Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 9 September
13 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 8 en hou twee demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 September en die Ontwaak! van 22 September aangebied kan word. In elke demonstrasie moet ’n ander metode gebruik word om die gesprekdemper “Ek stel nie in Jehovah se Getuies belang nie” te oorkom.—Sien Redenering-boek, bladsye 17-18.
17 min: “Help ander om Jehovah te verheerlik.”a Meld na gelang van tyd een of twee praktiese punte uit die Redenering-boek, bladsye 217-19.
15 min: Waarom ’n gebrek aan geloof? Gehoorbespreking. Ons kom dikwels mense teë wat min geloof het (2 Tess. 3:2). Om hulle hart met die waarheid oor Jehovah te bereik, moet ons eers probeer bepaal wat hulle denke oor God beïnvloed het. Bespreek die vier faktore wat kan verhinder dat mense geloof verkry, wat in die Redenering-boek, bladsye 152-3, gemeld word. Nooi gehoor om voor te stel watter benadering in elke geval gebruik kan word. Vertel ’n ondervinding waar ’n doeltreffende benadering gebruik is of vertel die een in die Ontwaak! van 22 Augustus 1993, bladsye 14-15.
Lied 122 en slotgebed.
Week wat begin met 16 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Spoor almal aan om hulle aantekeninge van die laaste kringbyeenkoms te hersien ter voorbereiding vir volgende week se Diensvergadering.
18 min: Hoe het ons verlede jaar gevaar? Toespraak deur die diensopsiener. Hersien hoogtepunte van die gemeenterapport vir die 2002-diensjaar. Prys almal vir wat hulle bereik het. Vestig die aandag op hoe die gemeente gevaar het met vergaderingbywoning, herbesoeke, Bybelstudies en hulppionierdiens, en gee praktiese wenke om te verbeter. Stel bereikbare doelwitte vir die komende jaar. Moedig almal aan om velddiens te doen en dit elke maand van die nuwe diensjaar te rapporteer.
17 min: Die uitdagings waarvoor enkelouers te staan kom. ’n Ouer man voer ’n onderhoud met een of twee enkelouers (of dié wie se maats nie Getuies is nie) om te sien hoe hulle probleme die hoof bied wat verband hou met die opleiding, dissipline en geestelike leiding wat hulle hulle kinders gee. Hoe kry hulle dit reg om na gesinsverantwoordelikhede om te sien en ook gereeld vergaderinge by te woon en velddiens te doen? Vestig die aandag op ’n paar wenke in die Gesinsgeluk-boek, bladsye 104-10. Meld praktiese maniere waarop ander kan help, soos uiteengesit op bladsye 113-15.
Lied 149 en slotgebed.
Week wat begin met 23 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Gebruik die wenke op bladsy 8 en laat ’n ouer man demonstreer hoe om Die Wagtoring van 1 Oktober aan te bied en laat ’n bedieningskneg wys hoe om die Ontwaak! van 8 Oktober aan te bied. Herhaal ná elke demonstrasie die eerste sin of twee wat gebruik is om die huisbewoner se belangstelling te wek.
10 min: Plaaslike behoeftes.
25 min: “Vrees God en gee hom heerlikheid” (Op. 14:7). Toespraak en gehoorbespreking om die kringbyeenkomsprogram te hersien wat gedurende die afgelope diensjaar gehou is. Nooi die gemeente om kommentaar te lewer oor hoofpunte wat hulle geleer het en hoe hulle dit persoonlik of as gesinne kon toepas. (Dele kan vooraf toegewys word.) Bespreek hierdie programdele: (1) “Help nuwelinge om ’n vrees vir God op te bou.” Hoe kan ons belangstellendes wat die Gedenkmaal bygewoon het, help om vordering te maak en bedrywige knegte van Jehovah te word? (2) “Vrees vir Jehovah beteken om te haat wat sleg is” (w87-AF 4/15 16-18). Hoe kan Spreuke 6:16-19 ons help om dinge wat Jehovah haat—trots, leuens, materialistiese strewes, onheilsame vermaak, misbruik van die Internet—die rug toe te keer? (3) “Bou ’n hegter verhouding op met diegene wat jy liefhet.” Ons het Jehovah, Jesus, gesinslede, ander in die gemeente lief; hoe beskerm dit ons teen die wêreld as ons ’n hegter verhouding met hulle opbou? (4) “Vrees Jehovah, nie mense nie.” Hoe het vrees om Jehovah te mishaag jou gehelp om skugterheid in die predikingswerk te bowe te kom, om by die werk of skool by Goddelike beginsels te bly of om druk van jou werkgewer te weerstaan om van vergaderinge, kring- en streekbyeenkomste af weg te bly? (5) “Doen alles tot heerlikheid van God” (Ps. 119:37; Heb. 4:13). Waarom moet vrees vir God keer dat ons oormatig drink, na pornografie kyk of ander verborge sondes beoefen? (6) “Gaan voort om in die vrees van Jehovah te wandel.” Hoe het Jehovah jou geseën omdat jy toegelaat het dat sy gees in groter mate op jou lewe inwerk?—Ps. 31:19; 33:18; 34:9, 17; 145:19.
Lied 171 en slotgebed.
Week wat begin met 30 September
15 min: Plaaslike aankondigings. Moet deur die diensopsiener behartig word. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir September in te gee. Bespreek “Koninkryksaalbouprogram vorder goed”. Sit finale reëlings uiteen vir ontoegekende gebied. Spoor almal aan om ’n volle aandeel aan die ontoegekendegebied-kampanje te hê, aangesien Oktober die laaste maand van die kampanje is.
15 min: Wat maak ons tydskrifte uniek? Toespraak en gehoorbespreking. Gedurende Oktober gaan ons Die Wagtoring en Ontwaak! aanbied. Bespreek redes waarom die tydskrifte uniek is: (1) Hulle verheerlik Jehovah se naam. (2) Hulle moedig mense aan om geloof in Jesus te hê. (3) Hulle verkondig God se Koninkryk. (4) Hulle vestig die aandag op die Bybel as die hoogste gesag. (5) Hulle verduidelik hoe Bybelprofesieë vervul word. (6) Hulle verduidelik wat wêreldgebeure werklik beteken. (7) Hulle toon hoe ’n mens hedendaagse probleme die hoof kan bied. (8) Hulle vind byval by mense uit alle lewensterreine. (9) Hulle bly neutraal wat die politiek betref. Hou twee kort demonstrasies, wat elkeen toon hoe een van hierdie punte gebruik kan word om ’n gesprek aan te knoop.
15 min: “Toon waardering vir teokratiese middele.”b Moet deur ’n ouer man behartig word. Sluit kommentare in oor wat plaaslik opgemerk is en wat die gemeente kan doen om ons lektuur wyslik te gebruik. Spoor almal aan om nie meer lektuur aan te vra as wat hulle werklik nodig het nie. Onthou dat dit ’n voorreg is om geldelik tot die wêreldwye werk by te dra.—Sien “Deel met ander na gelang van hulle behoeftes”, in Ons Koninkryksbediening vir Mei 2001, bladsy 3.
Lied 21 en slotgebed.
Week wat begin met 7 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Neem by die skool ’n standpunt vir die waarheid in. Voer ’n onderhoud met een of twee jong verkondigers op skool wat besef hoe belangrik dit is om hulle omgang met ongelowige klasmaats te beperk. Hoe hanteer hulle uitdagings en versoekings wat gepaardgaan met nasionalistiese seremonies, skooldanse en -samekomste, buitemuurse sportbedrywighede en onrein gedrag? Sluit kommentare in oor maniere waarop hulle by die skool getuig. Bespreek die skriftuurlike beskouing van vlagsaluering en die sing van die volkslied, soos dit bespreek word in die Redenering-boek, bladsy 302.
20 min: “Moenie ‘waardelose dinge’ najaag nie.”c Nadat paragraaf 4 bespreek is, moet kommentare ingesluit word uit die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir November 1999, paragrawe 30-2. Wanneer paragraaf 5 bespreek word, moet kommentare ingesluit word uit die venster in Die Wagtoring van 1 Oktober 1994, bladsy 8. Saam met paragraaf 6 moet paragraaf 18 in die byvoegsel van November 1999 gelees word.
Lied 105 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.