Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/03 bl. 1
  • Groepgetuieniswerk bring vreugde mee

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Groepgetuieniswerk bring vreugde mee
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om by jou velddiensgroep baat te vind
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Bied die Goeie Nuus Aan—
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Velddiensvergaderinge wat hulle doel dien
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Maniere om die goeie nuus te verkondig
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 7/03 bl. 1

Groepgetuieniswerk bring vreugde mee

1 Toe Jesus 70 dissipels uitgestuur het om te preek, het hy hulle instruksies gegee oor die boodskap wat hulle moes bekend maak, hulle twee-twee uitgestuur en hulle gesê watter gebied hulle moes werk. Dit het tot hulle vreugde bygedra (Luk. 10:1-17). Ook vandag help groepgetuieniswerk om God se volk toe te rus, te organiseer en aan te moedig vir die predikingswerk.

2 Ouer manne neem die leiding: Ouer manne speel ’n belangrike rol daarin om almal te help om ’n gereelde deelname aan die predikingswerk te hê. Die diensopsiener neem die leiding daarin om te reël vir velddiens gedurende die week. Elke boekstudieopsiener moet, veral oor naweke, die bedrywighede van sy groep organiseer. Wanneer die hele gemeente bymekaarkom vir velddiens, soos ná die Wagtoring-studie, moet elke boekstudieopsiener na die behoeftes van sy eie groep omsien.

3 “Welvoeglik en volgens reëling”: Die broer wat die velddiensvergadering behartig, moet op tyd begin, en dit moenie langer as 10 of 15 minute duur nie. Dit sal raadsaam wees om voor die slotgebed die velddiensgroepe in te deel en die gebied toe te wys (tensy die boekstudieopsieners hierna sal omsien, soos vroeër gemeld is). Dit sal voorkom dat verkondigers in die gebied bymekaarkom, wat afbreuk kan doen aan die waardigheid van ons werk. Dit is ook in ooreenstemming met Paulus se raad: “Laat alles welvoeglik en volgens reëling geskied” (1 Kor. 14:40). Almal wat hierdie vergaderinge bywoon, moet tot die sukses van die reëling bydra deur op tyd daar te wees, hulle volle samewerking aan die broer te gee wat die leiding neem en onmiddellik na die gebied te vertrek na afloop van die vergadering.

4 Eenheid word bevorder: Reëlings vir groepgetuieniswerk bied ons ’n uitstekende geleentheid om ander in die gemeente te leer ken. Hoewel daar geen beswaar daarteen is dat ons vooraf reël om saam met iemand te werk nie, kan dit ook vir ons lonend wees om velddiensvergaderinge by te woon sonder om vooraf reëlings te tref. Ons word dalk gevra om saam met iemand te werk wat ons nie goed ken nie, en dit sal ons in staat stel om “verruim” te word in ons liefde.—2 Kor. 6:11-13.

5 Groepgetuieniswerk is aanmoedigend en bring ons nader aan mekaar as “medewerkers in die waarheid” (3 Joh. 8). Laat ons ’n volle deelname daaraan hê!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel