Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 14 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 4 (indien gepas vir julle gebied) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Junie en die Ontwaak! van 22 Junie aangebied kan word. Een aanbieding moet toon hoe die verkondiger in sakegebied getuig. Ander realistiese aanbiedings kan ook gebruik word.
20 min: “Jehovah help diegene wat op hom vertrou.”a Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet kommentare ingesluit word uit Ons Koninkryksbediening vir Desember 1999, bladsy 4, paragrawe 8-9 (slegs op CD-ROM), en die Bedieningskool-boek, bladsy 67, paragraaf 2.
15 min: Waarom die gebruik van dwelms vermy? Gehoorbespreking gebaseer op die Redenering-boek, bladsye 119-22. Om dwelms vir “ontspanning” te gebruik, is iets algemeens. Baie hou vol dat dit nie skadelik is om dwelms op hierdie manier te gebruik nie; sommige probeer selfs om dit wettig verklaar te kry. Bespreek hoe ons met sulke mense kan redeneer. Sluit kommentare in uit die venster op bladsy 10 van die Ontwaak! van 8 November 1999.
Lied 179 en slotgebed.
Week wat begin met 21 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
15 min: “Die engele help ons.”b Nooi gehoor om na gelang van tyd kommentaar te lewer oor teksverwysings.
20 min: Die wysheid van bo is redelik (Jak. 3:17). Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op die Bedieningskool-boek, bladsye 251-2. Wat beteken dit om redelik te wees? Waarom is dit belangrik in ons bediening? Wat kan ons uit die apostel Paulus se voorbeeld leer? Hoe kan verkondigers die agtergrond van mense in die plaaslike gebied in ag neem? Hoe kan ons Bybelstudente help om redelikheid te openbaar? Reël vooraf dat een of twee persone ondervindinge vertel wat toon hoe voordelig ’n redelike benadering is.
Lied 53 en slotgebed.
Week wat begin met 28 Junie
12 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Herinner verkondigers om hulle velddiensrapporte vir Junie in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 4 (indien gepas vir julle gebied) en demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Julie en die Ontwaak! van 8 Julie aangebied kan word. Laat die verkondiger aan die begin van elke demonstrasie ’n kort, vriendelike kommentaar maak. Meld dat dit kan help om die huisbewoner op sy gemak te stel.
15 min: Plaaslike behoeftes.
18 min: “Die Gemeentelike Boekstudie—Waarom ons dit nodig het.”c Gebruik die vrae wat voorsien word. Sluit kommentare in uit die artikel “Ondersteun jou Gemeentelike Boekstudieopsiener”, wat op bladsy 1 van Ons Koninkryksbediening vir November 2002 verskyn het.
Lied 20 en slotgebed.
Week wat begin met 5 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Wat gaan jy sê? Toespraak en gehoorbespreking. Gedurende Julie en Augustus gaan ons brosjures aanbied. Watter brosjures het die verkondigers doeltreffend gevind in die plaaslike gebied? Hersien voorgestelde wenke in Ons Koninkryksbediening vir Julie 1998, bladsy 8, of in ander ouer nommers. Vestig die aandag daarop dat elke aanbieding (1) ’n vraag, (2) ’n teks en (3) ’n gedagte uit die publikasie bevat. Demonstreer een of twee van die aanbiedings. Moedig almal aan om die Bybel te gebruik wanneer hulle die goeie nuus aanbied.
20 min: Wat kinders van hulle ouers nodig het. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Leer by die Groot Onderwyser, bladsye 6-7. Dit is noodsaaklik dat kinders die Bybelbeginsels leer waardeur ware aanbidding gerig word en die sleutelrol verstaan wat ouers in die leerproses speel. Bespreek die wenke wat gegee word oor hoe om die boek te bestudeer. Nooi ouers om kommentaar te lewer oor hoe hulle van die studiehulp gebruik maak. Laat een of twee kinders vertel waarom hulle van hierdie publikasie hou.
Lied 65 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.