. Hy sê dat dit bloot ’n vorm van ontspanning is en dat hy nie nadelig daardeur geraak word nie. Ouer man hersien hoofpunte in hoofstuk 36 van die Jongmense vra-boek. Hy verduidelik dat oormatige TV-kykery kosbare tyd in beslag neem wat andersins gebruik kan word om persoonlike studie te doen, in die bediening uit te gaan of met gemeentelike werk te help. Die jong broer spreek sy waardering uit vir die raad en sê dat hy ter wille van sy geestelikheid sy TV-kykgewoontes sal verander.
Lied 175 en slotgebed.
Week wat begin met 4 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Prys almal wat ’n deel aan die ontoegekendegebied-kampanje gehad het. Bespreek die rapport oor die werk wat gedoen is en vertel enige interessante ondervindinge.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “’n Woord op sy tyd gespreek.” Gehoorbespreking en demonstrasies. Baie voel onbekwaam wanneer hulle gesprekke probeer aanknoop omdat hulle verkeerdelik aanneem dat hulle die een of ander spesiale vaardigheid nodig het om resultate te behaal. Verduidelik hoe ons almal, nuwe en ook jonger verkondigers, redelik maklik besprekings kan begin. Hersien die voorgestelde aanbiedings, beklemtoon hoe eenvoudig dit is en laat twee of drie verkondigers dit demonstreer. Verwys na Ons Koninkryksbediening vir Maart 1998, bladsy 8, vir verdere aanbiedings wat gebruik kan word. Moedig almal aan om positief te wees sodat hulle groter vreugde uit hulle bediening sal put.
Lied 218 en slotgebed.